
| The Lions next play the Bulls at Loftus in the URC on Saturday 29 November 2025, kickoff is at 14:00 SA Time | 
Ferreira antwoord Hurricanes se ‘SOS’ | 
 
    Post Reply  
   | 
  
| Author | |
   
   Transvaal  
   
   Admin Group  
   Joined: 30-Mar-2016 Status: Offline Points: 40722  | 
  
   
      Post Options
    
        Thanks(0)
      Quote   Reply
   
     Topic: Ferreira antwoord Hurricanes se ‘SOS’Posted: 04-Mar-2019 at 11:20am  | 
 
| 
   
    
   https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/Super-Rugby/ferreira-antwoord-hurricanes-se-sos-20190304
 
   
  Die Hurricanes verwag hul nuwe Suid-Afrikaanse slot-aanwins sal ’n fisieke bydrae lewer tot die aanslag van hul pak voorspelers. Stuff berig die Nieu-Seelandse franchise het Maandag bevestig die voormalige Leeus-slot Andries Ferreira is vir die res van die Superrugby-seisoen vir hulle beskikbaar. Ferreira (28) het Saterdag in Wellington aangeland om Sam Lousi te vervang. Lousi het ’n ernstige borsspierbesering opgedoen en sal nie vanjaar weer Superrugby speel nie. Ferreira het vir die Cheetahs en die Leeus gespeel, terwyl hy ook vir ’n wyle vir Toulon in die Franse Top14-liga uitgedraf het. Die Hurricanes-hulpafrigter Carlos Spencer, wat betrokke was by die Leeus as speler en afrigter, sê Ferreira sal ’n fisieke teenwoordigheid aan die pak voorspelers verleen. “Hy is ’n soliede seun en vanweë sy ervaring saam met die Leeus, is hy ’n lekker fisieke speler,” sê die legendariese All Black-losskakel. “Hy hou daarvan om die bal te dra. Hy is goed in die vaste fasette en dit is wat ons benodig. “Ons het ’n klompie beserings op slot, so om hom in te bring om ons daar te versterk is vir seker ’n bonus.” John Plumtree, hoofafrigter, sê hy is verheug dat Ferreira die Hurricanes se uitnodiging aanvaar het. “Ek het baie respek vir die wyse waarop Andries speel en die spel benader en ons glo hy gaan ’n groot bate vir die span wees,” sê die voormalige breier van die Haaie. “Ons glo Andries bring regte ervaring saam met hom en hy sal die jong spelers rondom hom help ontwikkel.” Ferreira se kontrak by die Leeus het onlangs verstryk, hoewel die Johannesburgers net daarby sou baat om sy dienste te behou.  | 
 |
![]()  | 
 |
   
   Goue Leeu  
   
   Koning Leeu  
    
   Joined: 18-Apr-2016 Status: Offline Points: 2219  | 
  
   
      Post Options
    
        Thanks(0)
      Quote   Reply
   
     Posted: 04-Mar-2019 at 11:47am | 
 
| 
   
    
   Andries is 'n groot ou en vat gewoonlik 'n redelike ruk om wedstryd-fiks te raak (soos die meeste groot manne). Sal interessant wees om hom dop te hou. Wanneer laas het hy in 'n wedstryd gespeel?
    
   
   | 
 |
![]()  | 
 |
   
   Goue Leeu  
   
   Koning Leeu  
    
   Joined: 18-Apr-2016 Status: Offline Points: 2219  | 
  
   
      Post Options
    
        Thanks(0)
      Quote   Reply
   
     Posted: 04-Mar-2019 at 11:49am | 
 
| 
   
    
   Ons sou kon doen met hom in ons huidige agttal.
    
   
   | 
 |
![]()  | 
 |
   
   valie  
   
   Koning Leeu  
   Joined: 02-Apr-2016 Location: ver van hier Status: Offline Points: 2681  | 
  
   
      Post Options
    
        Thanks(0)
      Quote   Reply
   
     Posted: 04-Mar-2019 at 11:57am | 
 
| 
   
    
   Hy is nogal vir my n redelike verlies. Ons het basies ons 2 eerstekeuse SR slotte verloor, met hom en Mostert.
    
   
   | 
 |
![]()  | 
 |
   
   TunaLion  
   
   Koning Leeu  
   Joined: 30-Mar-2016 Location: Ellis Park Status: Offline Points: 1856  | 
  
   
      Post Options
    
        Thanks(0)
      Quote   Reply
   
     Posted: 04-Mar-2019 at 12:00pm | 
 
   
   
 Hy het in die voorseisoen saam met ons geoefen, so sy algemene fiksheid behoort ten minste goed te wees. 
    | 
 |
| 
   
     
     Go LIONS!!!!!
     
   
   | 
 |
![]()  | 
 |
    Post Reply  
   | 
  |
|       
  
  Tweet   	
    | 
 
| Forum Jump | Forum Permissions  ![]() You cannot post new topics in this forum You cannot reply to topics in this forum You cannot delete your posts in this forum You cannot edit your posts in this forum You cannot create polls in this forum You cannot vote in polls in this forum  |