Print Page | Close Window

Ferreira antwoord Hurricanes se ‘SOS’

Printed From: Lionsworld
Category: Rugby Competitions
Forum Name: Super Rugby
Forum Description: Super Rugby
URL: http://www.lionsworld.co.za/forumnew/forum_posts.asp?TID=7599
Printed Date: 29-Apr-2024 at 12:49am
Software Version: Web Wiz Forums 12.01 - http://www.webwizforums.com


Topic: Ferreira antwoord Hurricanes se ‘SOS’
Posted By: Transvaal
Subject: Ferreira antwoord Hurricanes se ‘SOS’
Date Posted: 04-Mar-2019 at 11:20am
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/Super-Rugby/ferreira-antwoord-hurricanes-se-sos-20190304%20" rel="nofollow - https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/Super-Rugby/ferreira-antwoord-hurricanes-se-sos-20190304

Die Hurricanes verwag hul nuwe Suid-Afrikaanse slot-aanwins sal ’n fisieke bydrae lewer tot die aanslag van hul pak voorspelers.

Stuff berig die Nieu-Seelandse franchise het Maandag bevestig die voormalige Leeus-slot Andries Ferreira is vir die res van die Superrugby-seisoen vir hulle beskikbaar.

Ferreira (28) het Saterdag in Wellington aangeland om Sam Lousi te vervang. Lousi het ’n ernstige borsspierbesering opgedoen en sal nie vanjaar weer Superrugby speel nie.

Ferreira het vir die Cheetahs en die Leeus gespeel, terwyl hy ook vir ’n wyle vir Toulon in die Franse Top14-liga uitgedraf het.

Die Hurricanes-hulpafrigter Carlos Spencer, wat betrokke was by die Leeus as speler en afrigter, sê Ferreira sal ’n fisieke teenwoordigheid aan die pak voorspelers verleen.

“Hy is ’n soliede seun en vanweë sy ervaring saam met die Leeus, is hy ’n lekker fisieke speler,” sê die legendariese All Black-losskakel.

“Hy hou daarvan om die bal te dra. Hy is goed in die vaste fasette en dit is wat ons benodig.

“Ons het ’n klompie beserings op slot, so om hom in te bring om ons daar te versterk is vir seker ’n bonus.”

John Plumtree, hoofafrigter, sê hy is verheug dat Ferreira die Hurricanes se uitnodiging aanvaar het.

“Ek het baie respek vir die wyse waarop Andries speel en die spel benader en ons glo hy gaan ’n groot bate vir die span wees,” sê die voormalige breier van die Haaie.

“Ons glo Andries bring regte ervaring saam met hom en hy sal die jong spelers rondom hom help ontwikkel.”

Ferreira se kontrak by die Leeus het onlangs verstryk, hoewel die Johannesburgers net daarby sou baat om sy dienste te behou.



Replies:
Posted By: Goue Leeu
Date Posted: 04-Mar-2019 at 11:47am
Andries is 'n groot ou en vat gewoonlik 'n redelike ruk om wedstryd-fiks te raak (soos die meeste groot manne). Sal interessant wees om hom dop te hou. Wanneer laas het hy in 'n wedstryd gespeel?


Posted By: Goue Leeu
Date Posted: 04-Mar-2019 at 11:49am
Ons sou kon doen met hom in ons huidige agttal.


Posted By: valie
Date Posted: 04-Mar-2019 at 11:57am
Hy is nogal vir my n redelike verlies. Ons het basies ons 2 eerstekeuse SR slotte verloor, met hom en Mostert.


Posted By: TunaLion
Date Posted: 04-Mar-2019 at 12:00pm
Originally posted by Goue Leeu Goue Leeu wrote:

Andries is 'n groot ou en vat gewoonlik 'n redelike ruk om wedstryd-fiks te raak (soos die meeste groot manne). Sal interessant wees om hom dop te hou. Wanneer laas het hy in 'n wedstryd gespeel?


Hy het in die voorseisoen saam met ons geoefen, so sy algemene fiksheid behoort ten minste goed te wees.


-------------
Go LIONS!!!!!



Print Page | Close Window

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01 - http://www.webwizforums.com
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd. - https://www.webwiz.net