The Lions next play Scarlets at Ellis Park in the URC on 11 May 2025, kickoff is at 15:00 |
Slegte nuus kry Rudy nie onder |
Post Reply ![]() |
Author | |
Transvaal ![]() Admin Group ![]() Joined: 30-Mar-2016 Status: Offline Points: 40233 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() Posted: 03-Feb-2019 at 8:14am |
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/slegte-nuus-kry-rudy-nie-onder-20190203
Dit is ’n groot teleurstelling, maar dit beteken ons moet net harder werk. Dít was die boodskap van Rudy Joubert, die Valke se direkteur van rugby, nadat die geboorte van die Rapid Rugby-liga met ’n jaar uitgestel is. Joubert en die Valke se bestuur was die afgelope week nog in Maleisië toe hulle die nuus gekry het dat die kompetisie – wat deur die Australiese magnaat Andrew “Twiggy” Forrest bedink en gefinansier word – net ’n maand voor die afskop op ys gesit is. Die Valke sou in Maleisië kamp opslaan vir die kompetisie, waaraan spanne van Fidji, Samoa, Singapoer, Hongkong en die Western Force ook sou deelneem, met ’n prysgeld van 1 miljoen Australiese dollar. “Ons was Donderdagmiddag – Maleisiese tyd – in ’n telekongesprek met die uitvoerende hoof van Rapid Rugby. Almal teenwoordig was uiters verbaas en teleurgesteld. Ons het op Rapid Rugby se versoek die week na Maleisië toe gekom om die finale reëlings te kan tref. “Maar nou gaan ons net harder werk,” het Joubert bygevoeg. Joubert beskou die kompetisie steeds as “ ’n groot geleentheid vir die spelers” en was beïndruk deur die geriewe wat die Valke in Maleisië sou gebruik. Die geriewe is baie goed en die stadion is waarskynlik die beste van al die lande s’n in die kompetisie. “Die geriewe is baie goed en die stadion is waarskynlik die beste van al die lande s’n in die kompetisie. Ek is ook beïndruk deur die mediese geriewe. Die openbare vervoer is netjies en doeltreffend. “Die Valke is steeds positief en gemotiveerd om saam met Rapid Rugby die toernooi ’n groot sukses te maak. Rapid Rugby het die Valke ook gelukgewens met alles wat ons in ’n kort tyd vermag het. “Die 2020-ooreenkomste gaan binne die volgende week of twee afgehandel word en ons is beslis deel daarvan.” |
|
![]() |
Post Reply ![]() |
|
Tweet
|
Forum Jump | Forum Permissions ![]() You cannot post new topics in this forum You cannot reply to topics in this forum You cannot delete your posts in this forum You cannot edit your posts in this forum You cannot create polls in this forum You cannot vote in polls in this forum |