Print Page | Close Window

Slegte nuus kry Rudy nie onder

Printed From: Lionsworld
Category: General Rugby
Forum Name: SA Rugby Issues
Forum Description: SA Rugby Issues
URL: http://www.lionsworld.co.za/forumnew/forum_posts.asp?TID=7368
Printed Date: 25-Apr-2024 at 4:03am
Software Version: Web Wiz Forums 12.01 - http://www.webwizforums.com


Topic: Slegte nuus kry Rudy nie onder
Posted By: Transvaal
Subject: Slegte nuus kry Rudy nie onder
Date Posted: 03-Feb-2019 at 8:14am
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/slegte-nuus-kry-rudy-nie-onder-20190203%20" rel="nofollow - https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/slegte-nuus-kry-rudy-nie-onder-20190203

Dit is ’n groot teleurstelling, maar dit beteken ons moet net harder werk.

Dít was die boodskap van Rudy Joubert, die Valke se direkteur van rugby, nadat die geboorte van die Rapid Rugby-liga met ’n jaar uitgestel is.

Joubert en die Valke se bestuur was die afgelope week nog in Maleisië toe hulle die nuus gekry het dat die kompetisie – wat deur die Australiese magnaat Andrew “Twiggy” Forrest bedink en gefinansier word – net ’n maand voor die afskop op ys gesit is.

Die Valke sou in Maleisië kamp opslaan vir die kompetisie, waaraan spanne van Fidji, Samoa, Singapoer, Hongkong en die Western Force ook sou deelneem, met ’n prysgeld van 1 miljoen Australiese dollar.

“Ons was Donderdagmiddag – Maleisiese tyd – in ’n telekongesprek met die uitvoerende hoof van Rapid Rugby. Almal teenwoordig was uiters verbaas en teleurgesteld. Ons het op Rapid Rugby se versoek die week na Maleisië toe gekom om die finale reëlings te kan tref.

“Maar nou gaan ons net harder werk,” het Joubert bygevoeg.

Joubert beskou die kompetisie steeds as “ ’n groot geleentheid vir die spelers” en was beïndruk deur die geriewe wat die Valke in Maleisië sou gebruik.

Die geriewe is baie goed en die stadion is waarskynlik die beste van al die lande s’n in die kompetisie.

“Die geriewe is baie goed en die stadion is waarskynlik die beste van al die lande s’n in die kompetisie. Ek is ook beïndruk deur die mediese geriewe. Die openbare vervoer is netjies en doeltreffend.

“Die Valke is steeds positief en gemotiveerd om saam met Rapid Rugby die toernooi ’n groot sukses te maak. Rapid Rugby het die Valke ook gelukgewens met alles wat ons in ’n kort tyd vermag het.

“Die 2020-ooreenkomste gaan binne die volgende week of twee afgehandel word en ons is beslis deel daarvan.”



Print Page | Close Window

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01 - http://www.webwizforums.com
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd. - https://www.webwiz.net