The Lions next play Scarlets at Ellis Park in the URC on 11 May 2025, kickoff is at 15:00 |
Leeus kry oud-Matie om op slot uit te help |
Post Reply ![]() |
Author | |
Transvaal ![]() Admin Group ![]() Joined: 30-Mar-2016 Status: Offline Points: 40234 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() Posted: 10-Feb-2019 at 6:18am |
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/leeus-kry-oud-matie-om-op-slot-uit-te-help-20190210
Die Leeus het hulle tot Engelse klubrugby gewend om ’n oplossing vir hul kommerwekkende diepte op slot te vind en Wilhelm van der Sluys daar opgeraap. Die oud-Matie sal hom op 1 Maart van die klubspan Exeter Chiefs af vir die volgende twee jaar by die Leeus aansluit. Swys de Bruin-hulle moes noodgedwonge oorsee vir ’n plaasvervangerspeler kyk nadat Lourens Erasmus met ’n beenbesering van Japan af teruggekeer het. Hy sal die hele Superreeks misloop. Onsekerheid bestaan ook nog oor sy toekoms daarna, aangesien sy Japanse klub Docomo Red Hurricanes hom op ’n heeltydse grondslag wil kontrakteer. Die Leeus en Andries Ferreira kon intussen nog nie ’n ooreenkoms vir die Superreeks bereik nie. Dit is onseker of hy wel Superrugby vir hulle sal speel. Die 27-jarige Van der Sluys, wat in die Hoër Jongenskool Paarl op skool was, het vroeër in sy loopbaan vir die Westelike Provinsie uitgedraf. Hy het die Streeptruie ook op Cravenweek-, o.19- en o.21-vlak verteenwoordig. As ’n senior het hy onder meer vir spanne soos Worcester Warriors en die Kings gespeel. Dit was juis by die Kings waar Exeter Chiefs hom raakgesien het. Afgesien van Van der Sluys, sal die Leeus uit Marvin Orie, Stephan Lewies, Ruan Vermaak en Rhyno Herbst op slot kan kies. In Franco Mostert se afwesigheid sal die Superreeks nietemin ’n groot toets vir die Leeus se diepte op slot wees met Mostert wat deesdae vir die Engelse klubspan Gloucester speel. Lewies is vroeër deur die Leeus as Mostert se plaasvervanger vir die Superreeks bekom. Lewies sal hom daarna by die Engelse klubspan Harlequins aansluit. De Bruin se span kom Saterdag in Estadio José Amalfitani teen die Jaguares te staan. Die Leeus was lank Suid-Afrika se vlagdraer in die Superreeks, maar ’n groot toets wag vanjaar op dié span met talle van sy staatmakers wat oorsee speel. |
|
![]() |
|
Transvaal ![]() Admin Group ![]() Joined: 30-Mar-2016 Status: Offline Points: 40234 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
Is dit regtig 'n goeie kopie? Ek het die ou se naam al 'n paar keer gehoor maar kan nie onthou dat hy enige iets uitstaande gedoen het nie
|
|
![]() |
|
Goue Leeu ![]() Koning Leeu ![]() ![]() Joined: 18-Apr-2016 Status: Offline Points: 2219 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
Lyk 'n bietjie na 'n "jouneyman"... het al vir baie spanne gespeel vir 'n ou wat net 27 is. Ek het nog nooit van hom gehoor nie. As hy hard en sterk is en 'n goeie work rate het, sal hy seker inskakel by ons. Lyk my die Leeus het 'n groot voorliefde vir slotte wat 1.98m lank is.
|
|
![]() |
|
valie ![]() Koning Leeu ![]() ![]() Joined: 02-Apr-2016 Location: ver van hier Status: Offline Points: 2681 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
op sy video highlights lyk hy nogal na n baie goeie baldraer. Lyk ook asof hy hou daarvan om rucks te clean
|
|
![]() |
|
Transvaal ![]() Admin Group ![]() Joined: 30-Mar-2016 Status: Offline Points: 40234 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
Ons kan doen met 'n baldraer en 'n skoonmaker by die rucks
|
|
![]() |
|
WitBoer ![]() Koning Leeu ![]() ![]() Joined: 31-Mar-2016 Location: Bronkhorstsprui Status: Offline Points: 2163 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
Kan ook nie sê dat ek hom ken nie, maar kom ons kyk maar hoe gaan dit.
|
|
"Believe nothing, No matter where you read it, Or who has said it, Not even if I have said it, Unless it agrees with your own reason And your own common sense" - Buddha
|
|
![]() |
Post Reply ![]() |
|
Tweet
|
Forum Jump | Forum Permissions ![]() You cannot post new topics in this forum You cannot reply to topics in this forum You cannot delete your posts in this forum You cannot edit your posts in this forum You cannot create polls in this forum You cannot vote in polls in this forum |