Print Page | Close Window

Leeus kry oud-Matie om op slot uit te help

Printed From: Lionsworld
Category: Rugby Competitions
Forum Name: Super Rugby
Forum Description: Super Rugby
URL: http://www.lionsworld.co.za/forumnew/forum_posts.asp?TID=7422
Printed Date: 27-Apr-2024 at 7:02pm
Software Version: Web Wiz Forums 12.01 - http://www.webwizforums.com


Topic: Leeus kry oud-Matie om op slot uit te help
Posted By: Transvaal
Subject: Leeus kry oud-Matie om op slot uit te help
Date Posted: 10-Feb-2019 at 6:18am
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/leeus-kry-oud-matie-om-op-slot-uit-te-help-20190210%20" rel="nofollow - https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/leeus-kry-oud-matie-om-op-slot-uit-te-help-20190210

Die Leeus het hulle tot Engelse klubrugby gewend om ’n oplossing vir hul kommerwekkende diepte op slot te vind en Wilhelm van der Sluys daar opgeraap.

Die oud-Matie sal hom op 1 Maart van die klubspan Exeter Chiefs af vir die volgende twee jaar by die Leeus aansluit.

Swys de Bruin-hulle moes noodgedwonge oorsee vir ’n plaasvervangerspeler kyk nadat Lourens Erasmus met ’n beenbesering van Japan af teruggekeer het. Hy sal die hele Superreeks misloop.

Onsekerheid bestaan ook nog oor sy toekoms daarna, aangesien sy Japanse klub Docomo Red Hurricanes hom op ’n heeltydse grondslag wil kontrakteer.

Die Leeus en Andries Ferreira kon intussen nog nie ’n ooreenkoms vir die Superreeks bereik nie. Dit is onseker of hy wel Superrugby vir hulle sal speel.

Die 27-jarige Van der Sluys, wat in die Hoër Jongenskool Paarl op skool was, het vroeër in sy loopbaan vir die Westelike Provinsie uitgedraf. Hy het die Streeptruie ook op Cravenweek-, o.19- en o.21-vlak verteenwoordig.

As ’n senior het hy onder meer vir spanne soos Worcester Warriors en die Kings gespeel. Dit was juis by die Kings waar Exeter Chiefs hom raakgesien het.

Afgesien van Van der Sluys, sal die Leeus uit Marvin Orie, Stephan Lewies, Ruan Vermaak en Rhyno Herbst op slot kan kies.

In Franco Mostert se afwesigheid sal die Superreeks nietemin ’n groot toets vir die Leeus se diepte op slot wees met Mostert wat deesdae vir die Engelse klubspan Gloucester speel. Lewies is vroeër deur die Leeus as Mostert se plaasvervanger vir die Superreeks bekom. Lewies sal hom daarna by die Engelse klubspan Harlequins aansluit.

De Bruin se span kom Saterdag in Estadio José Amalfitani teen die Jaguares te staan.

Die Leeus was lank Suid-Afrika se vlagdraer in die Superreeks, maar ’n groot toets wag vanjaar op dié span met talle van sy staatmakers wat oorsee speel.



Replies:
Posted By: Transvaal
Date Posted: 10-Feb-2019 at 6:51am
Is dit regtig 'n goeie kopie? Ek het die ou se naam al 'n paar keer gehoor maar kan nie onthou dat hy enige iets uitstaande gedoen het nie


Posted By: Goue Leeu
Date Posted: 10-Feb-2019 at 6:56am
Lyk 'n bietjie na 'n "jouneyman"... het al vir baie spanne gespeel vir 'n ou wat net 27 is. Ek het nog nooit van hom gehoor nie. As hy hard en sterk is en 'n goeie work rate het, sal hy seker inskakel by ons. Lyk my die Leeus het 'n groot voorliefde vir slotte wat 1.98m lank is.


Posted By: valie
Date Posted: 10-Feb-2019 at 9:47am
op sy video highlights lyk hy nogal na n baie goeie baldraer. Lyk ook asof hy hou daarvan om rucks te clean


Posted By: Transvaal
Date Posted: 10-Feb-2019 at 10:43am
Ons kan doen met 'n baldraer en 'n skoonmaker by die rucks


Posted By: WitBoer
Date Posted: 10-Feb-2019 at 5:55pm
Kan ook nie sê dat ek hom ken nie, maar kom ons kyk maar hoe gaan dit. 

-------------
"Believe nothing, No matter where you read it, Or who has said it, Not even if I have said it, Unless it agrees with your own reason And your own common sense" - Buddha



Print Page | Close Window

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01 - http://www.webwizforums.com
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd. - https://www.webwiz.net