Forum Home Forum Home > Rugby Competitions > Super Rugby
  New Posts New Posts RSS Feed - Nuwe besems m贸茅t skoon vee op Ellispark
  FAQ FAQ  Forum Search   Events   Register Register  Login Login


The Lions next play Cardiff at Ellis Park in the URC on 11 May 2024, kickoff is at 18:15

Nuwe besems m贸茅t skoon vee op Ellispark

 Post Reply Post Reply
Author
Message
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Online
Points: 39127
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Topic: Nuwe besems m贸茅t skoon vee op Ellispark
    Posted: 09-Mar-2019 at 11:51am
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/Super-Rugby/nuwe-besems-moet-skoon-vee-op-ellispark-20190308

Mei 2014 鈥 byna vyf jaar gelede.

Voor die afgelope week was dit die laaste keer wat die Lions die onderste posisie in Superrugby se Suid-Afrikaanse konferensie beklee het.

Daar was egter toe versagtende omstandighede: Die Johannesburgers was in hul eerste seisoen terug in Superrugby n谩 鈥檔 jaar in die wildernis en daar was oral tekens van nuwe bloeisels aan hul boom.

Saterdag, wanneer die Leeus in Johannesburg gasheer speel vir Argentini毛 se Jaguares, tree hulle weer aan as die onderste span op die Suid-Afrikaanse punteleer. Hoedanig die bloeisels di茅 keer gaan bot, behoort veel duideliker n谩 di茅 katgeveg te wees, met 鈥檔 hele rits jongelinge wat nou toevertrou word met die herrysing van die bele毛rde span.

Nadat hulle in die eerste week van die kompetisie vir die eerste keer ooit met die Jaguares in Argentini毛 afgereken het, was daar groot optimisme dat die Leeus weer eens die Suid-Afrikaanse span sal wees om te klop in vanjaar se reeks. Toe word die Leeus egter op Nuweland teen die Stormers gepootjie deur 鈥檔 gebrek aan kalmte in die doodsnikke en 鈥檔 week later word hulle op Ellispark fisiek, takties en in die lug oordonder deur 鈥檔 giftige Bulle-span.

Die gevaarligte flikker nou helder.

Tog het die Leeus se afrigter, Swys de Bruin, Donderdag beklemtoon dat daar geen paniek by Ellispark is nie.

Die agt veranderings aan die beginspan (waarvan een posisioneel) lyk soos benoude spronge deur 鈥檔 benoude kat, maar volgens De Bruin is dit eerder gedoen om spelers wat hand by die oefeninge opgesteek het, te beloon.

鈥淥ns het eers n谩 die 80ste minuut op Nuweland verloor, nadat ons die afgelope twee jaar met 19-19 gelykop gespeel en met 23-20 gewen het. Daar moenie te veel (in daardie nederlaag) gelees word nie.

鈥淰erlede week het ons ons vasgeloop teen 鈥檔 Bulle-span wat gewys het hoe om 鈥檔 teenstander dood te smoor. Hulle het 鈥檔 goeie ruggraat, 鈥檔 ervare ruggraat met twee Springbok-skrumskakels.

Jy kan nie te veel stilstaan by een uitslag nie; ek het dit al vroeg in my loopbaan geleer.

鈥淪o, dis die storie. Nou gaan ons vorentoe. Jy kan nie te veel stilstaan by een uitslag nie; ek het dit al vroeg in my loopbaan geleer. Dis 鈥檔 doodskoot om te lank te tob oor een wedstryd,鈥 het De Bruin Donderdag ges锚.

鈥淓k gebruik graag gholfterme, so: as ek begin met 鈥檔 syfer, 鈥檔 syfer en 鈥檔 dubbele brouhou, is dit tyd om weer te kyk na vo毛ltjies.鈥

Die stokke waarmee De Bruin daardie vo毛ltjie Saterdag wil behaal, sluit 鈥檔 hele paar oningewydes in. Die nuwe senterpaar van Wandisile Simelane en Franco Naud茅 is onderskeidelik 20 en 22 en het tussen hulle slegs 64 minute se Superrugby agter die blad.

Die nuwe nr. 7-flank, Vincent Tshituka, die 4-slot Ruan Vermaak en die plaasvervangerhaker Nathan McBeth is almal 20 en die plaasvervangerflank James Venter 22.

Wat hulle volgens De Bruin bring, is jeugdige entoesiasme en nuwe energie. In Naud茅 en Tshituka is daar boonop toevoegings wat die voordeellyn met brute krag kan aanval.

Daar is natuurlik ook die gevaar van jeugdige voortvarendheid, iets wat ervare spelers soos Malcolm Marx (in net sy tweede wedstryd as Leeus-kaptein), Elton Jantjies, Ross Cronj茅 en Kwagga Smith hopelik gou in die kiem kan smoor.

Swak dissipline sal die span immers ferm op die agtervoet plaas.

Die keersy geld ook. Met goeie dissipline kan die druk gelaai word op 鈥檔 Jaguares-span wat homself soms in die voet skiet deur die re毛ls te probeer buig.

Sy afrigter, Gonzalo Quesada, het 鈥檔 yslike elf veranderinge gemaak aan die span wat verlede week met die Blues afgereken het, maar daar is steeds 22 internasionale spelers in sy 23-tal. Di茅 is geen groep groentjies nie.

Die ou spreekwoord lui nuwe besems vee skoon. Dit m贸茅t Saterdag vir die Leeus geld om die rooi ligte wat tans op Ellispark flikker, af te skakel.

Leeus: Andries Coetzee, Sylvian Mahuza, Wandisile Simelane, Franco Naud茅, Courtnall Skosan, Elton Jantjies, Ross Cronj茅, Kwagga Smith, Vincent Tshituka, Marnus Schoeman, Rhyno Herbst, Ruan Vermaak, Carl眉 Sadie, Malcolm Marx (k), Dylan Smith. PLAASVERVANGERS: Pieter Jansen, Nathan McBeth, Frans van Wyk, Stephan Lewies, James Venter, Dillon Smit, Harold Vorster, Gianni Lombard/Tyrone Green.

Jaguares: Joaqu铆n Tuculet (k), Sebasti谩n Cancelliere, Mat铆as Moroni, Bautista Ezcurra, Emiliano Boffelli, Joaqu铆n D铆az Bonilla, Mart铆n Landajo, Rodrigo Bruni, Marcos Kremer, Juan Manuel Leguizam贸n, Mat铆as Alemanno, Guido Petti Pagadiz谩bal, Enrique Pieretto, Juli谩n Montoya, Juan Pablo Zeiss. PLAASVERVANGERS: Gaspar Baldunciel, Santiago Garc铆a Botta, Santiago Medrano, Tom谩s Lavanini, Tom谩s Lezana, Tom谩s Cubelli, Juan Cruz Mallia, Mat铆as Orlando.
Back to Top
 Post Reply Post Reply
  Share Topic   

Forum Jump Forum Permissions View Drop Down

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd.

This page was generated in 0.180 seconds.