Forum Home Forum Home > Rugby Competitions > Super Rugby
  New Posts New Posts RSS Feed - Julian voorspel blink toekoms vir ‘lekker ou’,
  FAQ FAQ  Forum Search   Events   Register Register  Login Login


The Lions next play Munster at Ellis Park in the URC on 27 April 2024, kickoff is at 17:00

Julian voorspel blink toekoms vir ‘lekker ou’,

 Post Reply Post Reply
Author
Message
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 39116
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Topic: Julian voorspel blink toekoms vir ‘lekker ou’,
    Posted: 19-Feb-2019 at 5:31am
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/Super-Rugby/julian-voorspel-blink-toekoms-vir-lekker-ou-carlu-20190218

By die Leeus het Carlu Sadie straks ’n bondgenoot en leermeester gevind wat hom kan help om groot hoogtes te bereik.

Dié 21-jarige vaskopstut en Julian Redelinghuys, die Leeus se skrumafrigter en voormalige Bok-stut, het ’n baie hegte band gevorm sedert Sadie hom onlangs van die Kaap af in Johannesburg gevestig het.

Sadie was Saterdag skitterend in die Leeus se Superrugby-sege van 25 – 16 oor die Jaguares in Buenos Aires. Hy was nie net rotsvas in die skrums nie, hy het ook drie balle by die afbreekpunte gegaps.

“Ek het Carlu glad nie geken voordat hy hom hier aangesluit het nie, maar ek is bitter beïndruk met hom,” sê Redelinghuys.

“By die Leeus wil ons graag goeie mense hê, want goeie mense maak goeie rugbyspelers. Carlu is ’n lekker ou, ’n lekker proppie en ons het reeds baie goeie vriende geword.

“Hy is nog jonk en hy het baie om te leer, maar hy is bitter ontvanklik vir raad en kennis. Hy is ’n goeie ou en ek voorspel ’n baie blink toekoms vir hom.”

Redelinghuys was in sy noppies met Sadie se vertoning Saterdag in Buenos Aires.

“Ek is vrek trots op hom. Hy is ’n uitstekende skrumwerker en dit is nie aldag dat ’n vaskop drie keer omgekeerde besit by die afbreekpunte bewerkstellig nie,” sê Redelinghuys.

“Tog moet die ouens rondom hom ook krediet kry, want sonder hulle sou hy niks kon uitrig nie. Ons het nie ’n swaar pak nie – ek dink die Jaguares s’n was 70 kg swaarder as ons. Dit maak eintlik nie sin dat jy ’n pak wat soveel swaarder is, kan terugstoot nie. Maar as jy saamwerk en dinge as ’n eenheid doen, is dit moontlik.

“Ons het ’n baie beweeglike pak en dit pas ons, want ons wil graag met die bal hardloop.”

Sadie het op sy beurt ’n ewe hoë dunk van Redelinghuys. Hy het vroeër vandeesmaand met die grootste lof van dié voormalige Bok gepraat.

“Hy is wonderlik. Hy het my nie net geleer van speel nie, maar van die lewe ook,” sê Sadie.

“Die ervaring wat hy bied, is ongelooflik. Om na hom te luister, om saam met hom te stap en te weet waardeur hy was, is ’n groot voorreg.

“Om hom te groet elke dag, is reeds ’n groot eer.”

Redelinghuys moes sy loopbaan twee jaar gelede voortydig kortknip nadat hy sy nek in die Curriebeker-halfeindstryd in 2016 teen die Vrystaat gebreek het.

“Ek het altyd opgesien na hom, want mense het hom onderskat en hy het gewys dinamiet kom in klein pakkies.”

Sadie, ’n leenspeler van die Westelike Provinsie, kom Saterdag teen van sy oudspanmaats te staan wanneer die Leeus die Stormers op Nuweland pak.

Redelinghuys sê die Kapenaars sal gretig wees om terug te slaan ná hul drag slae van 40 – 3 teen die Bulle.

“Hulle gaan beslis iets hê om te bewys. Dit is altyd taai in die Kaap, maar ons hou van taai wedstryde,” sê Redelinghuys.
Back to Top
Zibbie View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu


Joined: 03-Apr-2016
Status: Offline
Points: 1166
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Zibbie Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 19-Feb-2019 at 9:14am
ons praat so mooi van die ou . hopenlik kan de deal permanent word 
Back to Top
Leeubok View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 31-Mar-2016
Location: KZN
Status: Offline
Points: 4954
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Leeubok Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 19-Feb-2019 at 9:17am
"Sadie, ’n leenspeler van die Westelike Provinsie"

Ek hoop hierdie verander baie vinnig! 
Back to Top
Lion4ever View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 30-Mar-2016
Location: Roodepoort
Status: Offline
Points: 2000
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Lion4ever Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 19-Feb-2019 at 9:44am
I agree. And then we must start developing some of the youngsters at prop. Adriaanse wont be around for much longer, so we need a decent back up for Sadie and Dylan.

Edited by Lion4ever - 19-Feb-2019 at 9:45am
Back to Top
WitBoer View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 31-Mar-2016
Location: Bronkhorstsprui
Status: Offline
Points: 2162
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote WitBoer Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 19-Feb-2019 at 10:18am
As ek reg onthou, het iemand so paar maande terug genoem dat hy oppad is oorsee en net hierheen kom vir die jaar?? Een van die forumlede werk saam sy pa of so iets?
"Believe nothing, No matter where you read it, Or who has said it, Not even if I have said it, Unless it agrees with your own reason And your own common sense" - Buddha
Back to Top
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 39116
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 19-Feb-2019 at 10:21am
Ek kan nie glo die Stormers het hom nie lankal vasgeteken nie, wat ek in die eerste 2 wedstryde van hom gesien het, lyk hy BAIE goed en is presies wat mens nodig het om jou skrum te anker. Daarby is hy nog jonk en soos ons weet word stutte net beter soos hulle ouer word, so hy gaan nog baie verbeter. 
Back to Top
PaBz0r View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu


Joined: 30-Mar-2016
Location: Pretoria
Status: Offline
Points: 2719
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote PaBz0r Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 19-Feb-2019 at 10:28am
Originally posted by Transvaal Transvaal wrote:

Ek kan nie glo die Stormers het hom nie lankal vasgeteken nie, wat ek in die eerste 2 wedstryde van hom gesien het, lyk hy BAIE goed en is presies wat mens nodig het om jou skrum te anker. Daarby is hy nog jonk en soos ons weet word stutte net beter soos hulle ouer word, so hy gaan nog baie verbeter. 

Sit met twee "Bokke" wat seker n vet salaris trek. Surplus, maar omdat hy net geleen is, glo ek hulle sal hom volgende jaar inspan na die "Bokke" moontlik oorsee gaan na die WC
Back to Top
5port View Drop Down
Pasgebore Leeu
Pasgebore Leeu
Avatar

Joined: 18-Jan-2018
Location: Roodepoort
Status: Offline
Points: 30
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote 5port Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 19-Feb-2019 at 11:17am
Dink ook Sadie moet sommer nou geteken word... hy gaan nooit speel agter Malherbe en Louw nie...
Back to Top
Zibbie View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu


Joined: 03-Apr-2016
Status: Offline
Points: 1166
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Zibbie Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 19-Feb-2019 at 12:11pm
Originally posted by WitBoer WitBoer wrote:

As ek reg onthou, het iemand so paar maande terug genoem dat hy oppad is oorsee en net hierheen kom vir die jaar?? Een van die forumlede werk saam sy pa of so iets?

dink jy nie aan Stephan Lewies ? 
Back to Top
emiel1 View Drop Down
Ervare Leeu
Ervare Leeu


Joined: 30-Jan-2019
Status: Offline
Points: 517
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote emiel1 Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 19-Feb-2019 at 12:27pm
Originally posted by Zibbie Zibbie wrote:

Originally posted by WitBoer WitBoer wrote:

As ek reg onthou, het iemand so paar maande terug genoem dat hy oppad is oorsee en net hierheen kom vir die jaar?? Een van die forumlede werk saam sy pa of so iets?

dink jy nie aan Stephan Lewies ? 

Nee,as ek reg onthou was dit Sadie. Geklink of dit amper 'n uitgemaakte saak was dat hy na SR oorsee gaan, maar mens kan maar hoop.
Back to Top
valie View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 02-Apr-2016
Location: ver van hier
Status: Offline
Points: 2677
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote valie Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 19-Feb-2019 at 12:28pm
Originally posted by Zibbie Zibbie wrote:

Originally posted by WitBoer WitBoer wrote:

As ek reg onthou, het iemand so paar maande terug genoem dat hy oppad is oorsee en net hierheen kom vir die jaar?? Een van die forumlede werk saam sy pa of so iets?

dink jy nie aan Stephan Lewies ? 
Nee, Lewies weet ons van die begin af hy is oppad oorsee.
Witboer is reg. Ek onthou dit ook. Soos ek dit het was dit nog nie n uitgemaakte saak dat hy wel sou oorsee gaan nie, so hopelik kan ons hom op n meer permanente basis kry.
Die feit dat hy dit geniet en lekker inpas by die Leeus, en dat hy dit geniet om deur Julian gehelp te word, kan dalk sy planne verander.
Back to Top
ROOIHART View Drop Down
Jong Leeu
Jong Leeu


Joined: 13-Apr-2016
Location: Johannesburg
Status: Offline
Points: 494
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote ROOIHART Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 19-Feb-2019 at 12:31pm
Ja dit was “monster” wat vertel het dat hy net wag vir sy meisie om klaar te swot. 

Ek hoop maar sy swot so bietjie langer as wat sy moet.
Back to Top
valie View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 02-Apr-2016
Location: ver van hier
Status: Offline
Points: 2677
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote valie Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 19-Feb-2019 at 12:50pm
Originally posted by ROOIHART ROOIHART wrote:

Ja dit was “monster” wat vertel het dat hy net wag vir sy meisie om klaar te swot. 

Ek hoop maar sy swot so bietjie langer as wat sy moet.
Stem, Ek dink dit sal in hulle beide se guns tel as sy spes in haar veld, en dan nog ten minste 4 jaar se ondervinding in diens opdoen. Dan sou ek reken sy is gereed om in die buiteland te werk Big smile
Back to Top
Zibbie View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu


Joined: 03-Apr-2016
Status: Offline
Points: 1166
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Zibbie Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 19-Feb-2019 at 12:54pm
Originally posted by ROOIHART ROOIHART wrote:

Ja dit was “monster” wat vertel het dat hy net wag vir sy meisie om klaar te swot. 

Ek hoop maar sy swot so bietjie langer as wat sy moet.

oohhhh ja ek onthou . ok sorry ek was verkeerd 
Back to Top
WitBoer View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 31-Mar-2016
Location: Bronkhorstsprui
Status: Offline
Points: 2162
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote WitBoer Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 19-Feb-2019 at 12:59pm
Originally posted by ROOIHART ROOIHART wrote:

Ja dit was “monster” wat vertel het dat hy net wag vir sy meisie om klaar te swot. 

Ek hoop maar sy swot so bietjie langer as wat sy moet.
Dit is reg ja. Ou Julian moet hom maar oorreed om vir so paar jaar hier te bly... Klink darem asof Julian 'n groot invloed op hom het, so miskien verander dit sy planne so bietjie.
"Believe nothing, No matter where you read it, Or who has said it, Not even if I have said it, Unless it agrees with your own reason And your own common sense" - Buddha
Back to Top
monster View Drop Down
Ervare Leeu
Ervare Leeu


Joined: 05-Apr-2016
Location: Pretoria
Status: Offline
Points: 660
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote monster Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 19-Feb-2019 at 1:55pm
Originally posted by ROOIHART ROOIHART wrote:

Ja dit was “monster” wat vertel het dat hy net wag vir sy meisie om klaar te swot. 

Ek hoop maar sy swot so bietjie langer as wat sy moet.

Jip maar dit is nie asof hy n formele aanbod van oorsee het nie maar dit is maar hoe jong spelers van vandag praat ,  die pond is meer aanloklik as die rand .... ek glo as dit vir hom die moeite werd gemaak word om te bly in SA sal hy dit sekerlik oorweeg
Back to Top
emiel1 View Drop Down
Ervare Leeu
Ervare Leeu


Joined: 30-Jan-2019
Status: Offline
Points: 517
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote emiel1 Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 19-Feb-2019 at 2:14pm
Die jonger geslag spelers in hierdie land besef dat hulle in 'n baie onseker situasie verkeer. 'n Kwaliteit jong vaskop is in groot aanvraag oorsee en ek sal verbaas wees indien hy nie 'n groot aanbod van 'n buitelandse klub kry nie (hoop ek is verkeerd). Leeus sit in die gelukkige posisie dat hulle drie jong junior springbok vaskoppe sit met nog een (Fielies) wat nie sleg vertoon het in die CB semi's laas jaar nie.

Edited by emiel1 - 19-Feb-2019 at 2:14pm
Back to Top
WitBoer View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 31-Mar-2016
Location: Bronkhorstsprui
Status: Offline
Points: 2162
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote WitBoer Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 19-Feb-2019 at 3:58pm
Originally posted by monster monster wrote:

Originally posted by ROOIHART ROOIHART wrote:

Ja dit was “monster” wat vertel het dat hy net wag vir sy meisie om klaar te swot. 

Ek hoop maar sy swot so bietjie langer as wat sy moet.

Jip maar dit is nie asof hy n formele aanbod van oorsee het nie maar dit is maar hoe jong spelers van vandag praat ,  die pond is meer aanloklik as die rand .... ek glo as dit vir hom die moeite werd gemaak word om te bly in SA sal hy dit sekerlik oorweeg
Soos hy tans speel is dit net 'n kwessie van tyd voor een van die Europese klubs hom n aanbod maak...
"Believe nothing, No matter where you read it, Or who has said it, Not even if I have said it, Unless it agrees with your own reason And your own common sense" - Buddha
Back to Top
 Post Reply Post Reply
  Share Topic   

Forum Jump Forum Permissions View Drop Down

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd.

This page was generated in 0.078 seconds.