The Lions next play Scarlets at Ellis Park in the URC on 11 May 2025, kickoff is at 15:00 |
Leeus-vleuels in onderlinge stryd gewikkel |
Post Reply ![]() |
Author | |||
Transvaal ![]() Admin Group ![]() Joined: 30-Mar-2016 Status: Offline Points: 40233 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() Posted: 20-Feb-2019 at 12:23pm |
||
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/Super-Rugby/leeus-vleuels-in-onderlinge-stryd-gewikkel-20190220
Dit is wonderlik vir die Leeus dat daar sulke strawwe mededinging onder die vleuels in die groep is, sê Madosh Tambwe, een van dié span se opwindende jong blitse. “Dis lekker om ouens soos Aphiwe Dyantyi, Courtnall Skosan, Ruan Combrinck en myself in die groep te hê. Ons spoor mekaar tot groter hoogtes aan,” sê die 21-jarige Tambwe. Dié sneller, wat in die Demokratiese Republiek van die Kongo gebore is, het in 2018 vir hom naam gemaak toe hy vier drieë teen die Stormers gedruk het in dié spanne se Superrugby-wedstryd op Ellispark. Dyantyi en Skosan is vir die beginspan gekies in die Leeus se eerste kragmeting van die seisoen, wat hulle met 25-16 teen die Jaguares in Buenos Aires gewen het. Combrinck was op die plaasvervangersbank. Hoe kan Tambwe homself laat uitstaan tussen dié drie Springbokke? “Wanneer ek oefen, oefen ek my hart uit. Wanneer my kans kom, gaan ek dit met albei hande aangryp,” sê hy. Die Leeus speel Saterdag teen die einste Stormers, dié keer op Nuweland. “Ons gaan met dieselfde ingesteldheid speel as wat ons altyd doen. Ons hoop dit is droog, sodat ons hardlooprugby kan speel. “Ons weet die Stormers gaan wil vergoed ná hul eerste wedstryd (wat hulle met 40-3 teen die Bulle verloor het).” Volgens Joey Mongalo, die Leeus se verdedigingsafrigter, verwag die span ’n groot aanslag deur die Stormers. “Ons Suid-Afrikaners slaan mos altyd terug, dit is net hoe ons is,” sê Mongalo. Volgens hom het hulle een of twee dinge wys geword uit die beeldmateriaal van die wedstryd tussen die Stormers en die Bulle, wat die Leeus Saterdag op Nuweland kan uitbuit. “Tog wil ons met een of twee unieke dinge ook vorendag kom. Coach Swys (de Bruin, hoofafrigter) het skitterende planne. Ons wil graag ons eie wedstrydplan afdwing.” Hy sê die span put baie selfvertroue uit hul eerste sege nóg in Argentinië. “Dit is groot, want ons het geskiedenis gemaak. Dit is goed om die reeks op ’n wennoot af te skop. “Ons het met baie ywer gespeel en ongeveer 200 duikslae uitgevoer. Dit was verblydend. “Daar was ’n groot wanopvatting dat ons in die verlede nie goed verdedig het nie, so ons wou graag ’n punt bewys,” sê hy. |
|||
![]() |
|||
WitBoer ![]() Koning Leeu ![]() ![]() Joined: 31-Mar-2016 Location: Bronkhorstsprui Status: Offline Points: 2163 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
||
Ons sal sekerlik nie al 4 die spelers gelukkig kan hou nie... Iewers gaan ons iemand verloor...
Sal regtig graag wil sien dat Combrinck 'n kans op 15 kry. Ek dink hy het vir ons bietjie meer om te bied as wat Boeboes doen.
|
|||
"Believe nothing, No matter where you read it, Or who has said it, Not even if I have said it, Unless it agrees with your own reason And your own common sense" - Buddha
|
|||
![]() |
|||
Leeubok ![]() Koning Leeu ![]() ![]() Joined: 31-Mar-2016 Location: KZN Status: Offline Points: 4954 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
||
Stem, ons almal smeek al lankal om hom op 15 te sien. Boeboes het vir baie lank geen kompetisie op 15 gehad nie, en ek dink dit het bygedra dat sy spel stagneer. Eintlik agteruit gegaan..
|
|||
![]() |
|||
TunaLion ![]() Koning Leeu ![]() ![]() Joined: 30-Mar-2016 Location: Ellis Park Status: Offline Points: 1856 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
||
Wow, dit is baie positief om dit als te hoor.Veral daardie laaste paragraaf waar hy praat dat hulle hard werk aan hul verdediging. Dit is juis waar ons laas jaar kort gekom het.
|
|||
Go LIONS!!!!!
|
|||
![]() |
|||
GoLions ![]() Jong Leeu ![]() Joined: 14-Jan-2019 Status: Offline Points: 357 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
||
Ek hat laasjaar die indruk gekry dat Swys oorgefokus was om die meeste driee te druk, en dit het ons wenne gekos, maar dat hulle hierdie jaar weer, soos 2017, op wen fokus
|
|||
![]() |
|||
TunaLion ![]() Koning Leeu ![]() ![]() Joined: 30-Mar-2016 Location: Ellis Park Status: Offline Points: 1856 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
||
Jip, dit was positief ook om Saterdag te sien dat hulle n paar keer eerder pale toe gegaan het ipv net blindelings heeltyd vir die hoekvlaggie.
|
|||
Go LIONS!!!!!
|
|||
![]() |
|||
Leeubok ![]() Koning Leeu ![]() ![]() Joined: 31-Mar-2016 Location: KZN Status: Offline Points: 4954 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
||
Definitief! Ek is baie bly dat hulle begin leer uit foute van die verlede. Verdediging wen kompetisies, en vat die 3 punte en kry eers die wen in die sakkie voor jy wil dink aan mooi driee druk!
|
|||
![]() |
Post Reply ![]() |
|
Tweet
|
Forum Jump | Forum Permissions ![]() You cannot post new topics in this forum You cannot reply to topics in this forum You cannot delete your posts in this forum You cannot edit your posts in this forum You cannot create polls in this forum You cannot vote in polls in this forum |