Print Page | Close Window

Leeus-vleuels in onderlinge stryd gewikkel

Printed From: Lionsworld
Category: Rugby Competitions
Forum Name: Super Rugby
Forum Description: Super Rugby
URL: http://www.lionsworld.co.za/forumnew/forum_posts.asp?TID=7508
Printed Date: 28-Apr-2024 at 7:07am
Software Version: Web Wiz Forums 12.01 - http://www.webwizforums.com


Topic: Leeus-vleuels in onderlinge stryd gewikkel
Posted By: Transvaal
Subject: Leeus-vleuels in onderlinge stryd gewikkel
Date Posted: 20-Feb-2019 at 12:23pm
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/Super-Rugby/leeus-vleuels-in-onderlinge-stryd-gewikkel-20190220%20" rel="nofollow - https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/Super-Rugby/leeus-vleuels-in-onderlinge-stryd-gewikkel-20190220

Dit is wonderlik vir die Leeus dat daar sulke strawwe mededinging onder die vleuels in die groep is, sê Madosh Tambwe, een van dié span se opwindende jong blitse.

“Dis lekker om ouens soos Aphiwe Dyantyi, Courtnall Skosan, Ruan Combrinck en myself in die groep te hê. Ons spoor mekaar tot groter hoogtes aan,” sê die 21-jarige Tambwe.

Dié sneller, wat in die Demokratiese Republiek van die Kongo gebore is, het in 2018 vir hom naam gemaak toe hy vier drieë teen die Stormers gedruk het in dié spanne se Superrugby-wedstryd op Ellispark.

Dyantyi en Skosan is vir die beginspan gekies in die Leeus se eerste kragmeting van die seisoen, wat hulle met 25-16 teen die Jaguares in Buenos Aires gewen het. Combrinck was op die plaasvervangersbank.

Hoe kan Tambwe homself laat uitstaan tussen dié drie Springbokke?

“Wanneer ek oefen, oefen ek my hart uit. Wanneer my kans kom, gaan ek dit met albei hande aangryp,” sê hy.

Die Leeus speel Saterdag teen die einste Stormers, dié keer op Nuweland.

“Ons gaan met dieselfde ingesteldheid speel as wat ons altyd doen. Ons hoop dit is droog, sodat ons hardlooprugby kan speel.

“Ons weet die Stormers gaan wil vergoed ná hul eerste wedstryd (wat hulle met 40-3 teen die Bulle verloor het).”

Volgens Joey Mongalo, die Leeus se verdedigingsafrigter, verwag die span ’n groot aanslag deur die Stormers.

“Ons Suid-Afrikaners slaan mos altyd terug, dit is net hoe ons is,” sê Mongalo.

Volgens hom het hulle een of twee dinge wys geword uit die beeldmateriaal van die wedstryd tussen die Stormers en die Bulle, wat die Leeus Saterdag op Nuweland kan uitbuit.

“Tog wil ons met een of twee unieke dinge ook vorendag kom. Coach Swys (de Bruin, hoofafrigter) het skitterende planne. Ons wil graag ons eie wedstrydplan afdwing.”

Hy sê die span put baie selfvertroue uit hul eerste sege nóg in Argentinië.

“Dit is groot, want ons het geskiedenis gemaak. Dit is goed om die reeks op ’n wennoot af te skop.

“Ons het met baie ywer gespeel en ongeveer 200 duikslae uitgevoer. Dit was verblydend.

“Daar was ’n groot wanopvatting dat ons in die verlede nie goed verdedig het nie, so ons wou graag ’n punt bewys,” sê hy.



Replies:
Posted By: WitBoer
Date Posted: 20-Feb-2019 at 3:17pm
Ons sal sekerlik nie al 4 die spelers gelukkig kan hou nie... Iewers gaan ons iemand verloor...
Sal regtig graag wil sien dat Combrinck 'n kans op 15 kry. Ek dink hy het vir ons bietjie meer om te bied as wat Boeboes doen. 


-------------
"Believe nothing, No matter where you read it, Or who has said it, Not even if I have said it, Unless it agrees with your own reason And your own common sense" - Buddha


Posted By: Leeubok
Date Posted: 20-Feb-2019 at 3:23pm
Stem, ons almal smeek al lankal om hom op 15 te sien. Boeboes het vir baie lank geen kompetisie op 15 gehad nie, en ek dink dit het bygedra dat sy spel stagneer. Eintlik agteruit gegaan..


Posted By: TunaLion
Date Posted: 20-Feb-2019 at 3:26pm
Wow, dit is baie positief om dit als te hoor.Veral daardie laaste paragraaf waar hy praat dat hulle hard werk aan hul verdediging. Dit is juis waar ons laas jaar kort gekom het.


-------------
Go LIONS!!!!!


Posted By: GoLions
Date Posted: 20-Feb-2019 at 5:11pm
Originally posted by TunaLion TunaLion wrote:

Wow, dit is baie positief om dit als te hoor.Veral daardie laaste paragraaf waar hy praat dat hulle hard werk aan hul verdediging. Dit is juis waar ons laas jaar kort gekom het.

Ek hat laasjaar die indruk gekry dat Swys oorgefokus was om die meeste driee te druk, en dit het ons wenne gekos, maar dat hulle hierdie jaar weer, soos 2017, op wen fokus


Posted By: TunaLion
Date Posted: 20-Feb-2019 at 8:30pm
Originally posted by GoLions GoLions wrote:

Originally posted by TunaLion TunaLion wrote:

Wow, dit is baie positief om dit als te hoor.Veral daardie laaste paragraaf waar hy praat dat hulle hard werk aan hul verdediging. Dit is juis waar ons laas jaar kort gekom het.

Ek hat laasjaar die indruk gekry dat Swys oorgefokus was om die meeste driee te druk, en dit het ons wenne gekos, maar dat hulle hierdie jaar weer, soos 2017, op wen fokus


Jip, dit was positief ook om Saterdag te sien dat hulle n paar keer eerder pale toe gegaan het ipv net blindelings heeltyd vir die hoekvlaggie.


-------------
Go LIONS!!!!!


Posted By: Leeubok
Date Posted: 21-Feb-2019 at 7:16am
Originally posted by TunaLion TunaLion wrote:

Originally posted by GoLions GoLions wrote:

Originally posted by TunaLion TunaLion wrote:

Wow, dit is baie positief om dit als te hoor.Veral daardie laaste paragraaf waar hy praat dat hulle hard werk aan hul verdediging. Dit is juis waar ons laas jaar kort gekom het.

Ek hat laasjaar die indruk gekry dat Swys oorgefokus was om die meeste driee te druk, en dit het ons wenne gekos, maar dat hulle hierdie jaar weer, soos 2017, op wen fokus


Jip, dit was positief ook om Saterdag te sien dat hulle n paar keer eerder pale toe gegaan het ipv net blindelings heeltyd vir die hoekvlaggie.

Definitief! Ek is baie bly dat hulle begin leer uit foute van die verlede. Verdediging wen kompetisies, en vat die 3 punte en kry eers die wen in die sakkie voor jy wil dink aan mooi driee druk! 



Print Page | Close Window

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01 - http://www.webwizforums.com
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd. - https://www.webwiz.net