The Lions next play Scarlets at Ellis Park in the URC on 11 May 2025, kickoff is at 15:00 |
SAUK moet byna R1 m. opdok aan Van den Berg |
Post Reply ![]() |
Author | |
Transvaal ![]() Admin Group ![]() Joined: 30-Mar-2016 Status: Offline Points: 40233 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() Posted: 02-Feb-2019 at 5:57am |
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/sauk-moet-byna-r1-m-opdok-aan-van-den-berg-20190201
Die SAUK moet byna R1 miljoen skadevergoeding betaal aan Pieter van den Berg, ’n voormalige vryskut-sportkommentator, wat in 2016 voortydig van sy kontrak vrygestel is ná bewerings van rassisme by ’n Superrugby-wedstryd op Kingspark in Durban. Dié bevel Vrydag van die hooggeregshof in Pretoria het gekom nadat die hof geen bewyse van rassisme deur Van der Berg kon vind nie. Die SAUK moet dus R990 000 se skadevergoeding aan Van der Berg uitbetaal. Solidariteit, wat vir Van den Berg opgetree het, het die SAUK in die hooggeregshof vir die verlies van inkomste gedagvaar. Anton van der Bijl, hoof van arbeidswetdienste van Solidariteit, sê hulle is verheug dat hulle die hofsaak gewen het en “dat geregtigheid geseëvier het”. “Dié saak is nog ’n voorbeeld van beskuldigings van rassisme wat rondgeslinger word wanneer dit absoluut nie waar is nie. “Die feit dat ’n kommentator sy werk verloor, net omdat ’n kollega hom valslik beskuldig het, is belaglik. “Ons is verheug dat die hof weer bevind het dat rassisme nie gesoek moet word waar dit nie bestaan nie.” Die SAUK het Vrydag gesê hy moet die hof se uitspraak eers deeglik bestudeer voordat hy kommentaar kan lewer. Dit is onduidelik of die uitsaaier teen die bevel gaan appelleer. Van den Berg wou nie kommentaar lewer nie. Musa Msomi, ’n voormalige kollega van Van den Berg, het in Mei 2016 beweer Van den Berg het hom toegesnou dat alle swart mense onbevoeg is. Dit het in die hof uitgekom dat Van den Berg gefrustreerd was omdat Msomi en Sandile Sibisi, die vervaardiger, volgens hom nie hul werk na behore gedoen het nie. Hy het egter nie gesê dat alle swart mense onbevoeg is nie. Die SAUK het Van den Berg se kontrak destyds beëindig op grond van Msomi se aantygings. “Daar was nog ’n jaar van Van den Berg se kontrak oor en hy het dus ’n reuseverlies aan inkomste gehad,” sê Van der Bijl. |
|
![]() |
Post Reply ![]() |
|
Tweet
|
Forum Jump | Forum Permissions ![]() You cannot post new topics in this forum You cannot reply to topics in this forum You cannot delete your posts in this forum You cannot edit your posts in this forum You cannot create polls in this forum You cannot vote in polls in this forum |