Print Page | Close Window

SAUK moet byna R1 m. opdok aan Van den Berg

Printed From: Lionsworld
Category: General Rugby
Forum Name: SA Rugby Issues
Forum Description: SA Rugby Issues
URL: http://www.lionsworld.co.za/forumnew/forum_posts.asp?TID=7358
Printed Date: 18-Apr-2024 at 9:46am
Software Version: Web Wiz Forums 12.01 - http://www.webwizforums.com


Topic: SAUK moet byna R1 m. opdok aan Van den Berg
Posted By: Transvaal
Subject: SAUK moet byna R1 m. opdok aan Van den Berg
Date Posted: 02-Feb-2019 at 5:57am
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/sauk-moet-byna-r1-m-opdok-aan-van-den-berg-20190201%20" rel="nofollow - https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/sauk-moet-byna-r1-m-opdok-aan-van-den-berg-20190201

Die SAUK moet byna R1 miljoen skadevergoeding betaal aan Pieter van den Berg, ’n voormalige vryskut-sportkommentator, wat in 2016 voortydig van sy kontrak vrygestel is ná bewerings van rassisme by ’n Superrugby-wedstryd op Kingspark in Durban.

Dié bevel Vrydag van die hooggeregshof in Pretoria het gekom nadat die hof geen bewyse van rassisme deur Van der Berg kon vind nie. Die SAUK moet dus R990 000 se skadevergoeding aan Van der Berg uitbetaal.

Solidariteit, wat vir Van den Berg opgetree het, het die SAUK in die hooggeregshof vir die verlies van inkomste gedagvaar.

Anton van der Bijl, hoof van arbeidswetdienste van Solidariteit, sê hulle is verheug dat hulle die hofsaak gewen het en “dat geregtigheid geseëvier het”.

“Dié saak is nog ’n voorbeeld van beskuldigings van rassisme wat rondgeslinger word wanneer dit absoluut nie waar is nie.

“Die feit dat ’n kommentator sy werk verloor, net omdat ’n kollega hom valslik beskuldig het, is belaglik.

“Ons is verheug dat die hof weer bevind het dat rassisme nie gesoek moet word waar dit nie bestaan nie.”

Die SAUK het Vrydag gesê hy moet die hof se uitspraak eers deeglik bestudeer voordat hy kommentaar kan lewer.

Dit is onduidelik of die uitsaaier teen die bevel gaan appelleer.

Van den Berg wou nie kommentaar lewer nie.

Musa Msomi, ’n voormalige kollega van Van den Berg, het in Mei 2016 beweer Van den Berg het hom toegesnou dat alle swart mense onbevoeg is.

Dit het in die hof uitgekom dat Van den Berg gefrustreerd was omdat Msomi en Sandile Sibisi, die vervaardiger, volgens hom nie hul werk na behore gedoen het nie. Hy het egter nie gesê dat alle swart mense onbevoeg is nie.

Die SAUK het Van den Berg se kontrak destyds beëindig op grond van Msomi se aantygings.

“Daar was nog ’n jaar van Van den Berg se kontrak oor en hy het dus ’n reuseverlies aan inkomste gehad,” sê Van der Bijl.



Print Page | Close Window

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01 - http://www.webwizforums.com
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd. - https://www.webwiz.net