Forum Home Forum Home > Rugby Competitions > Super Rugby
  New Posts New Posts RSS Feed - Swys: ‘Ons wil kritici verkeerd bewys’
  FAQ FAQ  Forum Search   Events   Register Register  Login Login


The Lions next play Leinster at Ellis Park in the URC on 20 April 2024, kickoff is at 15:00

Swys: ‘Ons wil kritici verkeerd bewys’

 Post Reply Post Reply
Author
Message
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 39072
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Topic: Swys: ‘Ons wil kritici verkeerd bewys’
    Posted: 22-Jan-2019 at 1:30pm
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/Super-Rugby/swys-ons-wil-kritici-verkeerd-bewys-20190122

Hy is mal daaroor om met die “weggooikinders” van ander unies te werk, sê Swys de Bruin, die hoofafrigter van die Leeus se rugbyspan.

“Wanneer jy in iemand glo, is dit verbasend wat jy met hulle kan regkry,” sê De Bruin van die onbesonge spelers wat hy ontwikkel.

“Dit is die suksesresep wat ons die laaste klompie jare hier by die Leeus gevolg het. Ons het nie groot name aangeskaf nie, maar dit was meestal spelers wat agter in die tou gestaan het by hul onderskeie unies en toe hier groot name geword het met die kanse wat hulle gegun is,” vertel hy.

De Bruin erken hy is realisties oor sy span se situasie met verskeie gevestigde spelers wat nou oorsee speel en dat daar weer tot ’n mate gebou moet word met ’n rits jong spelers.

“Eerstens is dit nodig dat die jong spelers ons kultuur moet verstaan en daarby inpas. Ons gaan hou by dit wat in die verlede vir ons gewerk het en ek sal nie veel verander aan hoe ons speel nie.”

Die een spel-afdeling wat De Bruin egter uitlig as een wat vanjaar dramaties moet verbeter, is hul verdediging. Die Leeus het in 2018 die naasmeeste drieë gedruk (89), maar was ook een van die spanne in Superrugby wat die meeste kere agter hul eie doellyn gestaan het (65).

Slegs die Sunwolves (99), Bulle, Blues en Reds (almal 66) het meer drieë afgestaan.

“Joey (Mongalo, die verdedigingsafrigter) het baie hard gewerk om ’n stelsel te kry wat vir ons gaan werk en ek glo daardie harde werk gaan vir ons sukses bring,” sê De Bruin.

“Soos sake staan in hierdie Wêreldbeker-jaar en met van die Springbokke wat genoeg ruskans moet kry, sal ons behoorlik gebruik moet maak van ons groep en spelers afwissel.

“Ons word in verskeie kringe nie veel van ’n kans gegee om weer hier plaaslik bo uit te kom nie, maar dit was verlede seisoen ook die geval toe ons ’n nuwe afrigtingspan ingebring het. Mense kan ons maar afskryf as hulle wil, maar ons is vasbeslote en oorgehaal om hulle verkeerd te bewys.

“Ons doen dinge op ons manier en glo in mekaar en dit is baie belangrik,” sê hy.

Tog verwag De Bruin hierdie seisoen ’n kwaai aanslag van veral die ander Suid-Afrikaanse spanne.

“Sjoe, die Bulle lyk veral besonder sterk. Dit lyk my dinge gebeur daar op Loftus en hulle gaan hierdie seisoen ’n heeltemal ander dierasie wees.

“Die Haaie het momentum wat hulle oordra vanaf die Curriebeker-reeks en die Stormers is veral voorlangs baie sterk. Hulle het omtrent ’n dosyn Springbokke waaruit hulle kan kies vir hul agttal,” sê De Bruin.

Die Leeus speel Saterdag op Loftus ’n opwarmingswedstryd teen die Bulle en De Bruin sê hy sal die meeste van sy gevestigde spelers ruskans gee vir daardie stryd en grootliks gebruik maak van die jong talent in sy groep en hulle die kans gee om vroeg hul stempel af te druk.
Back to Top
WitBoer View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 31-Mar-2016
Location: Bronkhorstsprui
Status: Offline
Points: 2162
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote WitBoer Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 22-Jan-2019 at 2:46pm
Ek hoop Swys doen beter as laas jaar. Daar was 'n paar dinge wat my bietjie bekommer het met betrekking tot sy afrigtig en veral spankeuses laasjaar.
Daar is 'n paar spelers wat hy bly kies het, wat duidelik nie op vorm was nie. Soms het 'n speler wat op die bank moes sit regtig verdien om meer kans in die beginspan te kry en ons agterlyn was vir my nie so giftig soos die vorige twee seisoene nie. 3 uit ons top 5 driedrukkers was voorspelers... Marx met 12 dan Dyantyi met 7, Tambwe met 7, Schoeman met 6 en Kwagga met 6... Ek dink wel dat Vorster se gebrek aan vorm 'n baie groot negatiewe inpak op die agterlyn se spel gehad. 

"Believe nothing, No matter where you read it, Or who has said it, Not even if I have said it, Unless it agrees with your own reason And your own common sense" - Buddha
Back to Top
Lion4ever View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 30-Mar-2016
Location: Roodepoort
Status: Offline
Points: 2000
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Lion4ever Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 22-Jan-2019 at 3:42pm
Marx scored a lot from line out drives. If we sort our defence out, and we win turnovers, then our counter attacking will result in more open spaces, and hopefully guys like Harold will prosper and gain confidence. And also, I think playing in Japan does help rekindle that confidence too, because you have just a bit more time to do things.
Back to Top
valie View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 02-Apr-2016
Location: ver van hier
Status: Offline
Points: 2676
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote valie Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 22-Jan-2019 at 3:52pm
Ek dink as ons leer om ons balbesit beter oppas, sal ons defensive stats ook baie beter lyk. Meeste driee teen ons is van omkeer besit gedruk.
Back to Top
Zibbie View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu


Joined: 03-Apr-2016
Status: Offline
Points: 1166
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Zibbie Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 23-Jan-2019 at 8:22am
Originally posted by Transvaal Transvaal wrote:


“Sjoe, die Bulle lyk veral besonder sterk. Dit lyk my dinge gebeur daar op Loftus en hulle gaan hierdie seisoen ’n heeltemal ander dierasie wees.


kry Swys geld om so baie oor die bulle te praat ?LOL
Back to Top
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 39072
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 23-Jan-2019 at 8:26am
Hy maak my bekommerd want hy praat nonsens, hoe gaan die Bulle beter as laas jaar doen? Vermeulen en Brits gaan geen verskil maak nie
Back to Top
Zibbie View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu


Joined: 03-Apr-2016
Status: Offline
Points: 1166
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Zibbie Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 23-Jan-2019 at 10:23am
Ek het n sterk vermoede dat SARU vir die ouens voorskryf wat hulle moet se . 
Back to Top
PaBz0r View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu


Joined: 30-Mar-2016
Location: Pretoria
Status: Online
Points: 2715
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote PaBz0r Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 23-Jan-2019 at 11:55am
Jedi mind tricks.. Clown
Back to Top
 Post Reply Post Reply
  Share Topic   

Forum Jump Forum Permissions View Drop Down

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd.

This page was generated in 0.125 seconds.