Forum Home Forum Home > Rugby Competitions > Super Rugby
  New Posts New Posts RSS Feed - Sal die Bulls van 2019 Loftus weer kan volmaak?
  FAQ FAQ  Forum Search   Events   Register Register  Login Login


The Lions next play Munster at Ellis Park in the URC on 27 April 2024, kickoff is at 17:00

Sal die Bulls van 2019 Loftus weer kan volmaak?

 Post Reply Post Reply
Author
Message
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 39116
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Topic: Sal die Bulls van 2019 Loftus weer kan volmaak?
    Posted: 21-Jan-2019 at 9:51am
https://rekordeast.co.za/195035/sal-die-bulls-van-2019-loftus-weer-kan-volmaak/

Daar is verskeie nuwe besems aan die vee op Loftus Versfeld, maar op die keper beskou lyk dit of ‘n sameloop van omstandighede dalk die regte manne op die regte tyd bymekaargebring het om die Bloubul-skip weer op koerste kry.

Tien jaar sonder die Curriebeker en nege jaar sonder die SuperRugby trofee. Dis nou amptelik die langste bekerdroogte vir ondersteuners van die Blou Bulle en die Bulls in die 50 jaar sedert die goue jare in 1968 aangebreek het.

Trouens, wat SuperRugby betref, het die Bulls laas in 2013 – ses jaar gelede – die uitspeelfase gehaal. Dít was dus ook die laaste keer dat hulle daarmee kon spog om Suid-Afrika se top span in die toernooi te wees.

Dis die realiteit wat die “nuwe” Loftus familie in 2019 in die gesig staar.

Sedert die Bulls die laaste van hul drie SuperRugby titels in 2010 gewen het, het Loftus Versfeld van ‘n gevreesde fort vir die magtige Blou Bulle verander in ‘n rugbystadion wat midde in die rugbyseisoen stelselmatig al hoe leër geword het.

Elke nou en dan was daar opflikkerings, maar weens verskeie redes kon die groot hoogtes van weleer maar net nie geëwenaar word nie.

Verlede seisoen is heelwat geraas gemaak uit sommige oorde oor die “nuwe era” wat John Mitchell se koms sou bring. Maar vir diegene wat die saak behoorlik ontleed het, was dit nie vreemd toe dié berg ook ‘n muis gebaar het nie.

Vir moedelose en vuisvoos ondersteuners van die Bulls en die Blou Bulle mag dit dus dalk na nog ‘n holruggeryde cliché klink as ‘n mens sou sê dat daar hier in Januarie vanjaar reeds ‘n heel nuwe gees van hoop, opgewondenheid en stille vertoue op Loftus heers.

Tog is dit presies wat ‘n mens bespeur as jy deesdae by Loftus kom. Wat vanjaar se positiewe gees anders maak as die voriges, is die feit dat daar nou nie meer na ‘n rugby-messias of ‘n superman met ‘n towerstaf gekyk word om hoop te bring nie. Nee, deesdae is daar ‘n gees van samehorigheid, inklusiwiteit en spanwerk.

Die son het inderdaad reeds anders begin skyn op Loftus toe die jong Turke onder leiding van Willem Strauss die teuels van hierdie wa in die raadsale oorgeneem het. Dit was ‘n stelselmatige en frustrerende proses wat baie ondersteuners nie aldag verstaan het nie. Hulle het nog gedroom van die beloofde “Mitch-era” wat sukses sou bring, minwetend dat dít waarskynlik die groot waterskeidingsproses sou versnel.

Daar was in die amateur-era laas sulke sterk en doelgerigte leiers in die bestuur van die Blou Bulle Rugby-unie (BBRU) soos wat daar deesdae is. Daarbenewens is daar ook nuwe manne op die Blou Bulle Maatskappy (BBM) se direksie vir wie rugby en die eer van die Bulle heel bo aan hul agenda staan. Hulle bona fides is suiwer en dít gaan ‘n reuse verskil maak.

Onder leiding van Strauss en sy nuwe breintrust het ons verlede jaar ook die proses beleef waarin die Bulls se nuwe spanbestuur stelselmatig vorm aangeneem het.

Byna elke lid van dié nuwe spanbestuur  het lank gewag vir hierdie kans wat hulle vanjaar kry om hulself te bewys.

Pote Human is ‘n baie beter afrigter as waarvoor hy oor die algemeen erkenning kry. Dis egter sy bestuurstyl en sy persoonlikheid wat waarskynlik die waardevolste bate gaan wees in hierdie nuwe era.

Human word deur die spelers gerespekteer, maar net so respekteer hy hulle én sy kollegas ook. Hy het nié die ego van sy voorganger nie en sy tegniese kennis word deeglik onderskat. Boonop verstaan hy die rugbykultuur van Pretoria – ‘n feit wat van kardinale belang is.

As nuwe hoofafrigter het Human ook reeds ‘n paar verrassende skuiwe gemaak wat oor ‘n paar maande van nou af as reuse troefkaarte bewys kan word.

Die keuse van Lood de Jager as kaptein is een van dié waarskynlike meesterskuiwe. De Jager is hoogs intelligent en hy het boonop ‘n rugbybrein soos min ander. Hy is ook gewild onder sy spanmaats en sy leierseienskappe sal baie ongelowige Thomasse vanjaar verbaas. Hy is presies die soort leier wat die Bulls in hierdie nuwe proses nodig het – ‘n man wat deur voorbeeld en met inspirasie kan lei, terwyl hy ook op die veld met ‘n strategiese rugbybrein kan dink.

Nog een van Human se potensiële meesterskuiwe is die heraanstelling van Pine Pienaar as verdedigings-afrigter. Pienaar se kennis en vernuf word heeltemal onderskat, veral deur ondersteuners wat bittermin kennis het oor al die intriges wat op Loftus Versfeld afgespeel het sedert Pienaar in 2011 as belowende en suksesvolle jong afrigter deur Heyneke Meyer uit Bloemfontein na Loftus gelok is.

As ‘n bewese kenner van skrumwerk soos Daan Human boonop ook na Loftus gelok kan word, sal die Bulls van 2019 ‘n heel nuwe gedierte wees. Skrumwerk en die oorheersing in dié afdeling bly immers ‘n kardinale aspek om sukses in rugby te behaal.

Saam met skrumwerk was ‘n gebrek aan professionele vaardigheid vir die Bulls – soos vir meeste ander Suid-Afrikaanse spanne – ‘n groot kopseer, veral in vergelyking met Nieu-Seelandse spanne in die SuperRugby reeks.

In hierdie verband het die bestuur klaarblyklik ook raakgevat met die aanstelling van Alan Zondagh as Direkteur van Rugby op Loftus. ‘n Mens sal lank soek vir nog ‘n hoëprofiel rugbykenner in Suid-Afrika met Zondagh se ervaring en kennis. Hy is boonop die soort man wat sy stempel sal afdruk sonder om deur onbenullige rugbypolitiek gesteur te word.

Zondagh verstaan die situasie waarin Suid-Afrikaanse rugby ná 22 jaar van rompslomp sedert die aanbreek van die professionele era verkeer waarskynlik beter as enigiemand anders.

Die kersie op hierdie nuwe koek by Loftus is die aanstelling van Alfons Meyer as nuwe Hoof Uitvoerdende Beampte van die BBM.  Hou dié man gerus dop. Hy kom Loftus toe sonder enige rugby-bagasie, maar met jare se sake-en bestuursondervinding én ‘n groot liefde vir die Bulle.

As hierdie nuwe masjien op Loftus se ratte begin draai en die olie begin pomp, is dit byna net die alewige politieke struikelblokke wat nog tussen die Bulls en ‘n nuwe glorietydperk kan staan.
Back to Top
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 39116
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 21-Jan-2019 at 9:55am
Goeie artikel deur Koos Venter, hy kom ook gereeld Ellispark toe vir wedstryde en media konferensies so ek het hom goed leer ken oor die afgelope 14 jaar of so. Ek en hy dink baie dieselfde oor rugby.

Basies wat hy hier se is dat die Bulle huis skoongemaak het, maar wat hy nie se nie is dat een van die persone wat gesien word as die groot probleem, nog steeds daar is. Ek stem ook nie saam dat Lood se kapteinskap so groot meesterskuif is nie, inteendeel, ek dink Lood is 'n flashy slot wat nie sy primere werk op die veld doen nie.
Back to Top
TunaLion View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 30-Mar-2016
Location: Ellis Park
Status: Offline
Points: 1776
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote TunaLion Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 21-Jan-2019 at 11:47am
Watse persoon is dit, Transvaal?
Go LIONS!!!!!
Back to Top
Zibbie View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu


Joined: 03-Apr-2016
Status: Offline
Points: 1166
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Zibbie Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 21-Jan-2019 at 12:10pm
Originally posted by Transvaal Transvaal wrote:

Goeie artikel deur Koos Venter, hy kom ook gereeld Ellispark toe vir wedstryde en media konferensies so ek het hom goed leer ken oor die afgelope 14 jaar of so. Ek en hy dink baie dieselfde oor rugby.

Basies wat hy hier se is dat die Bulle huis skoongemaak het, maar wat hy nie se nie is dat een van die persone wat gesien word as die groot probleem, nog steeds daar is. Ek stem ook nie saam dat Lood se kapteinskap so groot meesterskuif is nie, inteendeel, ek dink Lood is 'n flashy slot wat nie sy primere werk op die veld doen nie.

ek dink ook die leeus het begin beter vertoon toe ons vir meer as een seisoen dieslefde afrigter gehad het . ek dink dit gaan tyd vatvir die bulle . ek weet nie of daar die gedult is nie . 
Back to Top
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 39116
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 21-Jan-2019 at 12:18pm
Originally posted by TunaLion TunaLion wrote:

Watse persoon is dit, Transvaal?

Vra jy oor die skrywer? Dis Koos Venter, hy werk vir rekord sport as 'n sportskrywer
Back to Top
Leeubok View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 31-Mar-2016
Location: KZN
Status: Offline
Points: 4954
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Leeubok Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 21-Jan-2019 at 12:51pm
Ek dink hy bedoel die persoon wat n probleem is, wat nog daar is?
Back to Top
Leeubok View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 31-Mar-2016
Location: KZN
Status: Offline
Points: 4954
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Leeubok Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 21-Jan-2019 at 12:52pm
Ek dink ook nie alles gaan binne 1 seisoen click nie. Net soos met die Leeus gaan dit 'n rukkie vat. Die grootste probleem wat ek voorsien met Lood as kaptein is sy sukkel met beserings. Gaan hy die hele seisoen hou?

Mind you, deesdae kan mens dieselfde van Warren se..
Back to Top
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 39116
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 21-Jan-2019 at 12:56pm
Originally posted by Leeubok Leeubok wrote:

Ek dink hy bedoel die persoon wat n probleem is, wat nog daar is?

o almal weet wie dit is, die ou in beheer van die Bulle se kontraktering
Back to Top
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 39116
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 21-Jan-2019 at 12:59pm
https://www.sport24.co.za/Rugby/CurrieCup/dlulane-launches-scathing-attack-on-former-colleague-20171103

Dlulane launches scathing attack on former colleague


Former Springbok loose forward Tim Dlulanehas launched a scathing attack on one of his former colleagues at the Bulls.

The 36-year-old made headlines this week when he hit out at his former union, the Bulls, who recently relieved him of his duties as team manager.

Dlulane claimed that the Bulls’ retrenchment process was a "smokescreen" and not transparent.

He also questioned the Bulls’ commitment to transformation as four of the five men who lost their jobs are black.

Sport24 contacted Dlulane for an exclusive interviewduring which he said he stood by his initial viewpoint.

He also said he believed the Bulls’ high performance manager, Xander Janse van Rensburg, was behind his dismissal.

“I think the fact that I didn’t get along with high performance manager Xander Janse van Rensburg had a role to play in my axing. I’m still a Blue Bull and can’t be against the brand, but Barend (van Graan, Bulls CEO) and Xander are the two individuals who wanted to get rid of me. They think they own the company, but they are only employees and their contracts will be over at some stage,” Dlulane said.

Dlulane said Janse van Rensburg played “a major role in terms of what went wrong at the Bulls over the last few seasons” and that he “created a toxic environment”.

“I believe he was the person that put my name forward for retrenchment. Barend has had to back him because he is the head of the department. Heyneke Meyer sold Xander to Barend as the messiah of recruitment. Heyneke - the former Bulls coach and director of rugby - took a liking to Xander and introduced him to Barend after the former told him that he had been following his career and wanted to learn from him.”

Dlulane feels Janse van Rensburg is not competent in his role.

“Xander started off scouting, recruiting and contracting junior players for the Bulls and was later promoted at the union. His title from 2012 has been high performance manager, but ever since his appointment he has acted as if he owns the Blue Bulls Company. Barend has stood by Xander when everyone else has been against him. Barend has to stand behind Xander because they are there together, but I believe a time will come when they no longer have the power. I’m not the only one who has raised concerns about Xander’s suitability. I don’t feel he is qualified for what he is doing at the Bulls. Almost everyone at the Bulls question Xander and you have to ask why Barend cannot see that he is being fooled by him.”

Back to Top
TunaLion View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 30-Mar-2016
Location: Ellis Park
Status: Offline
Points: 1776
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote TunaLion Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 21-Jan-2019 at 1:43pm
Klink of hy gif is vir die Bulle
Go LIONS!!!!!
Back to Top
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 39116
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 21-Jan-2019 at 2:00pm
Originally posted by TunaLion TunaLion wrote:

Klink of hy gif is vir die Bulle

Meeste mense met wie ek al ooit gepraat het reken die probleme begin by hom. Ek self het hom nog nooit ontmoet nie so het geen idee of dit so is nie.
Back to Top
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 39116
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 21-Jan-2019 at 2:01pm
Die Leeus het baie baat gevind by hom want hy is blykbaar die ou wat baie van die spelers wat na ons toe kom van die Bulle af, veroorsaak het om daar te wil loop
Back to Top
Lion4ever View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 30-Mar-2016
Location: Roodepoort
Status: Offline
Points: 2000
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Lion4ever Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 21-Jan-2019 at 2:20pm
It took a bit of time for the Lions leadership to turn things around, including  being booted out of SR, and getting rid of JM, before our fortunes started changing. So for any Bulls supporters, its still a long road ahead.
Back to Top
Leeubok View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 31-Mar-2016
Location: KZN
Status: Offline
Points: 4954
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Leeubok Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 21-Jan-2019 at 3:02pm
Originally posted by Transvaal Transvaal wrote:

Die Leeus het baie baat gevind by hom want hy is blykbaar die ou wat baie van die spelers wat na ons toe kom van die Bulle af, veroorsaak het om daar te wil loop

In daai geval like ek die ou kwaai, en hoop ek hy het nog baie suksevolle jare by die bulle! LOL
Back to Top
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 39116
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 21-Jan-2019 at 3:08pm
Presies....eers as hy waai kan ons bekommerd begin raak! LOL!
Back to Top
 Post Reply Post Reply
  Share Topic   

Forum Jump Forum Permissions View Drop Down

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd.

This page was generated in 0.070 seconds.