The Lions next play Scarlets at Ellis Park in the URC on 11 May 2025, kickoff is at 15:00 |
Malcolm Marx deur medespelers vereer |
Post Reply ![]() |
Author | |
Transvaal ![]() Admin Group ![]() Joined: 30-Mar-2016 Status: Offline Points: 40233 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() Posted: 11-Dec-2018 at 8:03pm |
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/malcolm-marx-deur-medespelers-vereer-20181211
Die Springbok-haker Malcolm Marx was Dinsdagaand in Sandton die groot wenner by die BrightRock Players Choice-prysuitdeling, waar hy met twee eerbewyse weggestap het. Marx (24), wat deur baie as die beste haker in wêreldrugby beskou word, is vereer met twee gesogte toekennings: as die Spelers se Speler van die Jaar én die Voorspeler van die Jaar. Hy het die Bok-kaptein, Siya Kolisi, wat ’n benoemde in albei dié kategorieë was en verlede jaar die twee toekennings verwerf het, uitgestof. Marx was vroeër vanjaar ook ’n benoemde as Wêreldrugby se Speler van die Jaar. Die ander benoemdes as Spelers se Speler van die Jaar was Aphiwe Dyantyi en Kwagga Smith. Smith en Pieter-Steph du Toit is ook benoem as Voorspeler van die Jaar. Die 24-jarige Dyantyi, ’n vleuel, is as Agterspeler van die Jaar bekroon. Hy het die veelsydige agterspeler Damian Willemse, die senter Lukhanyo Am en Zenay Jordaan van die Springbok-sewesspan om die prys uitgestof. Dyantyi, wat vanjaar sy Springbok-debuut gemaak het nadat hy in 2017 nog vir die Universiteit van Johannesburg in die Varsitybeker-reeks uitgedraf het, is ook vereer as die speler wat die meeste verbetering getoon het. Hy het net verlede maand weggestap met die prys as Wêreldrugby se Deurbraakspeler van die Jaar. Du Toit, wat op slot en as losvoorspeler vanjaar vir die Bokke diens gedoen het, is vereer as Verdediger van die Jaar. Die Bok-slot Franco Mostert, Kolisi en die Blitsbok Werner Kok was die ander benoemdes in die kategorie. Die Blitsbok Zain Davids is as die beste plaasvervanger vereer, terwyl die Leeu-losvoorspeler Hacjivah Dayimani die Ondersteuners se Speler van die Jaar is. Spelers se Speler van die Jaar: Malcolm Marx Voorspeler van die Jaar: Malcolm Marx Agterspeler van die Jaar: Aphiwe Dyantyi Verdediger van die Jaar: Pieter-Steph du Toit Beste Plaasvervanger: Zain Davids Meeste vordering: Aphiwe Dyantyi Ondersteuners se Speler van die Jaar: Hacjivah Dayimani |
|
![]() |
|
Transvaal ![]() Admin Group ![]() Joined: 30-Mar-2016 Status: Offline Points: 40233 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
En Bongi? Proudfoot se mos hy is net so goed soos Marx?
|
|
![]() |
|
Zibbie ![]() Koning Leeu ![]() Joined: 03-Apr-2016 Status: Offline Points: 1166 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
en Marx se lynstane is kak . Mense was bly hy het nie daardie laaste paar lynstane teen die franse gevat nie
|
|
![]() |
|
Goue Leeu ![]() Koning Leeu ![]() ![]() Joined: 18-Apr-2016 Status: Offline Points: 2219 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
Spelers se speler vd jaar, genomineer vir wêreldspeler vd jaar, twee gesogte wêreldspanne gehaal en dus ongetwyfeld beste haker in die wêreld volgens NZ en Engelse, laas jaar SA speler vd jaar en kan dit weer wen. Proudfoot en die ander Bongi fans maak hul name gat. Marx is 'n frats en pure wêreldklas, Bongi is okay... punt.
|
|
![]() |
|
WitBoer ![]() Koning Leeu ![]() ![]() Joined: 31-Mar-2016 Location: Bronkhorstsprui Status: Offline Points: 2163 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
Kom ons wees eerlik... As ons in 'n land ggebly het waar 'n sekere persentasie rasverteenwoording nie 'n vereiste was nie, was Bongi nie die 2de keuse hakker nie...
|
|
"Believe nothing, No matter where you read it, Or who has said it, Not even if I have said it, Unless it agrees with your own reason And your own common sense" - Buddha
|
|
![]() |
Post Reply ![]() |
|
Tweet
|
Forum Jump | Forum Permissions ![]() You cannot post new topics in this forum You cannot reply to topics in this forum You cannot delete your posts in this forum You cannot edit your posts in this forum You cannot create polls in this forum You cannot vote in polls in this forum |