Forum Home Forum Home > Rugby Competitions > Super Rugby
  New Posts New Posts RSS Feed - Leeus het Cyle dringend nodig
  FAQ FAQ  Forum Search   Events   Register Register  Login Login


The Lions next play the Stormers in Cape Town in the URC on 1 June 2024, kickoff is at 13:45

Leeus het Cyle dringend nodig

 Post Reply Post Reply Page  12>
Author
Message
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 39265
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Topic: Leeus het Cyle dringend nodig
    Posted: 06-Mar-2019 at 12:08pm
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/Super-Rugby/leeus-het-cyle-dringend-nodig-20190305

Nadat hulle Saterdag voorlangs van die veld gevee is, kan die Leeus sekerlik nie meer wag dat Cyle Brink van sy skouerbesering herstel nie.

Dit is nog nie duidelik of Brink gereed sal wees om die Jaguares Saterdag op Ellispark te pak nie, maar wat wél duidelik is, is dat die Leeus ’n sterk baldraer of twee in die agttal makeer.

Die Bulle het hulle Saterdag hul eerste loesing in vier jaar en 15 wedstryde teen ’n Suid-Afrikaanse span op Ellispark toegedien. Onderweg na hul sege van 30-12, het die Bulle die Leeus fisiek oorheers.

Die Leeus se lostrio van Marnus Schoeman, Kwagga Smith en Hacjivah Dayimani is beweeglik, maar het nie veel van ’n fisieke teenwoordigheid nie. Dít het Brink in oormaat. Al 113 kilogram van hom.

“Cyle sal nog so twee weke uit wees, dink ek,” het Philip Lemmer, die Leeus se voorspeler-afrigter, verlede Dinsdag gesê.

Die Leeus kon nie Maandag of Dinsdag meer besonderhede oor hul beseerdes verskaf nie, maar as die prognose nog nie verander het nie, behoort Brink volgende week gereed te wees om die Rebels te pak.

“Cyle was reusagtig vir ons verlede jaar; dit gaan wonderlik wees om hom terug te hê.

“Maar ons soek die régte Cyle terug, ons soek hom op 100%. Dit is nog ’n lang seisoen en ons wil nie met hom waag en hom dan weer aan ’n besering afstaan nie.

“Ons is baie opgewonde en dit is goed om hom elke dag te sien oefen. Hy gee 100% met alles wat hy doen, so dit gaan groot wees wanneer hy terugkom,” het Lemmer gesê.

Cyle was reusagtig vir ons verlede jaar; dit gaan wonderlik wees om hom terug te hê.

Brink (25) het verlede jaar geskitter in die Superrugby-reeks en selfs die aandag van die Springbok-breier, Rassie Erasmus, getrek.

Twee beserings op ongeleë tye het hom daarvan weerhou om sy Bok-buiging in 2018 te maak.

Erasmus sou hom by die groep vir die vier toetse in Junie (een teen Wallis, drie teen Engeland) insluit, maar Brink het kort voor die toetstyd ’n skouerbesering opgedoen.

Hy het sy fiksheid herwin en was deel van die Leeus se opmars in die uitspeelwedstryde. Brink is toe by die groep vir die Rugbykampioenskapsreeks ingesluit en sou waarskynlik sy Bok-buiging in die wegtoets teen Argentinië maak.

Toe beseer hy sy knie by ’n Bok-oefening in Durban en sedertdien het hy nog nie weer gespeel nie.

Die Leeus makeer ’n groot baldraer om hulle oor die voordeellyn te kry. Die losvoorspelers wat in die beginspan teen die Bulle was, is almal ligter as 100 kg.

Brink mag dalk net die doepa wees om die Gautengers weer te laat brul. As hulle ’n bietjie voorvoet-besit kan bewerkstellig, sal die agterlyn ook weer drieë druk.
Back to Top
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 39265
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 06-Mar-2019 at 12:11pm
Ek dink dis wensdenkery om te dink 1 speler gaan so groot verskil maak. Ek stem saam dat ons Cyle dringend nodig het op 7, maar 4 en 5 moet ook harder werk. En 1 tot 15 moet minder foute maak
Back to Top
Goue Leeu View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 18-Apr-2016
Status: Offline
Points: 2219
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Goue Leeu Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 06-Mar-2019 at 12:27pm
Originally posted by Transvaal Transvaal wrote:

Ek dink dis wensdenkery om te dink 1 speler gaan so groot verskil maak. Ek stem saam dat ons Cyle dringend nodig het op 7, maar 4 en 5 moet ook harder werk. En 1 tot 15 moet minder foute maak
Is so.. en Cyle gaan ook nie noodwendig dadelik op sy beste wees nie. Sal great wees om hom terug te hê, maar rugby is die "ultimate" SPAN-sport.
Back to Top
ROOIHART View Drop Down
Jong Leeu
Jong Leeu


Joined: 13-Apr-2016
Location: Johannesburg
Status: Offline
Points: 494
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote ROOIHART Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 06-Mar-2019 at 1:13pm
Stem Transvaal!

Wel stap in regte rigting maar gaan nie kits oplossing wees.
Back to Top
valie View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 02-Apr-2016
Location: ver van hier
Status: Offline
Points: 2677
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote valie Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 06-Mar-2019 at 2:28pm
Dis waar. Hoewel ek dink met hom terug, kan ons n meer gebalanseerde lostrio kies, wat meer as n kombinasie kan saamspeel.
Ek stem oor die slotte. Ek het wel n opgewonde gevoel oor Rhyno Herbst. Dis asof hy bietjie vir bietjie sy voete begin vind. Ek sal ook like om die jong Vermaak ook meer te sien blootstelling kry. 
Back to Top
GoLions View Drop Down
Jong Leeu
Jong Leeu


Joined: 14-Jan-2019
Status: Offline
Points: 357
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote GoLions Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 06-Mar-2019 at 6:08pm
Wat van Pikkie de Villiers op 7? Terwyl Cyle nog uit is
Back to Top
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 39265
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 06-Mar-2019 at 6:20pm
Ek het so tussen die lyne verneem dat daar wel 'n paar veranderings aan die span gaan wees, kom ons kyk wat gebeur more
Back to Top
Leeubok View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 31-Mar-2016
Location: KZN
Status: Offline
Points: 4954
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Leeubok Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 07-Mar-2019 at 7:08am
Originally posted by Transvaal Transvaal wrote:

Ek het so tussen die lyne verneem dat daar wel 'n paar veranderings aan die span gaan wees, kom ons kyk wat gebeur more

Dit sal 'n goeie ding wees in my opinie
Back to Top
Vaal Leeu 3 View Drop Down
Ervare Leeu
Ervare Leeu
Avatar

Joined: 04-Mar-2017
Location: Sasolburg
Status: Offline
Points: 647
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Vaal Leeu 3 Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 07-Mar-2019 at 7:49am
Sit nou en lees van Cobus Reinach. Sal nie omgee as hy so rukkie by Leeus kom uithang nie...
Back to Top
WitBoer View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 31-Mar-2016
Location: Bronkhorstsprui
Status: Offline
Points: 2162
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote WitBoer Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 07-Mar-2019 at 7:53am
Originally posted by Vaal Leeu 3 Vaal Leeu 3 wrote:

Sit nou en lees van Cobus Reinach. Sal nie omgee as hy so rukkie by Leeus kom uithang nie...
Ek dink ons sal reg wees op 9 met Ross en Dillon Smit. Maar die probleem is dat dit lyk of die afrigters baie vas glo in Groom se vermoee........
"Believe nothing, No matter where you read it, Or who has said it, Not even if I have said it, Unless it agrees with your own reason And your own common sense" - Buddha
Back to Top
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 39265
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 07-Mar-2019 at 8:15am
Die Leeus het gewoonlik 'n sessie met die media op 'n Dinsdag waar die medie met die spelers kan praat, hierdie week is die sessie geskuif na Donderdag sodat dit na die span aankondiging is.


Back to Top
Paul View Drop Down
Jong Leeu
Jong Leeu


Joined: 22-Apr-2017
Location: Gauteng
Status: Offline
Points: 244
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Paul Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 07-Mar-2019 at 8:44am
Originally posted by Vaal Leeu 3 Vaal Leeu 3 wrote:

Sit nou en lees van Cobus Reinach. Sal nie omgee as hy so rukkie by Leeus kom uithang nie...
sal n goeie idee wees
Back to Top
Leeubok View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 31-Mar-2016
Location: KZN
Status: Offline
Points: 4954
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Leeubok Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 07-Mar-2019 at 8:59am
Originally posted by Transvaal Transvaal wrote:

Die Leeus het gewoonlik 'n sessie met die media op 'n Dinsdag waar die medie met die spelers kan praat, hierdie week is die sessie geskuif na Donderdag sodat dit na die span aankondiging is.



Hoe laat is span aankondiging vandag?
Back to Top
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 39265
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 07-Mar-2019 at 9:03am
12:30
Back to Top
Leeubok View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 31-Mar-2016
Location: KZN
Status: Offline
Points: 4954
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Leeubok Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 07-Mar-2019 at 9:05am
Originally posted by Transvaal Transvaal wrote:

12:30

Dankie, ek wag in spanning om te sien watse veranderings Swys gaan maak..
Back to Top
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 39265
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 07-Mar-2019 at 9:21am
Ek gaan raai/hoop dat Ross op 9 gaan begin. Dalk kan hy Pikkie de Villiers op 7 speel vir ekstra gewig/grootte in die pak. Klink of Orie oor sy besering is so hy sal seker terug wees op slot. En dan kan mens seker iets op Senter verwag
Back to Top
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 39265
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 07-Mar-2019 at 9:44am
Dit klink vir my of Van der Sluys van vandag af by die Leeus is, maar verseker te gou om in die span te wees
Back to Top
Leeubok View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 31-Mar-2016
Location: KZN
Status: Offline
Points: 4954
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Leeubok Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 07-Mar-2019 at 9:45am
Originally posted by Transvaal Transvaal wrote:

Ek gaan raai/hoop dat Ross op 9 gaan begin. Dalk kan hy Pikkie de Villiers op 7 speel vir ekstra gewig/grootte in die pak. Klink of Orie oor sy besering is so hy sal seker terug wees op slot. En dan kan mens seker iets op Senter verwag

Ons kan maar net hoop.. Ek sal Boeboes ook bank toe jaag en met Mahuza of Commies op 15 begin
Back to Top
Attie Karate View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 31-Mar-2016
Status: Offline
Points: 1506
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Attie Karate Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 07-Mar-2019 at 9:52am
Originally posted by Leeubok Leeubok wrote:

Originally posted by Transvaal Transvaal wrote:

Ek gaan raai/hoop dat Ross op 9 gaan begin. Dalk kan hy Pikkie de Villiers op 7 speel vir ekstra gewig/grootte in die pak. Klink of Orie oor sy besering is so hy sal seker terug wees op slot. En dan kan mens seker iets op Senter verwag

Ons kan maar net hoop.. Ek sal Boeboes ook bank toe jaag en met Mahuza of Commies op 15 begin


Ek dink Ross en Orie gaan al veranderings wees.
Up the Vaal!
Back to Top
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 39265
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 07-Mar-2019 at 9:55am
Ek hoor van iemand anders wat moontlik inside info het dat Mapoe op die bank is, Hacjivah ook, met Kwagga op 8, Marnus op 6 en Tshituka op 7.  As Mapoe op die bank is, is dit waarskynlik Simelane wat op 13 sal speel
Back to Top
Leeubok View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 31-Mar-2016
Location: KZN
Status: Offline
Points: 4954
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Leeubok Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 07-Mar-2019 at 10:04am
Originally posted by Transvaal Transvaal wrote:

Ek hoor van iemand anders wat moontlik inside info het dat Mapoe op die bank is, Hacjivah ook, met Kwagga op 8, Marnus op 6 en Tshituka op 7.  As Mapoe op die bank is, is dit waarskynlik Simelane wat op 13 sal speel

Interessant!
Back to Top
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 39265
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 07-Mar-2019 at 10:06am
Dieselfde persoon se ook daar was gister wrywing tussen die Coach en CEO
Back to Top
Leeubok View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 31-Mar-2016
Location: KZN
Status: Offline
Points: 4954
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Leeubok Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 07-Mar-2019 at 10:09am
Originally posted by Transvaal Transvaal wrote:

Dieselfde persoon se ook daar was gister wrywing tussen die Coach en CEO

Dit is nie goed nie! Ons soek nie nou issues van die veld af nie.. Ek lees ook elders Swys is een van 3 kandidate wat Rassie oorweeg as bok afrigter van 2020 af..
Back to Top
WitBoer View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 31-Mar-2016
Location: Bronkhorstsprui
Status: Offline
Points: 2162
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote WitBoer Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 07-Mar-2019 at 10:11am
Originally posted by Transvaal Transvaal wrote:

Ek hoor van iemand anders wat moontlik inside info het dat Mapoe op die bank is, Hacjivah ook, met Kwagga op 8, Marnus op 6 en Tshituka op 7.  As Mapoe op die bank is, is dit waarskynlik Simelane wat op 13 sal speel
Mapoe is nie die groot probleem nie... 
"Believe nothing, No matter where you read it, Or who has said it, Not even if I have said it, Unless it agrees with your own reason And your own common sense" - Buddha
Back to Top
petri View Drop Down
Jong Leeu
Jong Leeu


Joined: 04-Apr-2016
Status: Offline
Points: 230
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote petri Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 07-Mar-2019 at 10:12am
Originally posted by Leeubok Leeubok wrote:

Originally posted by Transvaal Transvaal wrote:

Dieselfde persoon se ook daar was gister wrywing tussen die Coach en CEO

Dit is nie goed nie! Ons soek nie nou issues van die veld af nie.. Ek lees ook elders Swys is een van 3 kandidate wat Rassie oorweeg as bok afrigter van 2020 af..

Wel dit sal nie reg wees nie. In my opinie MOET Johann Ackerman die eerste opsie wees, Swys ry nog al die pad op wat Johann gebou het.
Back to Top
 Post Reply Post Reply Page  12>
  Share Topic   

Forum Jump Forum Permissions View Drop Down

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd.

This page was generated in 0.188 seconds.