Print Page | Close Window

Leeus het Cyle dringend nodig

Printed From: Lionsworld
Category: Rugby Competitions
Forum Name: Super Rugby
Forum Description: Super Rugby
URL: http://www.lionsworld.co.za/forumnew/forum_posts.asp?TID=7607
Printed Date: 09-Jun-2024 at 2:13am
Software Version: Web Wiz Forums 12.01 - http://www.webwizforums.com

Topic: Leeus het Cyle dringend nodig
Posted By: Transvaal
Subject: Leeus het Cyle dringend nodig
Date Posted: 06-Mar-2019 at 12:08pm
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/Super-Rugby/leeus-het-cyle-dringend-nodig-20190305%20" rel="nofollow - https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/Super-Rugby/leeus-het-cyle-dringend-nodig-20190305

Nadat hulle Saterdag voorlangs van die veld gevee is, kan die Leeus sekerlik nie meer wag dat Cyle Brink van sy skouerbesering herstel nie.

Dit is nog nie duidelik of Brink gereed sal wees om die Jaguares Saterdag op Ellispark te pak nie, maar wat wél duidelik is, is dat die Leeus ’n sterk baldraer of twee in die agttal makeer.

Die Bulle het hulle Saterdag hul eerste loesing in vier jaar en 15 wedstryde teen ’n Suid-Afrikaanse span op Ellispark toegedien. Onderweg na hul sege van 30-12, het die Bulle die Leeus fisiek oorheers.

Die Leeus se lostrio van Marnus Schoeman, Kwagga Smith en Hacjivah Dayimani is beweeglik, maar het nie veel van ’n fisieke teenwoordigheid nie. Dít het Brink in oormaat. Al 113 kilogram van hom.

“Cyle sal nog so twee weke uit wees, dink ek,” het Philip Lemmer, die Leeus se voorspeler-afrigter, verlede Dinsdag gesê.

Die Leeus kon nie Maandag of Dinsdag meer besonderhede oor hul beseerdes verskaf nie, maar as die prognose nog nie verander het nie, behoort Brink volgende week gereed te wees om die Rebels te pak.

“Cyle was reusagtig vir ons verlede jaar; dit gaan wonderlik wees om hom terug te hê.

“Maar ons soek die régte Cyle terug, ons soek hom op 100%. Dit is nog ’n lang seisoen en ons wil nie met hom waag en hom dan weer aan ’n besering afstaan nie.

“Ons is baie opgewonde en dit is goed om hom elke dag te sien oefen. Hy gee 100% met alles wat hy doen, so dit gaan groot wees wanneer hy terugkom,” het Lemmer gesê.

Cyle was reusagtig vir ons verlede jaar; dit gaan wonderlik wees om hom terug te hê.

Brink (25) het verlede jaar geskitter in die Superrugby-reeks en selfs die aandag van die Springbok-breier, Rassie Erasmus, getrek.

Twee beserings op ongeleë tye het hom daarvan weerhou om sy Bok-buiging in 2018 te maak.

Erasmus sou hom by die groep vir die vier toetse in Junie (een teen Wallis, drie teen Engeland) insluit, maar Brink het kort voor die toetstyd ’n skouerbesering opgedoen.

Hy het sy fiksheid herwin en was deel van die Leeus se opmars in die uitspeelwedstryde. Brink is toe by die groep vir die Rugbykampioenskapsreeks ingesluit en sou waarskynlik sy Bok-buiging in die wegtoets teen Argentinië maak.

Toe beseer hy sy knie by ’n Bok-oefening in Durban en sedertdien het hy nog nie weer gespeel nie.

Die Leeus makeer ’n groot baldraer om hulle oor die voordeellyn te kry. Die losvoorspelers wat in die beginspan teen die Bulle was, is almal ligter as 100 kg.

Brink mag dalk net die doepa wees om die Gautengers weer te laat brul. As hulle ’n bietjie voorvoet-besit kan bewerkstellig, sal die agterlyn ook weer drieë druk.

Replies:
Posted By: Transvaal
Date Posted: 06-Mar-2019 at 12:11pm
Ek dink dis wensdenkery om te dink 1 speler gaan so groot verskil maak. Ek stem saam dat ons Cyle dringend nodig het op 7, maar 4 en 5 moet ook harder werk. En 1 tot 15 moet minder foute maak

Posted By: Goue Leeu
Date Posted: 06-Mar-2019 at 12:27pm
Originally posted by Transvaal Transvaal wrote:

Ek dink dis wensdenkery om te dink 1 speler gaan so groot verskil maak. Ek stem saam dat ons Cyle dringend nodig het op 7, maar 4 en 5 moet ook harder werk. En 1 tot 15 moet minder foute maak
Is so.. en Cyle gaan ook nie noodwendig dadelik op sy beste wees nie. Sal great wees om hom terug te hê, maar rugby is die "ultimate" SPAN-sport.

Posted By: ROOIHART
Date Posted: 06-Mar-2019 at 1:13pm
Stem Transvaal!

Wel stap in regte rigting maar gaan nie kits oplossing wees.

Posted By: valie
Date Posted: 06-Mar-2019 at 2:28pm
Dis waar. Hoewel ek dink met hom terug, kan ons n meer gebalanseerde lostrio kies, wat meer as n kombinasie kan saamspeel.
Ek stem oor die slotte. Ek het wel n opgewonde gevoel oor Rhyno Herbst. Dis asof hy bietjie vir bietjie sy voete begin vind. Ek sal ook like om die jong Vermaak ook meer te sien blootstelling kry. 

Posted By: GoLions
Date Posted: 06-Mar-2019 at 6:08pm
Wat van Pikkie de Villiers op 7? Terwyl Cyle nog uit is

Posted By: Transvaal
Date Posted: 06-Mar-2019 at 6:20pm
Ek het so tussen die lyne verneem dat daar wel 'n paar veranderings aan die span gaan wees, kom ons kyk wat gebeur more

Posted By: Leeubok
Date Posted: 07-Mar-2019 at 7:08am
Originally posted by Transvaal Transvaal wrote:

Ek het so tussen die lyne verneem dat daar wel 'n paar veranderings aan die span gaan wees, kom ons kyk wat gebeur more

Dit sal 'n goeie ding wees in my opinie

Posted By: Vaal Leeu 3
Date Posted: 07-Mar-2019 at 7:49am
Sit nou en lees van Cobus Reinach. Sal nie omgee as hy so rukkie by Leeus kom uithang nie...

Posted By: WitBoer
Date Posted: 07-Mar-2019 at 7:53am
Originally posted by Vaal Leeu 3 Vaal Leeu 3 wrote:

Sit nou en lees van Cobus Reinach. Sal nie omgee as hy so rukkie by Leeus kom uithang nie...
Ek dink ons sal reg wees op 9 met Ross en Dillon Smit. Maar die probleem is dat dit lyk of die afrigters baie vas glo in Groom se vermoee........

-------------
"Believe nothing, No matter where you read it, Or who has said it, Not even if I have said it, Unless it agrees with your own reason And your own common sense" - Buddha

Posted By: Transvaal
Date Posted: 07-Mar-2019 at 8:15am
Die Leeus het gewoonlik 'n sessie met die media op 'n Dinsdag waar die medie met die spelers kan praat, hierdie week is die sessie geskuif na Donderdag sodat dit na die span aankondiging is.

Posted By: Paul
Date Posted: 07-Mar-2019 at 8:44am
Originally posted by Vaal Leeu 3 Vaal Leeu 3 wrote:

Sit nou en lees van Cobus Reinach. Sal nie omgee as hy so rukkie by Leeus kom uithang nie...
sal n goeie idee wees

Posted By: Leeubok
Date Posted: 07-Mar-2019 at 8:59am
Originally posted by Transvaal Transvaal wrote:

Die Leeus het gewoonlik 'n sessie met die media op 'n Dinsdag waar die medie met die spelers kan praat, hierdie week is die sessie geskuif na Donderdag sodat dit na die span aankondiging is.

Hoe laat is span aankondiging vandag?

Posted By: Transvaal
Date Posted: 07-Mar-2019 at 9:03am
12:30

Posted By: Leeubok
Date Posted: 07-Mar-2019 at 9:05am
Originally posted by Transvaal Transvaal wrote:

12:30

Dankie, ek wag in spanning om te sien watse veranderings Swys gaan maak..

Posted By: Transvaal
Date Posted: 07-Mar-2019 at 9:21am
Ek gaan raai/hoop dat Ross op 9 gaan begin. Dalk kan hy Pikkie de Villiers op 7 speel vir ekstra gewig/grootte in die pak. Klink of Orie oor sy besering is so hy sal seker terug wees op slot. En dan kan mens seker iets op Senter verwag

Posted By: Transvaal
Date Posted: 07-Mar-2019 at 9:44am
Dit klink vir my of Van der Sluys van vandag af by die Leeus is, maar verseker te gou om in die span te wees

Posted By: Leeubok
Date Posted: 07-Mar-2019 at 9:45am
Originally posted by Transvaal Transvaal wrote:

Ek gaan raai/hoop dat Ross op 9 gaan begin. Dalk kan hy Pikkie de Villiers op 7 speel vir ekstra gewig/grootte in die pak. Klink of Orie oor sy besering is so hy sal seker terug wees op slot. En dan kan mens seker iets op Senter verwag

Ons kan maar net hoop.. Ek sal Boeboes ook bank toe jaag en met Mahuza of Commies op 15 begin

Posted By: Attie Karate
Date Posted: 07-Mar-2019 at 9:52am
Originally posted by Leeubok Leeubok wrote:

Originally posted by Transvaal Transvaal wrote:

Ek gaan raai/hoop dat Ross op 9 gaan begin. Dalk kan hy Pikkie de Villiers op 7 speel vir ekstra gewig/grootte in die pak. Klink of Orie oor sy besering is so hy sal seker terug wees op slot. En dan kan mens seker iets op Senter verwag

Ons kan maar net hoop.. Ek sal Boeboes ook bank toe jaag en met Mahuza of Commies op 15 begin

Ek dink Ross en Orie gaan al veranderings wees.

-------------
Up the Vaal!

Posted By: Transvaal
Date Posted: 07-Mar-2019 at 9:55am
Ek hoor van iemand anders wat moontlik inside info het dat Mapoe op die bank is, Hacjivah ook, met Kwagga op 8, Marnus op 6 en Tshituka op 7.  As Mapoe op die bank is, is dit waarskynlik Simelane wat op 13 sal speel

Posted By: Leeubok
Date Posted: 07-Mar-2019 at 10:04am
Originally posted by Transvaal Transvaal wrote:

Ek hoor van iemand anders wat moontlik inside info het dat Mapoe op die bank is, Hacjivah ook, met Kwagga op 8, Marnus op 6 en Tshituka op 7.  As Mapoe op die bank is, is dit waarskynlik Simelane wat op 13 sal speel

Interessant!

Posted By: Transvaal
Date Posted: 07-Mar-2019 at 10:06am
Dieselfde persoon se ook daar was gister wrywing tussen die Coach en CEO

Posted By: Leeubok
Date Posted: 07-Mar-2019 at 10:09am
Originally posted by Transvaal Transvaal wrote:

Dieselfde persoon se ook daar was gister wrywing tussen die Coach en CEO

Dit is nie goed nie! Ons soek nie nou issues van die veld af nie.. Ek lees ook elders Swys is een van 3 kandidate wat Rassie oorweeg as bok afrigter van 2020 af..

Posted By: WitBoer
Date Posted: 07-Mar-2019 at 10:11am
Originally posted by Transvaal Transvaal wrote:

Ek hoor van iemand anders wat moontlik inside info het dat Mapoe op die bank is, Hacjivah ook, met Kwagga op 8, Marnus op 6 en Tshituka op 7.  As Mapoe op die bank is, is dit waarskynlik Simelane wat op 13 sal speel
Mapoe is nie die groot probleem nie... 

-------------
"Believe nothing, No matter where you read it, Or who has said it, Not even if I have said it, Unless it agrees with your own reason And your own common sense" - Buddha

Posted By: petri
Date Posted: 07-Mar-2019 at 10:12am
Originally posted by Leeubok Leeubok wrote:

Originally posted by Transvaal Transvaal wrote:

Dieselfde persoon se ook daar was gister wrywing tussen die Coach en CEO

Dit is nie goed nie! Ons soek nie nou issues van die veld af nie.. Ek lees ook elders Swys is een van 3 kandidate wat Rassie oorweeg as bok afrigter van 2020 af..

Wel dit sal nie reg wees nie. In my opinie MOET Johann Ackerman die eerste opsie wees, Swys ry nog al die pad op wat Johann gebou het.

Posted By: Leeubok
Date Posted: 07-Mar-2019 at 10:15am
Originally posted by petri petri wrote:

Kyk, ons wou almal he Swys moes die Leeu pos kry en 'n kans gegun word. Alhoewel ons laasjaar weer die finaal gehaal het en 'n klomp spelers verloor het, is daar nou tekens van krake en het ons spel agteruit gegaan. 

Die ander kandidate wat genoem was vir die bok pas was Deon Davids en iemand van WP, kan nou nie onthou wie dit was nie

Posted By: TunaLion
Date Posted: 07-Mar-2019 at 10:20am
Probleem is nie so erg met Mapoe nie, maar met Harold. Wens hulle sal bietjie vir iemand anders daar probeer, ons het so baie ander opsies....

-------------
Go LIONS!!!!!

Posted By: Transvaal
Date Posted: 07-Mar-2019 at 10:22am
Dalk is Swys nog vies oor die insident van Mapoe se hoogvat op Papier. Dit was nogal beenkop

Posted By: TunaLion
Date Posted: 07-Mar-2019 at 10:24am
Originally posted by Leeubok Leeubok wrote:

Originally posted by petri petri wrote:

Originally posted by Leeubok Leeubok wrote:

Originally posted by Transvaal Transvaal wrote:

Dieselfde persoon se ook daar was gister wrywing tussen die Coach en CEO

Dit is nie goed nie! Ons soek nie nou issues van die veld af nie.. Ek lees ook elders Swys is een van 3 kandidate wat Rassie oorweeg as bok afrigter van 2020 af..

Wel dit sal nie reg wees nie. In my opinie MOET Johann Ackerman die eerste opsie wees, Swys ry nog al die pad op wat Johann gebou het.

Kyk, ons wou almal he Swys moes die Leeu pos kry en 'n kans gegun word. Alhoewel ons laasjaar weer die finaal gehaal het en 'n klomp spelers verloor het, is daar nou tekens van krake en het ons spel agteruit gegaan. 

Die ander kandidate wat genoem was vir die bok pas was Deon Davids en iemand van WP, kan nou nie onthou wie dit was nie

Jacques Nienaber is die ander naam op die lys, wat eintlik heel belaglik is. Hy is nog altyd net die defensive coach, hyt mos geen kwalifikasies om as n hoofafrigter gekies te word nie.

-------------
Go LIONS!!!!!

Posted By: TunaLion
Date Posted: 07-Mar-2019 at 10:26am
Originally posted by Transvaal Transvaal wrote:

Dalk is Swys nog vies oor die insident van Mapoe se hoogvat op Papier. Dit was nogal beenkop

Dit mag dalk so wees. Ek dink ekt twee verskillende onderhoude met Swys gesien waar hy van daardie insident gepraat het.

-------------
Go LIONS!!!!!

Posted By: PaBz0r
Date Posted: 07-Mar-2019 at 10:31am
Originally posted by Leeubok Leeubok wrote:

Kyk, ons wou almal he Swys moes die Leeu pos kry en 'n kans gegun word. Alhoewel ons laasjaar weer die finaal gehaal het en 'n klomp spelers verloor het, is daar nou tekens van krake en het ons spel agteruit gegaan.

Die krake is ook agv ouens wat nog baie groen was en steeds is. Senior rugby is nie speletjies nie en veral nie Super Rugby nie. 

Posted By: Transvaal
Date Posted: 07-Mar-2019 at 10:36am
Originally posted by TunaLion TunaLion wrote:

Probleem is nie so erg met Mapoe nie, maar met Harold. Wens hulle sal bietjie vir iemand anders daar probeer, ons het so baie ander opsies....

Ons het nie regtig so baie opsies op 12 nie, Reynolds kan 12 speel maar is nie 'n spesialis 12 nie, ons enigste spesialis binnesenters waaraan ek kan dink is Naude (leenspeler van Bulle) en Manny Ras

Posted By: TunaLion
Date Posted: 07-Mar-2019 at 10:41am
Originally posted by Transvaal Transvaal wrote:

Originally posted by TunaLion TunaLion wrote:

Probleem is nie so erg met Mapoe nie, maar met Harold. Wens hulle sal bietjie vir iemand anders daar probeer, ons het so baie ander opsies....

Ons het nie regtig so baie opsies op 12 nie, Reynolds kan 12 speel maar is nie 'n spesialis 12 nie, ons enigste spesialis binnesenters waaraan ek kan dink is Naude (leenspeler van Bulle) en Manny Ras

Enige een van daardie opsies sal n verbetering wees. Ek dink al drie is redelik goed. Ons kan selfs Lombaard daar speel en dit sal n verbetering wees, al mag hy dalk bietjie aan die ligte kan wees. Maar persoonlik sal ek vir Naude n kans gee al weet ek nie baie van hom af nie behalwe dat hy blykbaar baie soos Rohan is.

-------------
Go LIONS!!!!!

Posted By: petri
Date Posted: 07-Mar-2019 at 10:42am
Originally posted by Transvaal Transvaal wrote:

Originally posted by TunaLion TunaLion wrote:

Probleem is nie so erg met Mapoe nie, maar met Harold. Wens hulle sal bietjie vir iemand anders daar probeer, ons het so baie ander opsies....

Ons het nie regtig so baie opsies op 12 nie, Reynolds kan 12 speel maar is nie 'n spesialis 12 nie, ons enigste spesialis binnesenters waaraan ek kan dink is Naude (leenspeler van Bulle) en Manny Ras

Ek voel ook dat ek eerder vir Harrie sal drop. Ek luv die ou, maar hy speel op die oomblik nie op standaard nie. En dit het vir my gevoel of die agterlyn meer rigting het toe Naude opgekom het. Ons het iemand nodig om van Eltin af te speel, en met Harrie voel dit asof die hele agterlyn net drift.

Side note, hoe groot is Manny? In my kop is hy bietjie klein vir binnesenter, of dink ek aan die verkeerde persoon?

Posted By: TunaLion
Date Posted: 07-Mar-2019 at 10:43am
Soms is dit ook goed om iets nuuts te probeer, n "unknown" speler n kans te gee. Die opposisie weet nie wat on te verwag nie en kan nie planne maak teen daardie speler se spelstyl nie. Maar ja, dit werk ook anders om en kan backfire teen ons.

-------------
Go LIONS!!!!!

Posted By: Leeubok
Date Posted: 07-Mar-2019 at 10:44am
Is 'n senter kombinasie nie ook baie belangrik nie? Waarom begin Swys nie dalk n nuwe kombinasie groom nie? Ras-Simelani? Of Naude-Simelani?

Tyrone Green, hy is mos n vleuel?

Posted By: TunaLion
Date Posted: 07-Mar-2019 at 10:46am
Die een absolute ding waaroor ons almal saam kan stem is dat Groom totaal gedrop moet word en glad nie in die span moet wees nie.

-------------
Go LIONS!!!!!

Posted By: WitBoer
Date Posted: 07-Mar-2019 at 10:54am
Originally posted by TunaLion TunaLion wrote:

Die een absolute ding waaroor ons almal saam kan stem is dat Groom totaal gedrop moet word en glad nie in die span moet wees nie.
En sommer aan die Kings of Cheetahs of WP geleen moet word.

-------------
"Believe nothing, No matter where you read it, Or who has said it, Not even if I have said it, Unless it agrees with your own reason And your own common sense" - Buddha

Posted By: WitBoer
Date Posted: 07-Mar-2019 at 10:54am
Originally posted by WitBoer WitBoer wrote:

Originally posted by TunaLion TunaLion wrote:

Die een absolute ding waaroor ons almal saam kan stem is dat Groom totaal gedrop moet word en glad nie in die span moet wees nie.
En sommer aan die Kings of Cheetahs of WP geleen moet word.
Tot sy kontrak verstryk.

-------------
"Believe nothing, No matter where you read it, Or who has said it, Not even if I have said it, Unless it agrees with your own reason And your own common sense" - Buddha

Posted By: Lion4ever
Date Posted: 07-Mar-2019 at 11:20am
Originally posted by WitBoer WitBoer wrote:

Originally posted by TunaLion TunaLion wrote:

Die een absolute ding waaroor ons almal saam kan stem is dat Groom totaal gedrop moet word en glad nie in die span moet wees nie.
En sommer aan die Kings of Cheetahs of WP geleen moet word.
Maybe a straight swop for Shaun Venter?

Posted By: valie
Date Posted: 07-Mar-2019 at 11:45am
Originally posted by petri petri wrote:

Originally posted by Leeubok Leeubok wrote:

Originally posted by Transvaal Transvaal wrote:

Dieselfde persoon se ook daar was gister wrywing tussen die Coach en CEO

Dit is nie goed nie! Ons soek nie nou issues van die veld af nie.. Ek lees ook elders Swys is een van 3 kandidate wat Rassie oorweeg as bok afrigter van 2020 af..

Wel dit sal nie reg wees nie. In my opinie MOET Johann Ackerman die eerste opsie wees, Swys ry nog al die pad op wat Johann gebou het.
Ackermann het by no means daai groep alleen gebou nie. Swys en al die ander hulp afrigters het netso veel aandeel as hy daarin. Ons het in die laaste 2-3 jaar klomp spelers verloor, waaronder 7 Springbokke. (Julian, Dreyer, Sous, Kriel, Akker, Faf Rohan), en dan nog van Rooyen, Ferreira, Ackermann jnr, Corne Fourie. Dan praat ons nie eers van beserings nie.

Haal 7 All Blacks uit die Crusaders uit, en kyk of hulle nog so goed is.

Posted By: Transvaal
Date Posted: 07-Mar-2019 at 11:53am
Swys is baie gesteld daarop dat hy deel was van Ackers se 71 wedstryde in beheer

Posted By: PaBz0r
Date Posted: 07-Mar-2019 at 12:07pm
Ackers en Swys was n span wat se dinamika goed gewerk het, gaan kyk maar na die ander spanne, hoeveel stories is daar nie altyd tussen mekaar nie. Ons kan moontlik nou weer sit in so situasie waar dinge nie lekker tussen hulle ook altyd is nie en miskien nie dieselfde idees het of visie nie. 

Ons moet ook nie vergeet hoe groot invloed Ferriera ook in daai dinamika gehad het nie.

Posted By: Leeubok
Date Posted: 07-Mar-2019 at 12:12pm
Originally posted by valie valie wrote:

Originally posted by petri petri wrote:

Originally posted by Leeubok Leeubok wrote:

Originally posted by Transvaal Transvaal wrote:

Dieselfde persoon se ook daar was gister wrywing tussen die Coach en CEO

Dit is nie goed nie! Ons soek nie nou issues van die veld af nie.. Ek lees ook elders Swys is een van 3 kandidate wat Rassie oorweeg as bok afrigter van 2020 af..

Wel dit sal nie reg wees nie. In my opinie MOET Johann Ackerman die eerste opsie wees, Swys ry nog al die pad op wat Johann gebou het.
Ackermann het by no means daai groep alleen gebou nie. Swys en al die ander hulp afrigters het netso veel aandeel as hy daarin. Ons het in die laaste 2-3 jaar klomp spelers verloor, waaronder 7 Springbokke. (Julian, Dreyer, Sous, Kriel, Akker, Faf Rohan), en dan nog van Rooyen, Ferreira, Ackermann jnr, Corne Fourie. Dan praat ons nie eers van beserings nie.

Haal 7 All Blacks uit die Crusaders uit, en kyk of hulle nog so goed is.

Um, ek dink hulle sal steeds so goed wees! Hul het dan sommer die heel eerste seisoen met Robertson aan die stuur die kompetisie gewen. By hulle is daar nooit sprake van "bou" of verskonings van jonk en onervare nie..

Posted By: valie
Date Posted: 07-Mar-2019 at 12:45pm

Ja, dit was Hulle coach se eerste jaar, maar hy het n gevestigde span gekry, en nie naastenby soveel spelers verloor as ons nie. Verder het Ackermann ook nie n SR finaal gehaal voor sy 3de of 4de jaar as afrigter nie

Ons weet ook almal dat Kwagga se breinpoep ons daai game gekos het.

Kom ons haal gou vir hulle all Black voorry, Barrett (die slot), Matt Todd en Reid uit hulle pak, en jy sal sien hoe dreun die ander spanne hulle.

Posted By: Leeubok
Date Posted: 07-Mar-2019 at 1:07pm
As ek reg onthou het Read baie van daai seisoen gemis, kannie onthou of dit 'n besering of sabbatical was nie. Mens kan seker nie stry dat as jy 'n klomp AB's uithaal hulle verswak sal wees nie.. MAAR hulle plaasvervanger sal die stepup baie vinniger en beter maak as wat ons SA'ners doen. En hulle sal nie sommer begin verloor teen die Bulls of Wp soos wat ons sopas gedoen het nie. Plus, ons het nogsteeds n kern baie ervare spelers. WW, Marx, Kwagga, Elton, Vorster, Mapoe, Skosan, Commies, Boeboes... Dis juis ons ervare spelers wat ons die vorige 2 games in die steek gelaat het. So het hulle oornag ewe skielik slegte spelers geword? Of is die span swakker afgerig?

Posted By: WitBoer
Date Posted: 07-Mar-2019 at 1:26pm
Ons moet ook nie vergeet dan Ackermann (en Swys) 'n span moes bymekaar skraap, meestal weggooi spelers van ander unies, sonder baie "Senior" spelers se hulp kon hy hulle in 'n span saamsnoer wat deur vuur vir hom en mekaar sou loop nie. Hy het hulle die vryheid gegee om te speel volgens hulle instinkte en hulle was vry om kanse te waag.
Dit is die groot verskil, Ackermann kon 'n span bou, Swys sukkel daarmee. Ek glo nie 'n mens hoef op daardie vlak vir spelers te leer hoe om 'n bal te vang en sulke basiese dinge nie. 
Jy moet net die spelers kry om te geniet wat hulle doen, in hulself en mekaar te glo en mekaar te vertrou. 
Swys faal daarin, dit lyk nie of die spelers mekaar vertrou nie en dit lyk glad nie of hulle geniet wat hulle doen nie. Die spelers het mekaar ondersteun en nie op mekaar geskree en baklei as dinge nie uitwerk nie...
In my opinie is spangees op die stadium ons grootste probleem... Ackermann se span was soos broers, daarom is hulle so gretig om by hom aan te sluit by Gloucester

-------------
"Believe nothing, No matter where you read it, Or who has said it, Not even if I have said it, Unless it agrees with your own reason And your own common sense" - Buddha

Print Page | Close Window

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01 - http://www.webwizforums.com
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd. - https://www.webwiz.net