The Lions next play Scarlets at Ellis Park in the URC on 11 May 2025, kickoff is at 15:00 |
April, Zeilinga in Bulle se visier ná Boshoff-ter |
Post Reply ![]() |
Author | |
Transvaal ![]() Admin Group ![]() Joined: 30-Mar-2016 Status: Offline Points: 40233 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() Posted: 02-Dec-2018 at 6:53pm |
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/april-zeilinga-in-bulle-se-visier-na-boshoff-terugslag-20181201
Die Bulle oorweeg Garth April en Fred Zeilinga as opsies om hul losskakel-diepte te verbeter nadat dit bekend geword het dat Marnitz Boshoff moontlik die begin van die Superreeks weens ’n kniebesering sal misloop. Met die instemming van Griekwas sal Tinus de Beer hom ook eers ná die Varsitybeker-reeks by sy nuwe unie in Kimberley aansluit. Hy het die week saam met die Bulle geoefen en sal Tuks in die Varsitybeker verteenwoordig. Handré Pollard is die Bulle se voorste losskakel, met Manie Libbok as sy adjudant. As Boshoff nie betyds herstel nie, is hul diepte dus erg uitgedun. Victor Matfield sal as die Bulle se nuwe hoofafrigter uiteraard ’n groot sê hê in wie van April of Zeilinga in sy planne pas. Braam van Straaten, een van die Haaie se hulpafrigters, het egter die week in ’n radioprogram bevestig April is een van die spelers wat hulle verlaat. Hy speel tans vir die Japanse klubspan NTT Shining Arcs. Die 27-jarige April was aanvanklik ná sy skuif uit die Kaap ’n groot gunsteling in Durban. Hy het soveel indruk gemaak dat hy vir die Suid-Afrikaanse A-span gekies is. Hy is selfs deur Allister Coetzee na ’n Springbok-oefenkamp genooi. Hy is daarna weens dissiplinêre redes na die Haaie se laer spanne gepos. Zeilinga speel tans vir Coetzee se Japanse klubspan Canon Eagles. Hy soek nou ’n rugbyheenkome nadat die Cheetahs besluit het om hom nie ’n nuwe kontrak aan te bied nie. |
|
![]() |
|
Leeubok ![]() Koning Leeu ![]() ![]() Joined: 31-Mar-2016 Location: KZN Status: Offline Points: 4954 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
Om te dink, April was op n stadium die volgende "grote" in SA rugby. 'n Jaar later was Bosch die volgende superster. Waar is hulle nou? Nerens..
Jammer dat Bossie se loopbaan so sukkel om op dreef te kom.
|
|
![]() |
|
valie ![]() Koning Leeu ![]() ![]() Joined: 02-Apr-2016 Location: ver van hier Status: Offline Points: 2681 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
Ek moet se, ek hou nogal van Zeilinga.
|
|
![]() |
Post Reply ![]() |
|
Tweet
|
Forum Jump | Forum Permissions ![]() You cannot post new topics in this forum You cannot reply to topics in this forum You cannot delete your posts in this forum You cannot edit your posts in this forum You cannot create polls in this forum You cannot vote in polls in this forum |