Print Page | Close Window

April, Zeilinga in Bulle se visier ná Boshoff-ter

Printed From: Lionsworld
Category: Rugby Competitions
Forum Name: Super Rugby
Forum Description: Super Rugby
URL: http://www.lionsworld.co.za/forumnew/forum_posts.asp?TID=7106
Printed Date: 02-May-2024 at 5:00am
Software Version: Web Wiz Forums 12.01 - http://www.webwizforums.com


Topic: April, Zeilinga in Bulle se visier ná Boshoff-ter
Posted By: Transvaal
Subject: April, Zeilinga in Bulle se visier ná Boshoff-ter
Date Posted: 02-Dec-2018 at 6:53pm
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/april-zeilinga-in-bulle-se-visier-na-boshoff-terugslag-20181201%20" rel="nofollow - https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/april-zeilinga-in-bulle-se-visier-na-boshoff-terugslag-20181201

Die Bulle oorweeg Garth April en Fred Zeilinga as opsies om hul losskakel-diepte te verbeter nadat dit bekend geword het dat Marnitz Boshoff moontlik die begin van die Superreeks weens ’n kniebesering sal misloop.

Met die instemming van Griekwas sal Tinus de Beer hom ook eers ná die Varsitybeker-reeks by sy nuwe unie in Kimberley aansluit. Hy het die week saam met die Bulle geoefen en sal Tuks in die Varsitybeker verteenwoordig.

Handré Pollard is die Bulle se voorste losskakel, met Manie Libbok as sy adjudant. As Boshoff nie betyds herstel nie, is hul diepte dus erg uitgedun.

Victor Matfield sal as die Bulle se nuwe hoofafrigter uiteraard ’n groot sê hê in wie van April of Zeilinga in sy planne pas.

Braam van Straaten, een van die Haaie se hulpafrigters, het egter die week in ’n radioprogram bevestig April is een van die spelers wat hulle verlaat. Hy speel tans vir die Japanse klubspan NTT Shining Arcs.

Die 27-jarige April was aanvanklik ná sy skuif uit die Kaap ’n groot gunsteling in Durban. Hy het soveel indruk gemaak dat hy vir die Suid-Afrikaanse A-span gekies is. Hy is selfs deur Allister Coetzee na ’n Springbok-oefenkamp genooi.

Hy is daarna weens dissiplinêre redes na die Haaie se laer spanne gepos.

Zeilinga speel tans vir Coetzee se Japanse klubspan Canon Eagles.

Hy soek nou ’n rugbyheenkome nadat die Cheetahs besluit het om hom nie ’n nuwe kontrak aan te bied nie.



Replies:
Posted By: Leeubok
Date Posted: 03-Dec-2018 at 8:00am
Om te dink, April was op n stadium die volgende "grote" in SA rugby. 'n Jaar later was Bosch die volgende superster. Waar is hulle nou? Nerens.. 

Jammer dat Bossie se loopbaan so sukkel om op dreef te kom. 


Posted By: valie
Date Posted: 03-Dec-2018 at 11:17am
Ek moet se, ek hou nogal van Zeilinga.



Print Page | Close Window

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01 - http://www.webwizforums.com
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd. - https://www.webwiz.net