Forum Home Forum Home > Rugby Competitions > Super Rugby
  New Posts New Posts RSS Feed - Van Zyl soek steeds Bul- én Bok-glorie
  FAQ FAQ  Forum Search   Events   Register Register  Login Login


The Lions next play Leinster at Ellis Park in the URC on 20 April 2024, kickoff is at 15:00

Van Zyl soek steeds Bul- én Bok-glorie

 Post Reply Post Reply
Author
Message
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 39070
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Topic: Van Zyl soek steeds Bul- én Bok-glorie
    Posted: 03-Dec-2019 at 8:04am
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/Super-Rugby/van-zyl-soek-steeds-bul-en-bok-glorie-20191202

Die Blou Bulle het in 2019 die beste van Suid-Afrika se Superrugby-spanne gevaar, maar nou is die uitdaging om daarop voort te bou ná ’n yslike uittog by die Pretoria-franchise.

So het die skrumskakel Ivan van Zyl onlangs by die bekendstelling van volgende jaar se Superreeks gesê. Die Bulle het vanjaar die kwarteindronde van die reeks gehaal, voordat die Hurricanes hulle met 35-28 in Wellington omgedop het.

Dié span bevind hom egter opnuut in ’n herboufase nadat sterre soos Handré Pollard (Montpellier), Duane Vermeulen (Kubota Spears), Jesse Kriel (Canon Eagles), Lood de Jager (Sale Sharks), RG Snyman (Honda Heat), Jason Jenkins (Canon Eagles), Hanro Liebenberg (Leicester Tigers), Eli Snyman (Treviso) en Schalk Brits (uitgetree) almal Pretoria verlaat het. 

“Ons het baie ouens verloor, maar ons het steeds in van die kernposisies sterk spelers beskikbaar, wat uiteindelik die belangrikste is,” meen Van Zyl. “Ons het vir Morné (Steyn) en Josh (Strauss) wat weer by die span aansluit en dan in Warrick (Galant) ’n Wêreldbeker-wenner. Spelers soos Duane (Vermeulen) is natuurlik onvervangbaar. Hulle is daai eens-in-’n-leeftyd-tipe spelers.”

Volgens Van Zyl is die Bulle al lank op die oefenveld aan die sweet vir volgende seisoen. “Ons is reeds in ons agtste week van voorseisoense voorbereiding en ek is baie opgewonde oor wat ons jong agterlyn kan doen. 

“Spelers soos Marnus Potgieter wat op buitesenter inkom is baie talentvol. Dis maklik om te stres oor ’n jong groep, maar almal wat die Wêreldbeker gewen het, was self eens op ’n tyd spelers wat hul buiging moes maak.”

Vir dié oudleerling van die Afrikaanse Hoër Seunskool (Affies) in Pretoria is die afrigtingspan, met Pote Human as hoofafrigter, wat behoue gebly het ’n groot pluspunt. “Ons het drie jaar in ’n ry drie verskillende afrigters gehad en dis lekker om die eerste keer in ’n lang tyd ’n mate van bestendigheid te hê. Dit skep bietjie rustigheid.”

Van Zyl het sy Springbok-buiging in 2018 gemaak teen Wallis in Washington en daarna nog vyf keer in die Groen-en-goud uitgedraf. Ofskoon hy en sy Blou Bul-spanmaat Embrose Papier gereeld vir Rassie Erasmus se span uitgedraf het verlede jaar, was nie een van hulle vanjaar in die Springbok-breier se planne vir die Rugbykampioenskap of Wêreldbeker-rugbytoernooi nie.

Herschel Jantjies het sy neus voor hulle gekry, terwyl Faf de Klerk en Cobus Reinach die ander nr. 9’s in die groep was. En selfs al het die span van Loftus Versfeld vanjaar bevredigend op Superrugby-vlak presteer met agt uit 16 oorwinnings, was Van Zyl en Papier se peil deurlopend ’n besprekingspunt.

Human se besluit om deurlopend te torring aan wie die oond moet skoonmaak, het nie gehelp nie. Van Zyl en Papier het albei ses keer die regmerkie gekry in die beginspan, terwyl André Warner ook nader aan die einde van die reeks vyf keer ingespan is. Nie een van hulle het meer as drie agtereenvolgende wedstryde begin nie.

Van Zyl weet egter dat hy skouer aan die wiel sal moet sit. “Dis definitief ’n doelwit om nog deel van ’n seëvierende Wêreldbeker-span te wees. Dis nooit lekker om nie deel van so iets te wees nie, veral as ’n mens reeds jou eerste proesel van toetsrugby gehad het,” sê hy. 

“Vir my is dit ’n kwessie van eenvoudig so hard werk as wat ek kan. Ek wil vanjaar weer die peil lewer wat my in die Springbok-prentjie sal plaas. “Ek weet hoe groot en spesiaal dit is om by die Bokke te wees en ek weet ook hoe maklik dit van jou af weggevat kan word. Daarom werp ek tans alles in die stryd.”

Die Bulle skop hul Superrugby-veldtog op 31 Januarie teen die Haaie in Durban af.
Back to Top
 Post Reply Post Reply
  Share Topic   

Forum Jump Forum Permissions View Drop Down

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd.

This page was generated in 0.094 seconds.