The Lions next play Scarlets at Ellis Park in the URC on 11 May 2025, kickoff is at 15:00 |
Bulle en Haaie speel gelykop in klipharde sukkelst |
Post Reply ![]() |
Author | |
Transvaal ![]() Admin Group ![]() Joined: 30-Mar-2016 Status: Offline Points: 40233 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() Posted: 10-Feb-2019 at 6:04am |
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/bulle-en-haaie-speel-gelykop-in-klipharde-sukkelstryd-20190209
Die Haaie en Bulle het Saterdagmiddag op ’n skoolveld in Ballito aan die KwaZulu-Natalse noordkus met 7-7 gelykop gespeel in hul laaste wedstryd ter voorbereiding op vanjaar se Superrugby-reeks. Die Bulle het die pap aanvanklik dik aangemaak, met Handré Pollard wat vroeg-vroeg deur ’n gaping geglip het en Jesse Kriel wat net-net nie die bal voor die doodlyn gedruk kon kry vir ’n drie nie. Ná ’n kwartier was daar egter nog geen telling nie, en is spel gekenmerk deur groot plettervatte, en heelwat ongedwonge foute aan albei kante. Die Haaie se lynstane het oudergewoonte gelol met ’n paar kritieke balle wat op hul eie ingooi verloor is. Die Bulle het uiteindelik, ná bykans ’n halfuur, eerste bloed getrek toe hul nuwe Springbokhaker, Schalk Brits, van ’n aanvallende lynstaan af deur sy pak oorgedryf is. Die Haaie het egter skaars vyf minute later teruggeslaan met ’n drie deur die skrumskakel, Cameron Wright, ná ’n breekslag deur die hardwerkende Tyler Paul op flank. Daar was aanvanklik verwarring oor of Curwin Bosch se doelskop suksesvol was, maar dit is uiteindelik wel toegeken. Dit het die halftydtelling, en inderdaad die eindtelling, op 7-7 te staan te bring. Albei afrigters het ná ’n kwartier in die tweede skof heelwat veranderinge aangebring, maar dit het geensins afbreek gedoen aan die intensiteit van die kragmeting nie. Met die hitte wat die Bulle effens begin aantas het, het die Haaie groter gebiedsvoordeel begin kry in die laaste kwart en het van hul nuwelinge die kans aangegryp om ’n merk te maak. Jong spelers soos die stut Khutha Mchunu, die flank Phepsi Buthelezi en die skrumskakel Grant Williams het veral beïndruk en hou groot belofte in. Die Haaie vertrek nou na Singapoer waar hulle Saterdag hul Super Rugby-veldtog teen Japan se Sunwolves afskop, terwyl die Bulle later dieselfde dag die Stormers tuis die stryd aansê. * Puntemakers: Haaie 7 (7): Drieë: Cameron Wright. Doelskoppe: Curwin Bosch (1). Bulle 7 (7): Drieë: Schalk Britz. Doelskoppe: Handré Pollard (1). |
|
![]() |
Post Reply ![]() |
|
Tweet
|
Forum Jump | Forum Permissions ![]() You cannot post new topics in this forum You cannot reply to topics in this forum You cannot delete your posts in this forum You cannot edit your posts in this forum You cannot create polls in this forum You cannot vote in polls in this forum |