Forum Home Forum Home > Rugby Competitions > Super Rugby
  New Posts New Posts RSS Feed - Top-breiers glo Gianni sal pyp rook vir Leeus
  FAQ FAQ  Forum Search   Events   Register Register  Login Login


The Lions next play Leinster at Ellis Park in the URC on 20 April 2024, kickoff is at 15:00

Top-breiers glo Gianni sal pyp rook vir Leeus

 Post Reply Post Reply
Author
Message
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 39071
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Topic: Top-breiers glo Gianni sal pyp rook vir Leeus
    Posted: 18-Apr-2019 at 2:59pm
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/Super-Rugby/top-breiers-glo-gianni-sal-pyp-rook-vir-leeus-20190418

Daar sal duim vasgehou word dat Gianni Lombard met dieselfde sierlikheid waarmee hy as atleet oor die hekkies geseil het, Vrydag sy groot uitdaging as losskakel vir die Leeus teen die Chiefs in die Super-rugbykragmeting in Hamilton sal oorkom.

Iemand wat baie vertroue het in hierdie 21-jarige, wat Elton Jantjies se skoene in die nr. 10-trui volstaan in die beginspan, is Sean Erasmus, sy eertydse afrigter by die Hoër Jongenskool Paarl (Boishaai).

Erasmus, wat ook die afrigter van die Suid-Afrikaanse Skolespan was, het hom in die afseisoen by die Goue Leeus Rugbyunie aangesluit as ’n afrigter.

“Gianni is ’n baie spesiale speler,” vertel Erasmus.

“Om hom behoorlik te verstaan moet daar gekyk word na watter veelsydige en begaafde sportman hy is. In sy gr. 11-jaar was hy vir ’n ruk lank die voorste 110 m-hekkiesatleet ter wêreld in sy ouderdomsgroep en dit het sy rugbyloopbaan eers op die ys geplaas.

“Hy het toe weer in gr. 12 voluit rugby begin speel en ook die SA Skolespan gehaal. Daar by ons by Boishaai het hy heelagter gespeel en oor fenomenale talent beskik.

“Hy het visie waaroor die meeste spelers net kan droom en sien ruimte op die veld en val dit met mening aan. Sy handspoed is goed en hy het ook baie goeie voete, en hy kan teenstanders met gemak flous met sy aftrappe.

“Onder die leiding van iemand soos Elton sal Gianni baie leer en ervaring opdoen. Gianni is iemand wat die span sal dien waar hulle hom nodig het. Sy veelsydigheid is ’n bate en nie ’n hindernis nie.

“Deesdae kan spelers met gemak inskakel op heelagter en losskakel, want dit word dikwels van jou verwag om dieselfde soort rugby in albei posisies te kan speel,” glo Erasmus.

“Gianni is die soort speler wat van skool af al nie geskroom het om die vrae suksesvol te beantwoord wat hy gevra word nie. Vir uitdagings deins hy nie terug nie.

“Sy grootte (1,78 m en 80 kg) tel beslis ook nie teen hom nie. Hy is iemand soos ’n Damian McKenzie (1,77 m; 78 kg) van die All Blacks wat nie fisiek die grootste is nie, maar dit werk nie negatief in op sy spel en sy ontwikkeling op die veld nie.

Hy gaan beslis nie deur twee slotte probeer hardloop nie, maar eerder met sy vlugvoetigheid ’n pad om hulle vind. Dit is waar sy oog vir ruimte inkom.

“Hy gaan beslis nie deur twee slotte probeer hardloop nie, maar eerder met sy vlugvoetigheid ’n pad om hulle vind. Dit is waar sy oog vir ruimte inkom,” vertel Erasmus.

Lombard het in Worcester grootgeword voordat hy Boishaai in die Paarl toe is. Volgens Erasmus het sy ma baie opofferinge vir hierdie belowende seun van haar gemaak.

“Hy was ook ’n baie goeie krieketspeler en kon die bal lekker afstuur met daardie lang lyf van hom,” sê Erasmus.

Lombard het in 2015 die atletiekwêreld aan die gons gehad toe hy vir ’nlank die vinnigste tyd in die 110m hekkies gehad het. In 2016 het hy vir die SA Skolespan heelagter gespeel en in 2017 en ’18 en het veral die tonge losgehad met ’n skitterende individuele vertoning waarin hy Affies oorhoops gehad het.In 2017 en 2018 het hyvir die Junior Springbokke.

Chean Roux, wat Lombard as afrigter by die SA o.20-span geslyp het, het ook vir hom die hoogste lof toegeswaai, skryf Stephen Nell.

“Een ding wat ’n afrigter nie kan afrig nie, is hoe groot ’n speler se hart is. Ek het nog nie vir Gianni ’n duikslag sien verbrou nie. Sy hart is groter as die stadion. Vir daardie klein lyfie verdedig hy ongelooflik goed,” sê Roux.

“Dit gaan interessant wees om te sien hoe hy vaar. Tot dusver het hy by elke geleentheid wat hy opgestuur is baie goed gedoen. Hy lyk asof hy daar hoort. Ek’s baie trots op hom.”

Op Goeie Vrydag word ‘n nuwe hoofstuk in sy glansverhaal op die sportveld geskryf wanneer hy sy begindebuut as losskakel vir die Leeus maak teen die Chiefs.

Back to Top
Billy3 View Drop Down
Pasgebore Leeu
Pasgebore Leeu


Joined: 23-Feb-2019
Location: Midrand
Status: Offline
Points: 49
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Billy3 Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 18-Apr-2019 at 7:30pm
Dit klink of Elton maar pension moet vat so goed die ou is. Hoop hy Kan dit doen op super Rugby vlak. 
Back to Top
 Post Reply Post Reply
  Share Topic   

Forum Jump Forum Permissions View Drop Down

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd.

This page was generated in 0.094 seconds.