Forum Home Forum Home > Rugby Competitions > Super Rugby
  New Posts New Posts RSS Feed - Swys wil Gianni 80 minute op losskakel gee
  FAQ FAQ  Forum Search   Events   Register Register  Login Login


The Lions next play the Ospreys in Swansea in the URC on 30 March 2024, kickoff is at 17:05

Swys wil Gianni 80 minute op losskakel gee

 Post Reply Post Reply
Author
Message
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 39036
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Topic: Swys wil Gianni 80 minute op losskakel gee
    Posted: 17-Apr-2019 at 8:29pm
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/Super-Rugby/swys-wil-gianni-80-minute-op-losskakel-gee-20190417

Swys de Bruin, die Leeus se afrigter, is opgewonde om te sien wat die 21-jarige Gianni Lombard op losskakel kan vermag en wil hom ’n volle 80 minute in Vrydag se Superrugby-stryd teen die Chiefs in Hamilton gee.

Lombard het die afgelope twee jaar as Junior Springbok uitgeblink, maar met Elton Jantjies die voorkeur-losskakel by die Leeus, het hy nog min speelkans gekry.

Jantjies is dié week egter op die plaasvervangersbank en De Bruin beplan ook nie om hom later in die wedstryd in sy gebruiklike posisie op die veld te stuur nie.

“Ons sal Elton as plaasvervanger op senter gebruik, want Gianni (Lombard) lyk goed op losskakel. Daar was teen die Brumbies positiewe dinge op die aanval en ons sal daarop wil voortbou,” sê die afrigter.

Lombard het ’n paar jaar gelede as lid van Hoër Jongenskool Paarl se seëvierende eerste span reeds aandag getrek en is ná skool deur die Leeus na Johannesburg gelok.

De Bruin moes intussen ook ’n klompie onbeplande verstellings aan sy agterlyn maak nadat die Springbok-vleuel Courtnall Skosan inderhaas na Suid-Afrika moes terugkeer om sy siek pa by te staan.

Sylvian Mahuza skuif nou van heelagter na regtervleuel, met Andries Coetzee wat sy plek op heelagter herwin en Ruan Combrinck wat nou op die plaasvervangerbank sit.

Daar wag ’n steil bult op die Leeus om daar in die wêreld van die koeie met die klokke hond haaraf te maak teen die omgesukkelde Chiefs.

Hoe meer die klokke lui, hoe meer besef ’n besoekende span hy is in die moeilikheid en dit sal die doelwit van Warren Whiteley se span wees om te verseker dat die klokke stil gaan wees.

Kry hulle dit reg, sal dinge goed gaan met die Leeus.

De Bruin sê dit is baie bemoedigend om Whiteley en Kwagga Smith terug te hê in die agttal. Saam met Cyle Brink vorm hulle ’n goeie lostrio en lyk die agttal ook aansienlik stewiger as in die laaste tyd.

“Hopelik sal ons ten minste so 60 minute uit Wazza (Whiteley) en Kwagga kan kry en hul ervaring gaan baie help. Die Chiefs het ’n baie sterk pak en ons sal hulle voor die stryd moet aansê,” sê De Bruin.

Hy reken die Leeus het vandeesweek baie goed voorberei en het gewerk “aan die klein dingetjies op die verdediging”.

Die span is voorlopig nog eers in Manly, ’n voorstad van Sydney en vlieg eers ’n dag voor die wedstryd oor na Nieu-Seeland.

Die Chiefs is ook sonder van hul groot staatmakers in hierdie wedstryd, met die All Black-heelagter Damien McKenzie wat vir tot nege maande uit aksie gaan wees met geskeurde knieligamente.

Die All Black-slot Brodie Retallick is ook beseer en nie in die Chiefs se 23-tal nie.

Chiefs: Jack Debreczeni, Sean Wainui, Alex Nankivell, Anton Lienert-Brown, Ataata Moeakiola, Marty McKenzie, Brad Weber (k), Taleni Seu, Lachlan Boshier, Luke Jacobson, Mitchell Brown, Tyler Ardron, Nepo Laulala, Liam Polwart, Angus Ta’avao. PLAASVERVANGERS: Samisoni Taukei’aho, Atu Moli, Sosefo Kautai, Jesse Parete, Pita Gus Sowakula, Jonathan Taumateine, Tumua Manu, Shaun Stevenson.

Leeus: Andries Coetzee, Sylvian Mahuza, Lionel Mapoe, Franco Naude, Aphiwe Dyantyi, Gianni Lombard, Ross Cronje, Warren Whiteley (k), Cyle Brink, Kwagga Smith, Marvin Orie, Stephan Lewies, Carlu Sadie, Robbie Coetzee, Sti Sithole. PLAASVERVANGERS: Malcolm Marx, Frans Van Wyk, Johannes Jonker, Wilhelm van der Sluys, Marnus Schoeman, Nic Groom, Elton Jantjies, Ruan Combrinck.

Afskop Vrydag: 09:35 (SA tyd, SS 1).
Back to Top
 Post Reply Post Reply
  Share Topic   

Forum Jump Forum Permissions View Drop Down

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd.

This page was generated in 0.070 seconds.