Forum Home Forum Home > General Rugby > SA Rugby Issues
  New Posts New Posts RSS Feed - Rugbybase wil oor 100%-aandeelhouding besin
  FAQ FAQ  Forum Search   Events   Register Register  Login Login


The Lions next play Leinster at Ellis Park in the URC on 20 April 2024, kickoff is at 15:00

Rugbybase wil oor 100%-aandeelhouding besin

 Post Reply Post Reply
Author
Message
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 39070
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Topic: Rugbybase wil oor 100%-aandeelhouding besin
    Posted: 11-Feb-2019 at 8:53am
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/rugbybase-wil-oor-100-aandeelhouding-besin-20190211

Die uitvoerende hoofde van die land se franchises sal binnekort die moontlikheid van ’n 100%-aandeelhouding deur private aandeelhouers in plaaslike rugbyunies indringend bespreek. Dít is ’n belangrike agendapunt op hul volgende vergadering as een van die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) se komitees.

Weens die geldelike probleme waarin die meeste Suid-Afrikaanse rugbyunies hulle bevind, is dit duidelik dat rugby nie sonder ingryping kan aangaan nie.

Jannie Durand, uitvoerende hoof van Remgro, het dit verlede week in ’n onderhoud met Rapport beklemtoon.

Hy het gesê dit is tyd dat rugby in Suid-Afrika 100% professioneel raak sodat private aandeelhouers geld in die sport kan belê om dit gesond te hou.

Die Cheetahs, wat een van die land se vyf grootste franchises is, besef verandering is nodig.

“Die tyd het aangebreek om rugby meer professioneel te bedryf en dat ’n 100%-aandeelhouding vir private ondernemings moontlik gemaak moet word,” het ’n woordvoerder van die Vrystaat Cheetahs (Edms.) Bpk. gesê.

“Trouens, dit is reeds so dat private ondernemings 74% van ’n franchise in Suid-Afrika mag besit. Daar is nou ’n sterk beweging dat dit tot 100% opgeskuif word. Dit is egter belangrik dat Saru as die beheerliggaam van rugby in Suid-Afrika betrokke moet bly en beheer moet behou oor grondliggende aspekte van rugby.”

Die Cheetahs is egter van mening dat die vermindering van plaaslike franchises tot slegs vier of vyf te beperkend is.

“Vrystaat Rugby is ten gunste van meer franchises om die breër basis van rugby gesond te hou.

Dit is reeds so dat private ondernemings 74% van ’n franchise in Suid-Afrika mag besit. Daar is nou ’n sterk beweging dat dit tot 100% opgeskuif word.

“Daar sal uiteraard ook gekyk moet word na die ontwikkeling van rugby op amateurvlak, waarvoor Saru dan groter verantwoordelikheid moet neem.

“Hoewel sakeondernemings ’n groter sê moet kry, is dit uiters noodsaaklik dat daar altyd rugbykundigheid in direksies moet wees. Dit is belangrik om te meld dat die Vrystaatse Rugbyunie een van die heel eerste unies in Suid-Afrika is wat private aandeelhouding by wyse van ’n vennoot aanneem.

“Die beginsel van privatisering van rugby is dus vir die Vrystaat nie vreemd nie en in belang van rugby moet dit verder uitgebou word. Dit is noodsaaklik om te kan meeding met die kragtige Europese klubs en kompetisies.”

Die Toyota Cheetahs is van mening dat dit belangrik is om ’n belang in die Suidelike én Noordelike Halfrond te hê, naamlik om Superrugby en Pro14-rugby te vestig en om só ’n wyer basis van betrokkenheid te bewerkstellig.

“Daar is reeds ver gevorder in Saru-kringe om die prosesse te hanteer.”

’n Woordvoerder van Saru het die week aan Rapport gesê die beheerliggaam het reeds twee jaar gelede fundamentele veranderinge aan sy grondwet aangebring wat private beleggers die geleentheid bied om die beherende aandeel in unies te verkry.

“Dis iets wat in die verlede as onmoontlik beskou is,” het die woordvoerder gesê.
Back to Top
 Post Reply Post Reply
  Share Topic   

Forum Jump Forum Permissions View Drop Down

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd.

This page was generated in 0.079 seconds.