The Lions next play Scarlets at Ellis Park in the URC on 11 May 2025, kickoff is at 15:00 |
Rugby Australië draai sy rug op Israel |
Post Reply ![]() |
Author | ||
Transvaal ![]() Admin Group ![]() Joined: 30-Mar-2016 Status: Offline Points: 40234 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() Posted: 15-Apr-2019 at 2:14pm |
|
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/rugby-australie-draai-sy-rug-op-israel-20190415
Australiese rugbybase het Israel Folau se kontrak beëindig weens sy uitlatings op sosiale media dat gay mense hel toe gaan as hulle nie tot inkeer kom nie. Rugby Australië (RA) se uitvoerende hoof, Raelene Castle, sê Folau (30) het hom skuldig gemaak aan ’n “hoëvlak-oortreding van die beroepspelers se gedragskode wat sy afdanking regverdig”. ABCSport berig die Wallaby-ster het 48 uur om die afskaffing van sy kontrak te aanvaar. Indien nie, moet hy hom voorberei om voor ’n gedragskode-verhoor te verskyn. Die heelagter het 73 toetse vir sy land gespeel en sou na verwagting ’n sleutelrol in die Wallabies se Wêreldbekerveldtog in Japan later vanjaar vervul. Folau, wat in Maart sy kontrak met sy Superrugbyspan, die Waratahs, met vier jaar verleng het en tot 2022 aan die RA verbind was, het verlede jaar straf vrygespring vir soortgelyke uitlatings. “Israel is amptelik en herhaaldelik gewaarsku oor ons verwagtinge van hom as ’n speler van die Wallabies en Waratahs met betrekking tot sy gebruik van sosiale media en hy het nie aan daardie verwagtinge voldoen nie,” sê Castle. “Dit is duidelik aan hom gestel dat enige aktiwiteit op sosiale media wat op enige manier disrespekvol is teenoor mense weens hul seksualiteit, dissiplinêre stappe tot gevolg sou hê.” Folau, ’n stoere Christen, het verlede week op Instagram gesê “die hel wag vir dronkaards, homoseksuele, egbrekers, leuenaars, hoereerders, skelms, ateïste en dienaars van afgode” en dat hulle tot bekering moet kom. Net Jesus kan hulle red, lui die plasing. Die plasing is steeds sigbaar op sy sosiale media en die speler het Sondag gesê hy staan by “wat die Bybel sê”. “Ek deel dit met liefde,” sê Folau. “Ek kan die ander kant van die muntstuk sien waar mense se reaksie die totale teenoorgestelde is van hoe ek dit gedeel het. “Eerstens en belangrikste, ek lewe nou vir God. Wat ook al Hy wil hê ek moet doen, ek glo sy planne vir my is beter as enigiets waaraan ek kan dink. As dit is dat ek nie aanhou speel nie, dan berus ek my daarby. “Uit die aard van die saak is ek lief daarvoor om rugby te speel en as dit daardie paadjie volg, sou ek dit beslis mis. Maar my geloof in Jesus Christus is wat eerste kom.” Die Wallabies se afrigter, Michael Cheika, het boonop Maandag gesê Folau se “disrespekvolle” plasings op sosiale media maak dit onmoontlik om die ster-agterspeler vir die Wêreldbekertoernooi te kies. “Wanneer jy in die goue trui speel, verteenwoordig jy almal in Australië – almal. Almal daarbuite wat ons ondersteun. Ons kies en keur nie,” sê Cheika. |
||
![]() |
||
WitBoer ![]() Koning Leeu ![]() ![]() Joined: 31-Mar-2016 Location: Bronkhorstsprui Status: Offline Points: 2163 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
|
Hy moes geweet het dit sou hewige negatiewe reaksie uitlok, veral na die vorige keer. Soos ek verstaan wil Rugby League ook niks met hom te doen he nie. Glo ook nie Europese spanne gaan enigsins bande met hom smee na sy uitlatings nie.
Ek weet nie of ek hom moet bewonder vir die feit dat hy weier om sy uitlatings terug te trek nie en of hy maar net arrogant is om te dink rugby Australie sal hom niks doen nie... Almal mag opinies he, maar ongelukkig kan jy as publieke figuur nie sulke omstrede uitlatings maak en verwag dat daar niks van gaan kom nie... Soos ek verstaan is Quantas Airways (Aussies se Hoofborg) se CEO gay... So dalk nie baie slim om die hand wat voed te byt nie...
|
||
"Believe nothing, No matter where you read it, Or who has said it, Not even if I have said it, Unless it agrees with your own reason And your own common sense" - Buddha
|
||
![]() |
||
Transvaal ![]() Admin Group ![]() Joined: 30-Mar-2016 Status: Offline Points: 40234 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
|
Ek dink nie hy is arrogant nie, hy glo vas in iets en is bereid om rugby prys te gee daarvoor. Ek dink eerder dis beginselvas. Ek weet nie almal glo nie, maar as jy glo dan is wat hy gese het maar net wat in die Bybel staan.
|
||
![]() |
||
WitBoer ![]() Koning Leeu ![]() ![]() Joined: 31-Mar-2016 Location: Bronkhorstsprui Status: Offline Points: 2163 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
|
Dit is so en ek moet se dat dit "bols" moet vat om te doen wat hy nou doen en ek bewonder hom daarvoor, maar dit maak nie sy uitlatings reg nie... Ons moet ook net in ag neem dat daar baie dinge in die Bybel staan wat wreed is en glad nie moreel aanvaarbaar is nie, so die feit dat iets in die Bybel staan gee jou nie ewe skielik die reg om dit te verkondig nie.
|
||
"Believe nothing, No matter where you read it, Or who has said it, Not even if I have said it, Unless it agrees with your own reason And your own common sense" - Buddha
|
||
![]() |
||
Leeubok ![]() Koning Leeu ![]() ![]() Joined: 31-Mar-2016 Location: KZN Status: Offline Points: 4954 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
|
As 'n christen het ek baie respek vir wat hy doen, en dat hy by sy woord staan. En dit is hartseer om te lees dat Billy Vunipola wat hom blykbaar bygestaan het uitgejou was die nwk elke keer wat hy aan die bal vat.
Maar ek moet byvoeg dat Folau sy geloof anders kon en moes verkondig. Verkondig eerder positiewe bybel stukkies soos God is liefde of watookal, ipv om vir sekere mense te se hulle gaan reguit hel toe. Ons lewe in 'n tyd waar mense vreeslik vinnig "offended" raak.
|
||
![]() |
||
TunaLion ![]() Koning Leeu ![]() ![]() Joined: 30-Mar-2016 Location: Ellis Park Status: Offline Points: 1856 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
|
Ek is jammer, maar ek vind niks verkeerd wat hy gedoen het nie. Ja dit klink dalk wreed, en hy het dit ook erken as julle gaan lees het wat hy gister gesê het tydens n kerkdiens. Maar soos hy ook sê, hy is nie die Here nie en kan nie verander wat in die Bybel staan nie, (soos wat almal deesdae probeer doen). Dit is ook christene se plig, nie om mense te judge nie, maar om mense te laat weet dat sondes verkeerd is. En dit is al wat hy gedoen het. Hy het niemand gejudge nie en net mense gewaarsku van die uiteinde van hul dade.
Edited by TunaLion - 15-Apr-2019 at 3:38pm |
||
Go LIONS!!!!!
|
||
![]() |
||
TunaLion ![]() Koning Leeu ![]() ![]() Joined: 30-Mar-2016 Location: Ellis Park Status: Offline Points: 1856 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
|
Die hele situasie herhinner my aan hoe mense gewaarsku word van wanneer jy die reguit (straight and narrow) pad begin loop dat die ander jou sal begin verwerp daarvoor en dit is nou presies wat met Folau gebeur.
|
||
Go LIONS!!!!!
|
||
![]() |
||
Lion4ever ![]() Koning Leeu ![]() ![]() Joined: 30-Mar-2016 Location: Roodepoort Status: Offline Points: 2004 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
|
We all know that what he said is true. However, if we look at who Jesus hung out with, it was the sinners and tax collectors ( who were really the worst of the worst in Jesus' time ). If we also look at who Jesus rebuked the most, it was the religious zealots and established religion. Look at how He handled the situation with woman caught in adultery. He simply said: "He who is without sin, cast the first stone."
Unfortunately, Foleau's tone comes across as hateful and condemnatory. It unfortunately makes us Christians come across as narrow minded and bigoted. We need to be the salt and light to the world. People need to taste and see that Jesus is good.
|
||
![]() |
||
valie ![]() Koning Leeu ![]() ![]() Joined: 02-Apr-2016 Location: ver van hier Status: Offline Points: 2681 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
|
Ek sou nie omgegee het as ons hom by die Leeus kon kry nie.
|
||
![]() |
||
TunaLion ![]() Koning Leeu ![]() ![]() Joined: 30-Mar-2016 Location: Ellis Park Status: Offline Points: 1856 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
|
However, that has the dual effect of having people start to believe that sins are without punishment and it is fine to just keep on doing it. It is a tough balancing act and people will always blame those showing them up instead of themselves for the wrongs. But anyway, just my thoughts.
|
||
Go LIONS!!!!!
|
||
![]() |
||
Paul ![]() Jong Leeu ![]() Joined: 22-Apr-2017 Location: Gauteng Status: Offline Points: 244 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
|
Die waarheid is die waarheid. Hy staan op vir sy gelos en daar is niks fout daarmee nie. Gaan lees wat jy OP sy Twitter repost het, daar was n par dinge wat daar gestaan het nie net homosexuality nie.
Ek haal my hoed af vir hom, sal nie dat weelde in sy pad staan nie.
|
||
![]() |
||
Transvaal ![]() Admin Group ![]() Joined: 30-Mar-2016 Status: Offline Points: 40234 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
|
Ek stem so 300% saam met jou
|
||
![]() |
||
TunaLion ![]() Koning Leeu ![]() ![]() Joined: 30-Mar-2016 Location: Ellis Park Status: Offline Points: 1856 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
|
Sal super happy wees. Ons kort juis n heelagter (onder andere)
|
||
Go LIONS!!!!!
|
||
![]() |
||
WitBoer ![]() Koning Leeu ![]() ![]() Joined: 31-Mar-2016 Location: Bronkhorstsprui Status: Offline Points: 2163 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
|
The problem is that most christians pick and choose what is important for them in their holy book... Being gay is wrong, but not being a virgin when you get married is okay. Eating pork is okay, wearing clothes made from different fabrics is okay and eating shellfish is okay... Shaving your beard is fine and it is also fine if women preach... Most Christians will not allow their daughters to marry the guy who raped her and they also do not circumcise their sons...
Most Christians believe that all these things are not wrong or rules anymore since they are written in the old testament, but so is the "gay" part... But hey that is wrong!!! Christians should make up their minds as to whether the rules in the old testament applies or not and not only pick and choose the ones they like... If being gay is a sin, then having tattoos is also a sin and Mr. Folau has a couple of those...
|
||
"Believe nothing, No matter where you read it, Or who has said it, Not even if I have said it, Unless it agrees with your own reason And your own common sense" - Buddha
|
||
![]() |
||
Transvaal ![]() Admin Group ![]() Joined: 30-Mar-2016 Status: Offline Points: 40234 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
|
Witboer, hier is 'n skakel wat handel oor wat jy se
My disclaimer is dat dit my suster en swaer se webwerf is, maar ek dink die bladsy som dit goed op
|
||
![]() |
||
Transvaal ![]() Admin Group ![]() Joined: 30-Mar-2016 Status: Offline Points: 40234 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
|
Nog 'n goeie skakel van dieselfde webwerf
|
||
![]() |
||
WitBoer ![]() Koning Leeu ![]() ![]() Joined: 31-Mar-2016 Location: Bronkhorstsprui Status: Offline Points: 2163 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
|
Dankie Transvaal, dus is om Gay te wees dan nie meer 'n sonde nie want dit was deel van die 603 wette van Moses? Romeine 10:4 maak dit dan duidelik dat die wette ongeldig gemaak is met die dood van Christus... Maar aan die ander kant het Jesus self in Mat 5:17 gese dat hy nie gekom het om die wette van Moses weg te vat nie... Die probleem wat ek het met die deursnee Christen is juis dat hulle maklik die "wette van Moses" gebruik om mense te veroordeel, maar gehoorsaam self baie van die wette nie... (Haal eers die balk uit jou eie oog...) Ek is nie 'n gelowige nie, was wel baie gelowig jare terug, het ook die Bybel bestudeer. Ek kan seker verstaan dat gelowige gays omgekrap is omdat hy vir hulle se hulle gaan hel toe. Sy uitspraak pla my nie in die minste nie en ek tel ook onder die wat hy hel toe stuur... Miskien sou dit my gepla het as ek in 'n hel geglo het, ek weet nie. Ek wil nie graag oor geloof praat hier nie, uit ondervinding weet ek dat dit altyd net uitloop op 'n rusie. Wat wel jammer is, is dat Folau se speeldae oor is, hy is een van die groot talente in Australie en selfs die wereld en rugby lei op die ou einde onder sy uitsprake, sou hy minder van 'n Christen gewees het as hy nie sulke uitsprake gemaak het nie? Sekerlik nie.
|
||
"Believe nothing, No matter where you read it, Or who has said it, Not even if I have said it, Unless it agrees with your own reason And your own common sense" - Buddha
|
||
![]() |
||
Leeubok ![]() Koning Leeu ![]() ![]() Joined: 31-Mar-2016 Location: KZN Status: Offline Points: 4954 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
|
Waarmee ek saam jou stem Witboer is dat dit baie jammer is as Folau nooit weer gaan rugby speel nie. Ek dink hy is die beste speler in Aus, en onder 'n hoe bal is daar niemand beter as hy nie.
|
||
![]() |
||
Leeubok ![]() Koning Leeu ![]() ![]() Joined: 31-Mar-2016 Location: KZN Status: Offline Points: 4954 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
|
Terwyl ons nou op die subject van geloof en sport is. Een ding wat my vreeslik geirriteer het op 'n stadium is Hashim Amla wat 'n muslim is (as ek reg onthou). Met tye wat Castle Lager die proteas geborg het wou hy mos nie klere dra waarop Castle staan nie. Maar hy het nie 'n probleem gehad om hulle geld of die voordele van die borgskap te geniet nie..
|
||
![]() |
||
AK ![]() Ervare Leeu ![]() ![]() Joined: 30-Mar-2016 Status: Offline Points: 867 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
|
Vir my is `n groot probleem dat die media kieskeurig is oor wat hy gesê het. Hy het baie sondes bespreek maar net sekeres word uitgelig en bohaai oor gemaak. Twitter was dalk nie die slimste platform om te gebruik nie omdat hy al daaroor gewaarsku is maar ek bewonder hom waarvoor hy staan.
Ek dink die uitlatings oor homosexualiteit is nou juis wat mense omgekrap het.... maar hy het ook ander sexuele immorele gedrag uitgewys wat nie genoem word nie. Ek dink elke persoon het `n kruis om te dra en `n sonde waarvoor hulle tasbaar is. Dit help nie ons sê nou dat sekere sondes reg is omdat die samelewing se uitkyk verander nie. Die week juis het TD Jakes (Amerikaanse pastoor) genoem dat die kerk se uitkyk op homosexualiteit moet "Evolve".... Dink dit is belaglik..... Samelwing se uitkyk kan nie bepaal wat in die bybel staan nie. Jammer preek so bietjie maar ek het ook in `n kerk groot geword waar homosexuele uitgewys was maar die mense wat vinger wys sal rond neek in hulle huwelik wat net so verkeerd is. Sy tweet het juis sonde utigewys en nie die mense nie en dit is wat die kerk en Christene moet doen. Verwerp die sonde maar nie die persoon nie... wees leifde teen oor hulle. Laastens moet ek saam met julle stem. Ek dink hy sal baie goed lyk in `n leeus trui.
|
||
![]() |
||
AK ![]() Ervare Leeu ![]() ![]() Joined: 30-Mar-2016 Status: Offline Points: 867 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
|
https://news.sky.com/story/billy-vunipola-england-rugby-star-formally-warned-for-defending-anti-gay-post-11695364
|
||
![]() |
||
Blou ![]() Welpie ![]() ![]() Joined: 30-Mar-2016 Status: Offline Points: 199 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
|
Jy het my stil geskryf vandag.
![]() |
||
![]() |
Post Reply ![]() |
|
Tweet
|
Forum Jump | Forum Permissions ![]() You cannot post new topics in this forum You cannot reply to topics in this forum You cannot delete your posts in this forum You cannot edit your posts in this forum You cannot create polls in this forum You cannot vote in polls in this forum |