The Lions next play Scarlets at Ellis Park in the URC on 11 May 2025, kickoff is at 15:00 |
Marnus se driekuns help Leeus se droogte breek |
Post Reply ![]() |
Author | |
Transvaal ![]() Admin Group ![]() Joined: 30-Mar-2016 Status: Offline Points: 40233 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() Posted: 17-Feb-2019 at 7:48am |
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/marnus-se-driekuns-help-leeus-se-droogte-breek-20190217
’n Driekuns aan drieë deur hul oopkantflank, Marnus Schoeman, het die Leeus Saterdagaand in Buenos Aires gehelp om hul Superrugby-veldtog op ’n wennoot af te skop. Die Leeus het die Jaguares met 25 – 16 geklop in dié spanne se eerste Superrugby-kragmeting van die seisoen. Dit was die eerste keer in vier probeerslae dat die Leeus die Argentynse span in sy agterplaas kon klop. Benewens Schoeman se drie drieë, het ’n skitterende vertoning op die verdediging die Leeus gehelp om dié stryd te wen. Die Jaguares se dissipline het af en toe gelol en hulle het ver van ’n goed geoliede masjien gelyk. Die Leeus kon egter nie strykdeur die vloeiende hardlooprugby speel waaraan ondersteuners gewoond geraak het nie. Daarom moes hulle op rotsvaste verdediging en goeie vaste fasette staatmaak om dié wedstryd te wen. Al drie Schoeman se drieë het juis ná goeie vaste fasette gevolg. Sy eerste en derde het hy gedruk ná goeie rolmaalbewegings, terwyl die tweede een op ’n verwoestende Leeu-skrum gevolg het. * Puntemakers Leeus 25: Drieë: Marnus Schoeman (3). Doelskoppe: Elton Jantjies (2). Strafdoele: Jantjies (2). Jaguares 16: Drie: Santiago Medrano. Doelskop: Joaquin Diaz Bonilla. Strafdoele: Bonilla (3). |
|
![]() |
|
Goue Leeu ![]() Koning Leeu ![]() ![]() Joined: 18-Apr-2016 Status: Offline Points: 2219 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
Almal het gewonder of hierdie agttal van ons hul man sal kan staan teen groter, meer fisieke agttalle. Wel ek haal my hoed af.. die manne het soos ysters gespeel en al agt het die harde, vuil werk gedoen van begin tot einde. Ons verdediging was ongelooflik en Joey verdien beslis 'n pluimpie daarvoor. Aan die negatiewe kant verloor ons steeds te veel balle in kontak en ons agterlyn het erg gejaagd gelyk... die Jaguares het wel die hele tyd weggekom met 'n gesteelde meter op die verdediging en is net twee keer daarvoor gestraf. Ons lynstane moet beter wees. Boeboes lyk stadig op die oomblik.. ek sal graag vir Combrinck op 15 wil sien vir 'n paar wedstryde.. ons mors hom op die bank.
|
|
![]() |
Post Reply ![]() |
|
Tweet
|
Forum Jump | Forum Permissions ![]() You cannot post new topics in this forum You cannot reply to topics in this forum You cannot delete your posts in this forum You cannot edit your posts in this forum You cannot create polls in this forum You cannot vote in polls in this forum |