The Lions next play Scarlets at Ellis Park in the URC on 11 May 2025, kickoff is at 15:00 |
Jannie du Plessis oefen saam met Leeus |
Post Reply ![]() |
Author | |
Transvaal ![]() Admin Group ![]() Joined: 30-Mar-2016 Status: Offline Points: 40235 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() Posted: 26-Nov-2019 at 8:06am |
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/jannie-du-plessis-oefen-saam-met-leeus-20191125
Die voormalige Springbokstut Jannie du Plessis het Maandag sy eerste oefensessie saam met sy nuwe spanmaats van die Leeus in die Johannesburg-stadion gehad. Skrum Jannie, skrum, gaan waarskynlik aanstaande jaar ’n slagspreuk op Ellispark wees wanneer Du Plessis, wat die laaste paar jare vir Montpellier in Frankryk gespeel het, sy terugkeer tot die Suid-Afrikaanse rugbyvelde maak. Hy het voorheen hier plaaslik vir die Vrystaat en die Haaie diens gedoen, maar was toe ook een van die talle Suid-Afrikaanse spelers wat in Europa beland het om hul loopbane daar voort te sit. Du Plessis het vroeër vandeesmaand 37 jaar oud geword en is skaars ’n katspoegie weg van dubbel die ouderdom van sommige van die jong stutte wat ook deel is van die Leeus se oefengroep. Op die oefenfoto van die Leeus-stutte spog Du Plessis met ’n stewige snor, wat sonder twyfel vir die Movember-veldtog gekweek is. Soos Du Plessis het die Kapenaar Carlu Sadie hom ook by die Leeus aangesluit vir die Super-seisoen. Hy was vanjaar deel van die Leeus se Super-veldtog as leenspeler en het toe teruggekeer na die Westelike Provinsie vir die Curriebeker-seisoen. Die loskopstut Dylan Smith, wat vanjaar die grootste deel van die Super-reeks met verskeie beserings misgeloop het, was ook Maandag een van die klomp voorrymanne wat Du Plessis by sy nuwe tuiste in die Goudstad verwelkom het. Die ander stutte in die groep is Johannes Jonker, Sti Sithole, Asenathi Ntlabakanyo, Frans van Wyk, Keagan Glade, Nathan McBeth en Leo Kruger. Nog ’n oud-Bok, Julian Redelinghuys, sal saam met die voormalige Blou Bul-stut Wessel Roux, wat die laaste klompie jare hand bygesit het met die Leeus se junior spanne, die mentors en afrigters van die stutte wees. Pogings om inligting by die Leeus te kry oor hoe lank Du Plessis se kontrak is, was vrugteloos. |
|
![]() |
Post Reply ![]() |
|
Tweet
|
Forum Jump | Forum Permissions ![]() You cannot post new topics in this forum You cannot reply to topics in this forum You cannot delete your posts in this forum You cannot edit your posts in this forum You cannot create polls in this forum You cannot vote in polls in this forum |