Forum Home Forum Home > Rugby Competitions > Super Rugby
  New Posts New Posts RSS Feed - Jannie du Plessis oefen saam met Leeus
  FAQ FAQ  Forum Search   Events   Register Register  Login Login


The Lions next play Leinster at Ellis Park in the URC on 20 April 2024, kickoff is at 15:00

Jannie du Plessis oefen saam met Leeus

 Post Reply Post Reply
Author
Message
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 39072
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Topic: Jannie du Plessis oefen saam met Leeus
    Posted: 26-Nov-2019 at 8:06am
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/jannie-du-plessis-oefen-saam-met-leeus-20191125

Die voormalige Springbokstut Jannie du Plessis het Maandag sy eerste oefensessie saam met sy nuwe spanmaats van die Leeus in die Johannesburg-stadion gehad.

Skrum Jannie, skrum, gaan waarskynlik aanstaande jaar ’n slagspreuk op Ellispark wees wanneer Du Plessis, wat die laaste paar jare vir Montpellier in Frankryk gespeel het, sy terugkeer tot die Suid-Afrikaanse rugbyvelde maak.

Hy het voorheen hier plaaslik vir die Vrystaat en die Haaie diens gedoen, maar was toe ook een van die talle Suid-Afrikaanse spelers wat in Europa beland het om hul loopbane daar voort te sit.

Du Plessis het vroeër vandeesmaand 37 jaar oud geword en is skaars ’n katspoegie weg van dubbel die ouderdom van sommige van die jong stutte wat ook deel is van die Leeus se oefengroep.

Op die oefenfoto van die Leeus-stutte spog Du Plessis met ’n stewige snor, wat sonder twyfel vir die Movember-veldtog gekweek is. Soos Du Plessis het die Kapenaar Carlu Sadie hom ook by die Leeus aangesluit vir die Super-seisoen. Hy was vanjaar deel van die Leeus se Super-veldtog as leenspeler en het toe teruggekeer na die Westelike Provinsie vir die Curriebeker-seisoen. Die loskopstut Dylan Smith, wat vanjaar die grootste deel van die Super-reeks met verskeie beserings misgeloop het, was ook Maandag een van die klomp voorrymanne wat Du Plessis by sy nuwe tuiste in die Goudstad verwelkom het.

Die ander stutte in die groep is Johannes Jonker, Sti Sithole, Asenathi Ntlabakanyo, Frans van Wyk, Keagan Glade, Nathan McBeth en Leo Kruger. Nog ’n oud-Bok, Julian Redelinghuys, sal saam met die voormalige Blou Bul-stut Wessel Roux, wat die laaste klompie jare hand bygesit het met die Leeus se junior spanne, die mentors en afrigters van die stutte wees. Pogings om inligting by die Leeus te kry oor hoe lank Du Plessis se kontrak is, was vrugteloos.
Back to Top
 Post Reply Post Reply
  Share Topic   

Forum Jump Forum Permissions View Drop Down

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd.

This page was generated in 0.109 seconds.