Forum Home Forum Home > Rugby Competitions > Super Rugby
  New Posts New Posts RSS Feed - Bulle moet blitsig kuur vir ou kwaal kry
  FAQ FAQ  Forum Search   Events   Register Register  Login Login


The Lions next play Cardiff at Ellis Park in the URC on 11 May 2024, kickoff is at 18:15

Bulle moet blitsig kuur vir ou kwaal kry

 Post Reply Post Reply
Author
Message
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 39121
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Topic: Bulle moet blitsig kuur vir ou kwaal kry
    Posted: 10-Apr-2019 at 9:40am
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/Super-Rugby/bulle-moet-blitsig-kuur-vir-ou-kwaal-kry-20190409

’n Ongewenste ou kwaal van die Bulle het Saterdag weer kop uitgesteek toe die Jaguares hulle op Loftus Versfeld verras het.

Frans Ludeke het aan die einde van sy tyd op Loftus daaroor gekla. So ook sy opvolger, Nollis Marais, en ditto vir John Mitchell, wat die Bulle verlede seisoen in die Superreeks afgerig het.

Pote Human, wat as hoofafrigter by Mitchell oorgeneem het, het dit Saterdag witlynkoors genoem.

“Ons het soveel kanse gehad op die aanval en was ’n paar keer by hul doellyn, maar ons kon nie afrond nie. Jy kan dit nie in die kompetisie bekostig nie,” het Human gesê.

Dít nadat die Bulle tot dusver die seisoen in ’n hele paar wedstryde nie ’n halwe kans nodig gehad het om die doellyn oor te steek nie.

Manie Libbok, wat teen die Jaguares Handré Pollard se leemte op losskakel moes vul, sê geduld en dissipline is die week die twee groot brandpunte in die Bulle-kamp.

Hulle kom Saterdag op Loftus teen die Reds te staan.

“Ons het goeie rugby gespeel en het baie kanse geskep, maar dit help niks as jy dit nie in punte kan omskep nie.

“Hier teen die einde was ons dissipline ook nie goed nie en ons het toegelaat dat die Jaguares wen,” sê Libbok.

Dié skraal losskakel sê daar was nie “dreigemente” in die nadraai van die teleurstellende vertoning nie.

Ons almal weet vir coach Pote is dissipline nie onderhandelbaar nie. Goed soos oortredings by die afbreekpunte en hoogvatte word nie geduld nie.

“Ons almal weet vir coach Pote is dissipline nie onderhandelbaar nie. Goed soos oortredings by die afbreekpunte en hoogvatte word nie geduld nie en ons sal moet verbeter in die opsig.

“Daar moet ook meer geduld op die aanval wees. Die gapings sal kom.”

Libbok het al sy talent en vernuf op die aanval onderstreep, tog kan dit nie maklik wees by ’n unie waar Handré Pollard die voorkeur-losskakel is nie.

“Dit is een van daardie dinge. Hy is die Springbok-losskakel.

“Uiteraard wil jy graag soveel moontlik speel, maar dit is ook goed vir my ontwikkeling om onder Handré te speel.

“Ek leer baie by hom en gee alles wanneer ek ’n kans kry. “Jy moet probeer om nie te ver die toekoms in te kyk nie en vir eers is ek dankbaar vir die kans wat ek die naweek gekry het om te begin.

“Ek was tevrede. Die eerste tien minute was ’n bietjie van ’n uitdaging, maar daarna het ek my ritme gevind.”

Die verwagting is dat Pollard en die Boksenter Jesse Kriel terug sal wees in die beginspan vir die kragmeting met die Reds.

Human maak sy span Woensdag bekend.
Back to Top
 Post Reply Post Reply
  Share Topic   

Forum Jump Forum Permissions View Drop Down

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd.

This page was generated in 0.117 seconds.