Forum Home Forum Home > Rugby Competitions > Super Rugby
  New Posts New Posts RSS Feed - Swys: Ek soek veggees, karakter
  FAQ FAQ  Forum Search   Events   Register Register  Login Login


The Lions next play Glasgow Warriors at Ellis Park in the URC on 18 May 2024, kickoff is at 16:05

Swys: Ek soek veggees, karakter

 Post Reply Post Reply
Author
Message
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 39182
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Topic: Swys: Ek soek veggees, karakter
    Posted: 07-Apr-2019 at 8:42am
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/swys-ek-soek-veggees-karakter-20190406

“Dit is eenvoudig,” sê Swys de Bruin ná sy span se groot nederlaag Vrydagaand teen die Haaie: “Ons was nie opgewasse nie.”

De Bruin het moedeloos probeer verduidelik hoe sy span op sy tuisveld so oorrompel is en hoe hulle geen antwoord vir die Haaie se fisieke spel gehad het nie.

En hy was eerlik daaroor. Hy het nie ’n antwoord gehad nie.

“Ek is teleurgesteld. Dit was soos toe ons teen die Bulle gespeel het.

“Fisiek was ons nie daar nie en dis iets wat ons moet regstel. Ons was nie opgewasse nie – ons was nooit in die wedstryd nie,” het De Bruin gesê.

“Hoekom weet ek nie. Ek sal met myself begin en ek sal moet gaan kyk wat presies gebeur het. Hulle was meer fisiek en het ons ore aangesit.”

De Bruin weet hy moet gou uitvind waar die fout is, veral met ’n lang toer oorsee wat nou voorlê. Hy weet ook die probleme is nie nuut nie en die Leeus moes al meer as een keer terugveg van ’n slegte begin af. Die fokuspunt gaan nou wees om te probeer vasstel presies hoekom dit gebeur.

“Dit is moeilik om te sê presies waar die probleem lê. Dit was dieselfde teen die Sunwolves, ons moes eers ’n geelkaart kry voordat ons karakter gewys het. Teen die Rebels was ons 34-5 agter en toe eers het ons karakter gewys.

“Maar ons kan nie so aangaan nie. Ek moet daarna kyk, ons sal as bestuur moet sit en kyk en met die groep leiers praat oor hoekom ons so sleg begin. Dit is die grootse probleem op die oomblik.

“Ek wil karakter en veggees sien. Ek het al baie in my lewe verloor, maar dit is die manier hoe jy verloor wat saakmaak. Jy kan verloor, maar dan wend jy ten minste ’n poging aan om jou opposisie te klop. Daarvan was daar egter in dié wedstryd niks te sien nie.”

De Bruin glo die feit dat hulle Dinsdag Australië toe vlieg ’n seëning vir die span is.

“Dit is ’n goeie ding om die druk te verlig.

“Die toer sal goed vir ons wees. Dit is die perfekte tydsberekening.”

Maar hy waarsku dat tyd weg van die huis af nie alleen hul probleme sal help oplos nie. En al het dit verlede jaar vir hulle gewerk om later in die week oorsee te vlieg, is dit ook geen waarborg vir oorsese sukses nie.

“Dit het vir ons al gewerk, maar om later te reis, gaan nie vir ons wedstryde wen nie. Ons sal moet opstaan en veg soos manne.”
Back to Top
 Post Reply Post Reply
  Share Topic   

Forum Jump Forum Permissions View Drop Down

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd.

This page was generated in 0.062 seconds.