Forum Home Forum Home > Rugby Competitions > Super Rugby
  New Posts New Posts RSS Feed - Stormers hinkepink
  FAQ FAQ  Forum Search   Events   Register Register  Login Login


The Lions next play Cardiff at Ellis Park in the URC on 11 May 2024, kickoff is at 18:15

Stormers hinkepink

 Post Reply Post Reply
Author
Message
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 39121
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Topic: Stormers hinkepink
    Posted: 01-Apr-2019 at 5:23am
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/Super-Rugby/stormers-hinkepink-20190331-2

Die Stormers steier voor Vrydag se Superrugby-wedstryd teen die Reds met sleutelspelers wat verlore is ná Saterdag demoraliserende nederlaag teen die Blues in Auckland.

Terwyl die krukkelys nog nie amptelik bekend gemaak is nie, het Netwerk24 betroubaar verneem dat die Springbok-slot Eben Etzebeth, flank Pieter-Steph du Toit en senter Dan du Plessis almal huis toe gestuur is.

Du Toit se broer Johan, wat as ’n losvoorspeler en slot kan speel, is onder die spelers wat glo ontbied is. Die ander is glo die vleuel Seabelo Senatla en losvoorspeler-slot Ernst van Rhyn.

Dit kan erger raak, want die Springbok-vaskopstut Wilco Louw gaan in Brisbane ’n skandering op sy seer enkel ondergaan. Hy het die veld kort voor rustyd verlaat in die nederlaag van 9-24 teen die Blues op Eden Park.

Pieter-Steph du Toit gaan op vaderskapverlof wees, terwyl Etzebeth se seer kuit én skouer hom glo vir ’n paar weke langs die kantlyn sal hou.

Du Plessis het vermoedelik ’n ernstige kniebesering.

Wat die lewe vir Robbie Fleck, die Stormers se afrigter, verder beduiwel, is dat sy ander Bok-vaskop, Frans Malherbe, en die kaptein, Siya Kolisi, elkeen een van die oorblywende toerwedstryde – teen die Reds en Rebels – sal moet uitsit ter wille van strategiese rus met die oog op die Wêreldbeker-toernooi in Japan later vanjaar.

Die situasie met die stutte kan teweegbring dat die onervare vaskop Michael Kumbirai hom in die 23-tal bevind. Onmiddellik is die vraag tot hoe ’n mate die Kapenaars skrumkrag gaan inboet.

Dan is daar die kwessie van die vleuel Dillyn Leyds, wat katswink geduik is en moontlik sal moet rus.

Fleck sal ook oor sy taktiese plan moet besin.

Hy meen die Stormers het Saterdag hul beste vertoning tot dusver hierdie seisoen gelewer, maar met respek aan hom was dit met die uitsondering van die een teen die Bulle op Loftus seker die domste.

Die Blues is ’n span wat jy op die agtervoet moet dwing deur die bal naby aan jou voorspelers te hou en hoeke toe te skop. Selfs al kaap jy balbesit, gaan jy nie ver kom deur heeldag teen hul opskietverdediging vas te hardloop nie.

Net die vorige week het die Stormers met ’n voorspeler-gedrewe benadering teen die Hurricanes bitter naby aan ’n sege gekom. En die Hurricanes is ’n aansienlik sterker span as die Blues.

Daar was wel positiewe dinge soos die akkuraatheid in die vaste fasette en goeie dissipline.

Wat egter aanhou pla, is die Stormers se onvermoë om veel met die bal in die hand uit te rig. Die Stormers het die bal 163 keer opgedra en net 464 m gebuit. Daarteenoor het die Blues net 93 keer die bal onder die arm gehad, maar 544 m gemaak.

’n Mens hoef ook nie verder as SP Marais se verbroude strafdoel te kyk om te kan sê dat die Stormers nie die groot oomblikke goed gespeel het nie.

Weg van die speelveld is daar ’n belangrike les wat die Stormers by die Nieu-Seelanders kan leer, en dis die gebruik om die fokus in oefensessies op basiese vaardighede te plaas. Om net die bal suiwerder te kan aangee kan die wêreld se verskil maak.

Alles is nie verlore nie, want met seges oor die Reds en Rebels kan die toer nog as ’n sukses beskou word.

Te oordeel aan die Reds se vertonings tot dusver, is daar geen rede waarom die Stormers nie Saterdag in Brisbane weer die perd sal kan opsaal nie.

Om dit te doen gaan Fleck sy troepe egter gerat moet kry om na hul sterkpunte te speel.

Brad Thorn, die Reds se afrigter, was ’n klipharde speler en ’n mens kan verwag dat die Aussies baie fisiek gaan wees.

Hulle is egter Saterdag op hul tuisveld met 32-13 deur die Rebels getroef en het tot op hede vanjaar twee wedstryde gewen en vier verloor.

Vir die Stormers is hierdie dus ’n gulde geleentheid.
Back to Top
Leeubok View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 31-Mar-2016
Location: KZN
Status: Offline
Points: 4954
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Leeubok Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 01-Apr-2019 at 7:34am
Shame.. Snaaks dat die bokke so sukkel in super rugby ne?
Back to Top
 Post Reply Post Reply
  Share Topic   

Forum Jump Forum Permissions View Drop Down

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd.

This page was generated in 0.102 seconds.