Forum Home Forum Home > Rugby Competitions > Super Rugby
  New Posts New Posts RSS Feed - WP se skuld aan Remgro gaan net op en op...
  FAQ FAQ  Forum Search   Events   Register Register  Login Login


The Lions next play Cardiff at Ellis Park in the URC on 11 May 2024, kickoff is at 18:15

WP se skuld aan Remgro gaan net op en op...

 Post Reply Post Reply
Author
Message
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 39119
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Topic: WP se skuld aan Remgro gaan net op en op...
    Posted: 18-Mar-2019 at 2:41pm
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/wp-se-skuld-aan-remgro-gaan-net-op-en-op-20190316

WP Rugby se leningskuld aan Remgro het tot meer as R50 miljoen gegroei nadat dié rugbyunie nie sy terugbetalings aan rente nagekom het nie.

Volgens Rapport se bronne betaal die WP al ’n geruime tyd nie die rente op die lening nie, wat beteken dat die oorspronklike leningsbedrag van R40 miljoen nou net onder R53 miljoen staan.

Na raming kan die rente in die volgende drie jaar die leningsbedrag tot R80 miljoen laat groei as die WP-base nie die rente begin betaal nie.

Ingeligtes sê dat die WP se geldsake effe beroerd lyk en die unie nie ’n wins maak nie.

Die Nuwelandse toeskouergetalle met die Super-wedstryd teen die Leeus was ook ver benede verwagtinge, terwyl die binnegevegte tussen die amateur- en professionele kante ook die finansiële posisie van die unie benadeel.

Volgens Rapport se inligting het 28 losie-eienaars sedert die begin van die jaar hul kontrakte met die WP opgesê. Die beraamde verlies aan inkomste kan tot R4,5 miljoen beloop.

Volgens Rapport se inligting het 28 losie-eienaars sedert die begin van die jaar hul kontrakte met die WP opgesê. Die beraamde verlies aan inkomste kan tot R4,5 miljoen beloop.

Remgro se lening het in 2016 grootliks die WP van ineenstorting gered.

’n Ultimatum van Remgro in 2018 het daartoe gelei dat die WP sekuriteit vir die lening gegee het.

Volgens ’n prokureursbrief in 2018 het Remgro R7,51-miljoen op 3 November 2016, R7,51-miljoen op 25 November 2016, R19 miljoen op 22 Desember 2016 en R9,88-miljoen in ’n ander stadium aan WP geleen.

Terwyl WP nog nooit erken het dat hulle die Nuweland-stadion as sekuriteit vir die lening gegee het nie, het meer as een bron dit wel aan Rapport bevestig.

Rapport verneem ook dat Zelt Marais, presedent van die WP Rugbyunie, verlede jaar ’n brief van Remgro ontvang het net nadat hy tot president verkies is en hy sekere opmerkings oor die maatskappy en die Remgro-lening gemaak het.

Marais is in die brief glo herinner dat Remgro as krediteur hul lening binne 48 uur se kennisgewing kan herroep indien hulle dit nodig sou vind.

Marais is die afgelope paar maande in ’n magstryd met die WP Maatskappy se raad betrokke. Die magstryd het tot ongelukkigheid onder die spelers en borge gelei.

Remgro se uitvoerende hoof, Jannie Durand, het by navraag van Rapport gesê dit sal onvanpas wees om kommentaar te lewer.

“In die lig van die private en vertroulike aard van die aangeleenthede tussen Remgro Sport Investments (RSI) en die WPRFU sal dit onvanpas wees om in detail op die vrae te reageer.

"Al wat ons kan sê, is RSI is in gereelde gesprekke met die unie om te verseker dat die unie se verpligtinge ten volle terugbetaal sal word, sonder enige vertragings,” het Durand per e-pos aan Rapport gesê.

Al wat ons kan sê, is RSI is in gereelde gesprekke met die unie om te verseker dat die unie se verpligtinge ten volle terugbetaal sal word.

Die WP is ook steeds in ’n hofsaak gewikkel met die maatskappy Aerios, wat R250 miljoen van die rugbyunie eis.

Paul Zacks, WP se uitvoerende hoof, en Michael de Vries, WP-woordvoerder, het nie op navrae gereageer nie.
Back to Top
 Post Reply Post Reply
  Share Topic   

Forum Jump Forum Permissions View Drop Down

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd.

This page was generated in 1.531 seconds.