Forum Home Forum Home > Rugby Competitions > Super Rugby
  New Posts New Posts RSS Feed - Jong Leeu Tshituka: Die danser wil net duik
  FAQ FAQ  Forum Search   Events   Register Register  Login Login


The Lions next play Cardiff at Ellis Park in the URC on 11 May 2024, kickoff is at 18:15

Jong Leeu Tshituka: Die danser wil net duik

 Post Reply Post Reply
Author
Message
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 39121
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Topic: Jong Leeu Tshituka: Die danser wil net duik
    Posted: 13-Mar-2019 at 5:22am
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/Super-Rugby/jong-leeu-tshituka-die-danser-wil-net-duik-20190312

As ’n laerskoolseuntjie was die Leeus-flank Vincent Tshituka ’n baldanser. Hy kan jou alles vertel van die sinkronisiteit en ritme wat nodig is in dié sport en weet ’n ding of twee van vinnig beweeg.

Maar op die rugbyveld maak dié 20-jarige nie op sy vinnige voete staat nie. Sy grootste rugby-ideaal is eerder om ’n verdediger duisend te wees.

“Meer as enigiets anders wil ek hê my kenteken moet verdediging wees,” het die jongeling Dinsdagmiddag by die Johannesburg-stadion gesê. “Ek háát dit om duikslae te mis. Ek sou graag al die boksies van ’n goeie 7-flank wou afmerk, maar ek was baie teleurgesteld oor die twee sagte drieë wat ons in die laaste minute teen die Jaguares afgestaan het.”

Die jong flank het inderdaad Saterdag in sy Superrugby-debuut teen die Jaguares die oog getref met sy verdediging en met sy eerste duikslag van die middag ’n strafskop vir sy span gewen.

Maar hy is ook geen hierjy met die bal in die hand nie en het ’n paar Argentynse verdedigers besig gehou.

Tshituka, ’n produk van Northcliff High School (nie juis ’n rugbyreus nie, soos hy self ook meld), het sy eerste rugbytreë as ’n vleuel gegee, voor hy in graad 9 as flank ingespan is en in ’n stadium selfs slot gespeel het.

Van daai dag af het ek nog nooit weer sywaarts gehardloop nie. En ek druk die bal nou onder my arm in.

Hy was nie veel van ’n vleuel nie, sê hy met ’n stewige dosis selfspot.

“Ek dink ek het in my gr. 8-jaar net een drie gedruk,” sê hy voor hy uit sy maag lag. “Ek het in die A-, die B- en die C-span gespeel, want ek was nie wat jy ’n ‘veilige’ vleuel sou noem nie. Ek sou ’n aaklige wedstryd vir die B-span hê en dan C-span toe gepos word, maar my weer uit my sokkies speel vir hulle en opskuif.

“Daar is een spesifieke dag wat vir my uitstaan en ’n reuse-invloed op my gehad het, in my o.16-jaar. Ek het die bal altyd soos ’n brood voor my vasgehou en skuins oor die veld gehardloop. In een spesifieke wedstryd het ek dit baie gedoen en my afrigter het dit verlóór.

“Hy het my ná die wedstryd een kant toe getrek en gesê: ‘Luister, jy kan dit nie meer doen nie! Ek kan dit nie hanteer nie! Hardloop net reguit. As jy getêkkel word, wat daarvan?’

“Ek was emosioneel daarna, want ek het gedink ek het ’n groot bydrae gemaak. Maar van daai dag af het ek nog nooit weer sywaarts gehardloop nie. En ek druk die bal nou onder my arm in. Dit was harde woorde, maar dit het my so baie gehelp.”

Tshituka sê hy het nie grootgeword met voorspeler-rolmodelle nie, maar eerder video’s van vleuels soos die All Black René Ranger en Engelsman Manu Tuilagi gekyk.

“Maar eintlik kyk ek nie op na ander spelers nie. Ek geniet dit om te kyk hoe ander mense speel, om hul uniekheid en hul gawes op die rugbyveld te sien, maar ek kan nie sê daar is iemand spesifiek soos wie ek wil wees nie.

“Ek hou daarvan om ek te wees.”
Back to Top
 Post Reply Post Reply
  Share Topic   

Forum Jump Forum Permissions View Drop Down

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd.

This page was generated in 0.094 seconds.