Forum Home Forum Home > Rugby Competitions > Super Rugby
  New Posts New Posts RSS Feed - Rassie lees Stormers die leviete voor
  FAQ FAQ  Forum Search   Events   Register Register  Login Login


The Lions next play the Stormers in Cape Town in the URC on 1 June 2024, kickoff is at 14:00

Rassie lees Stormers die leviete voor

 Post Reply Post Reply
Author
Message
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 39259
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Topic: Rassie lees Stormers die leviete voor
    Posted: 12-Mar-2019 at 2:11pm
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/Super-Rugby/rassie-lees-stormers-die-leviete-voor-20190312

Asof dit nie erg genoeg by hulle spook nie, het die Springbok-afrigter, Rassie Erasmus, die Stormers se hoëprofiel-spelers verlede week – op ’n Springbok-beplanningskamp in Kaapstad – ook herinner dat hulle skandes gemaak het in hul Superrugby-wedstryd teen die Bulle op Loftus.

“Rassie het vir ons ’n bietjie die leviete voorgelees en gesê dat ons nie ons hande opgesteek het of fisiek genoeg teen die Bulle was nie,” het die Stormers se Springbok-binnesenter, Damian de Allende, onthul.

Die Stormers is in daardie wedstryd op 16 Februarie met 40-3 afgeransel, maar het sedertdien die Leeus en Haaie geklop.

“Hy was baie beïndruk met ons inklimspel teen die Leeus en Haaie, maar het gesê dat ons elke week ons standaarde hoog moet hou. Hy eis dit van elke Suid-Afrikaanse span – of ons nou teen mekaar of ’n oorsese teenstander speel,” sê De Allende.

“Rassie wil hê ons moet voorlangs oorheers en as Bokke op en van die veld af deur ons voorbeeld lei.”

Eintlik was dit nie vir Erasmus nodig om eens die nederlaag teen die Bulle te noem nie.

“Die ouens praat steeds daaroor, want dit maak steeds seer. Hopelik kan ons dinge regstel wanneer ons weer teen hulle speel,” sê De Allende.

Vir eers is die Jaguares Vrydagaand op Nuweland in die Stormers se visier. Volgens De Allende besef die Stormers dat die Suid-Amerikaners, wat weens ongemaklike reisreëlings verlede naweek ’n verswakte span teen die Leeus laat speel het, Vrydagaand se wedstryd as ’n potensiële weg-oorwinning geoormerk het.

“Ons beskou dit as ’n toetswedstryd, want ons gaan teen ’n span vol Argentynse toetsspelers speel. Dit gaan taai wees, maar ons het ’n hele paar Springbokke in ons span. Ek bedoel dit nie op ’n arrogante manier nie, maar daar is etlike ouens in ons span met baie internasionale ervaring,” sê De Allende.

“Hopelik kan ons ewe fisiek as hulle wees, want ons weet watter soort aanslag ons kan verwag. Hulle het vir die wedstryd teen die Leeus 11 veranderings gemaak en in die skrums gesukkel, maar ons weet die Jaguares gaan met alles kom wat hulle het. Dit gaan vir ons voorspelers ’n toets wees. Hopelik kan ons daar ons man staan en selfs beter as hulle wees.”

Wat die pleidooi vir ’n bietjie meer vindingrykheid op die aanval betref – die Stormers het tot dusver nog net twee drieë gedruk, minder bresse geslaan en minder veld as enige ander span in die reeks met die bal in hand gewen – is De Allende filosofies.

“Almal wil hardlooprugby speel, maar ons moet die balans vind. Ons is tans op die wenpad. Dis sinloos om tien drieë te wil druk en dan te verloor,” sê hy.

“Dinge sal in plek val sodra ons ons ritme op die aanval vind. As ons met lelike rugby wen, is dit goed so. Ons sal dit vat en dan ook daaruit leer. Die belangrikste ding is om te wen.”
Back to Top
Leeubok View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 31-Mar-2016
Location: KZN
Status: Offline
Points: 4954
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Leeubok Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 13-Mar-2019 at 7:57am
"Dis sinloos om tien drieë te wil druk en dan te verloor,” sê hy."

Ek het nooit gedink ek sal so iets se nie, maar ek stem saam Duh Duh!
Back to Top
 Post Reply Post Reply
  Share Topic   

Forum Jump Forum Permissions View Drop Down

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd.

This page was generated in 0.078 seconds.