Forum Home Forum Home > Rugby Competitions > Super Rugby
  New Posts New Posts RSS Feed - Orie bring dalk kuur vir Leeus se rolmaal-kopseer
  FAQ FAQ  Forum Search   Events   Register Register  Login Login


The Lions next play Cardiff at Ellis Park in the URC on 11 May 2024, kickoff is at 18:15

Orie bring dalk kuur vir Leeus se rolmaal-kopseer

 Post Reply Post Reply
Author
Message
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 39123
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Topic: Orie bring dalk kuur vir Leeus se rolmaal-kopseer
    Posted: 12-Mar-2019 at 2:09pm
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/Super-Rugby/orie-bring-dalk-kuur-vir-leeus-se-rolmaal-kopseer-20190311

As Swys de Bruin-hulle vandeesweek weer ’n hoop veranderinge aan die Leeus se Superrugbyspan maak, sal dit beslis nie die skuld van die beseringspook wees nie.

Die Leeus se spandokter, Rob Collins, het Maandag bevestig dat geen spelers die naweek teen die Jaguares vars skete opgedoen het nie.

Boonop lyk dit asof die slot Marvin Orie volkome herstel het van sy liesbesering en Saterdag op die Rebels losgelaat sal word.

Orie se terugkeer kan ’n welkome oplossing bied vir een van die Leeus se groot tekortkominge teen die Jaguares: hul verdediging teen rolmaalbewegings.

Die Argentyne het drie drieë van rolmale af gedruk.

“Ons móét beter doen om rolmale te stop,” het De Bruin ná Saterdag se stryd gesê.

“Ons het met twee bloedjong slotte gespeel (Ruan Vermaak is 20 en Rhyno Herbst 22) en hoewel hulle goeie wedstryde beleef het, is daardie een van die dinge waaraan ons hierdie week moet werk.”

Die flank Cyle Brink se seer knie sal hom minstens nog ’n week langs die kantlyn hou, wat moontlik ’n tweede hap aan die appel kan beteken vir die jong Vincent Tshituka.

Hy was saam met Marnus Schoeman en Kwagga Smith in die lostrio en het ’n skouspelagtige Superrugby-debuut gehad.

De Bruin het wel aangedui dat hy weer ’n paar veranderinge sal maak vir die stryd teen die Rebels, wat ná drie wedstryde steeds onoorwonne is en beloof om die Leeus behoorlik te toets.

“Ons sal beslis spelers roteer,” het De Bruin gesê. “Daar was ’n paar goeie spelers, ’n paar Springbokke, wat nie in hierdie wedstryd kans gekry het nie en wat ons nie kan weggooi nie.

“Maar die ouens weet, hulle moet nou hard druk om die trui te dra. Dis ’n gesonde situasie.”

Dit sal nie verbaas indien ’n paar “ou hande” weer Saterdag kans kry om hul stempel af te druk nie.

Hoewel die jong Turke Saterdag vir die eerste uur uitmuntend gespeel het, was koeler koppe nodig in die laaste kwart, toe die Jaguares vier keer agter die doellyn gaan kuier het.

Back to Top
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 39123
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 12-Mar-2019 at 2:15pm
>>Hy was saam met Marnus Schoeman en Kwagga Smith in die lostrio en het ’n skouspelagtige Superrugby-debuut gehad.


Yip hy was baie goed, het met energie gespeel en niks verkeerd gedoen nie. Weet nie of dit skouspelagtig was nie maar hy was een van die beter spelers op die veld en Swys het ook na die wedstryd gese dat hy vir hom eintlik die man van die wedstryd was
Back to Top
Goue Leeu View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 18-Apr-2016
Status: Offline
Points: 2219
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Goue Leeu Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 12-Mar-2019 at 2:59pm
Ek is nie 'n rolmaal expert nie, maar saterdag het ons elke keer wanneer die Jaguares begin dryf, drie of vier forwards gehad wat los teruggestaan het van die maul af en dan wanneer die Jaguares begin momentum kry, dan kom hulle in om te help. Maar dit was elke keer te laat en die momentum van die rolmaal was dan reeds te groot. Sal dit nie beter wees as al agt van die begin af soos een man indryf en die opponente probeer terug dryf nie? Voordat daar momentum is? Of ten minste die opponente se gesamentlike dryf-poging uitkanseleer met ons eie agtman poging tot die ref sê "use it"?? 
Back to Top
WitBoer View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 31-Mar-2016
Location: Bronkhorstsprui
Status: Offline
Points: 2162
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote WitBoer Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 12-Mar-2019 at 4:19pm
Originally posted by Transvaal Transvaal wrote:

https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/Super-Rugby/orie-bring-dalk-kuur-vir-leeus-se-rolmaal-kopseer-20190311

Dit sal nie verbaas indien ’n paar “ou hande” weer Saterdag kans kry om hul stempel af te druk nie.

Hoewel die jong Turke Saterdag vir die eerste uur uitmuntend gespeel het, was koeler koppe nodig in die laaste kwart, toe die Jaguares vier keer agter die doellyn gaan kuier het.

Nee wat dan gaan ek my Superbru pick moet verander... Die enigste veranderings wat ek sou gemaak het was Orie in Herbst se plek en Combrinck op 15... As Swys nou weer vir Groom, Mapoe en Vorster terugbring het ek GEEN hoop vir ons nie.
"Believe nothing, No matter where you read it, Or who has said it, Not even if I have said it, Unless it agrees with your own reason And your own common sense" - Buddha
Back to Top
Leeubok View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 31-Mar-2016
Location: KZN
Status: Offline
Points: 4954
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Leeubok Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 13-Mar-2019 at 8:04am
Originally posted by Goue Leeu Goue Leeu wrote:

Ek is nie 'n rolmaal expert nie, maar saterdag het ons elke keer wanneer die Jaguares begin dryf, drie of vier forwards gehad wat los teruggestaan het van die maul af en dan wanneer die Jaguares begin momentum kry, dan kom hulle in om te help. Maar dit was elke keer te laat en die momentum van die rolmaal was dan reeds te groot. Sal dit nie beter wees as al agt van die begin af soos een man indryf en die opponente probeer terug dryf nie? Voordat daar momentum is? Of ten minste die opponente se gesamentlike dryf-poging uitkanseleer met ons eie agtman poging tot die ref sê "use it"?? 

Ek het ook n paar keer op my tv gegil en skree dat die ouens moet inklim en dryf. Irriteer my grensloos as hul eers ingaan wanneer daar klaar momentum is, want dan is dit te laat en onmoontlik om te stop sonder om ten minste n strafskop af te staan
Back to Top
Leeubok View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 31-Mar-2016
Location: KZN
Status: Offline
Points: 4954
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Leeubok Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 13-Mar-2019 at 8:08am
Originally posted by WitBoer WitBoer wrote:

Originally posted by Transvaal Transvaal wrote:

https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/Super-Rugby/orie-bring-dalk-kuur-vir-leeus-se-rolmaal-kopseer-20190311

Dit sal nie verbaas indien ’n paar “ou hande” weer Saterdag kans kry om hul stempel af te druk nie.

Hoewel die jong Turke Saterdag vir die eerste uur uitmuntend gespeel het, was koeler koppe nodig in die laaste kwart, toe die Jaguares vier keer agter die doellyn gaan kuier het.

Nee wat dan gaan ek my Superbru pick moet verander... Die enigste veranderings wat ek sou gemaak het was Orie in Herbst se plek en Combrinck op 15... As Swys nou weer vir Groom, Mapoe en Vorster terugbring het ek GEEN hoop vir ons nie.

Ek stem dat Swys nie nou al die ouens moet terugbring nie, maar ek dink ook hul verdien darem nie om heeltemal weggegooi te word nie. Dis 'n gesonde situasie wat ons tans het, hulle weet nou hul plekke is nie verseker nie en moet sokkies optrek
Back to Top
 Post Reply Post Reply
  Share Topic   

Forum Jump Forum Permissions View Drop Down

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd.

This page was generated in 0.116 seconds.