Forum Home Forum Home > Rugby Competitions > Super Rugby
  New Posts New Posts RSS Feed - Swys was spelers én sy eie kop
  FAQ FAQ  Forum Search   Events   Register Register  Login Login


The Lions next play Glasgow Warriors at Ellis Park in the URC on 18 May 2024, kickoff is at 16:05

Swys was spelers én sy eie kop

 Post Reply Post Reply
Author
Message
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 39182
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Topic: Swys was spelers én sy eie kop
    Posted: 03-Mar-2019 at 11:10am
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/swys-was-spelers-en-sy-eie-kop-pote-in-sy-noppies-met-8-tal-pollard-20190302

’n Opsigtelik teleurgestelde Swys de Bruin het gisteraand sy hand spreekwoordelik opgesteek en ruiterlik erken: “Ja, ons is fisiek oordonder.”

Die Bulle het hul Superrugby-kragmeting met die Leeus op Ellispark met 30-12 gewen nadat hul agttal die grondslag gelê het.

“Daar is geen verskonings nie. Ons is geklop deur ’n baie beter span op die dag. Ons sal ons foute moet gaan regstel, maar geluk aan die Bulle,” het De Bruin, die Leeus-breier, ná die wedstryd gesê.

“Ek sal moet gaan ontleed wat verkeerd gegaan het. Ons het vir die eerste 24 minute niks van die bal gesien nie en sonder die bal kan jy nie speel nie.

“Hulle het ons versmoor, ek dink dit is die term om te gebruik. Ons was ook baie swak in die lug, ek dink nie ons het een bal uit die lug gevang nie.

“Ons was almal swak, nie net die agterspelers of die voorspelers nie, maar ek ook.”

De Bruin sê hy het geglo die Leeus kan terugveg nadat hulle rustyd reeds met 17-0 agter was.

“Ons was al voorheen agter en het dan teruggeveg. Ek het in ’n stadium gedink ons gaan dit weer doen, maar ons kon net nie afrond nie. Ons het skoppe deurgestuur en gejaag, dan staan ons ’n strafskop af.

“Ons kan geensins tevrede wees nie,” sê hy.

Pote Human, die Bulle se breier, het sy span vir ’n oorheersende vertoning geloof.

“Die ouens was uitstaande, veral in die eerste helfte, al het ons ’n paar geleenthede verbrou om nog punte aan te teken,” sê Human.

“Ons moet nou net begin om beter af te rond.

“In die tweede helfte was die verdediging uitsonderlik. Die voorspelers was uitstaande, dit is waar wedstryde gewen of verloor word – in die pak.

“Ek was baie tevrede met ’n ou soos (die slot) Eli Snyman, wat ingekom het vir Lood de Jager. Hy het na vore getree.”

Human was net so in sy noppies met die vertoning van sy losskakel en kaptein, Handré Pollard. Pollard is as die Speler van die Wedstryd aangewys ná ’n skitterende taktiese vertoning.

“Hy was ongelooflik goed, net die wyse waarop hy die ouens kalm gehou het en hoe hy al die situasies hanteer het. Sy skopskoen was briljant.

“Al die leiers in die span verdien baie krediet.”

Een van dié leiers, die strydros-haker Schalk Brits, was een van sy span se uitblinkers.

“Hy was uitstekend. In die eerste wedstryd het ons vir hom 34 minute gegee, toe 50 minute en vandag wou ons vir hom 80 gee, maar hy het moeg geraak,” skerts Human.
Back to Top
 Post Reply Post Reply
  Share Topic   

Forum Jump Forum Permissions View Drop Down

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd.

This page was generated in 0.063 seconds.