Forum Home Forum Home > Rugby Competitions > Super Rugby
  New Posts New Posts RSS Feed - Leeus-rolmaal spook steeds by Pote
  FAQ FAQ  Forum Search   Events   Register Register  Login Login


The Lions next play Cardiff at Ellis Park in the URC on 11 May 2024, kickoff is at 18:15

Leeus-rolmaal spook steeds by Pote

 Post Reply Post Reply
Author
Message
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 39121
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Topic: Leeus-rolmaal spook steeds by Pote
    Posted: 28-Feb-2019 at 7:53am
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/Super-Rugby/leeus-rolmaal-spook-steeds-by-pote-20190227

Die Leeus is dalk sonder ’n paar groot maanhare in hul agttal, maar in die Bulle-kamp word die span anderkant die Jukskei steeds as die voorste Superrugby-franchise in Suid-Afrika gereken.

Daarom sal die Bulle nie Saterdag die fout begaan om by Ellispark aan te kom met die veronderstelling dat hulle teen ’n verswakte tuisspan speel nie, verseker Pote Human, die Pretorianers se breier.

Dit is veral in die pak waar die Leeus vanjaar moet wys die vertrek van ysters soos Franco Mostert en Jaco Kriel is nie die einde van die wêreld nie.

Met die Leeus se inspirerende kaptein, Warren Whiteley, ook afwesig, kan die agttal mos nie meer die span se troefkaart wees nie?

Human stem nie saam nie.

“Dit gaan ’n storie wees teen hulle by die afbreekpunte met Malcolm Marx, Marnus Schoeman en Kwagga Smith, wat almal uitstekend is op die grond.

“Hulle het Saterdag teen die Stormers gewys hul skrum is ook nog net so gedug soos vantevore.

Ons het ook nie vergeet nie dat die Leeus verlede seisoen vier keer gaan druk het met lynstaan-rolmale. Ek het die voorspelers toe afgerig en dit maak steeds seer.

“Ons het ook nie vergeet nie dat die Leeus verlede seisoen vier keer gaan druk het met lynstaan-rolmale. Ek het die voorspelers toe afgerig en dit maak steeds seer.

“Ons berei deeglik voor vir dít wat voorlangs op ons wag.”

Die Bulle het in albei 2018 se ontmoetings met die buurspan slae gekry – 35-49 en 12-38.

Human het twee veranderings aan die span aangebring wat die naweek teen die Jaguares verloor het in Buenos Aires.

Die belowende Zimbabwiër Eli Snyman, wat nog net twee keer in die reeks uitgedraf het, vervang die beseerde slot en kaptein, Lood de Jager.

De Jager het ’n skouerbesering teen die Jaguares opgedoen en die binnesenter Burger Odendaal het Dinsdag dieselfde teëspoed gehad in ’n oefensessie.

Dylan Sage vervang Odendaal in die middelveld.

Human sê hy sien uit na Sage se vertoning.

“Dylan was puik in die voorseisoen, veral in die losmaker teen die Haaie en hy verdien ’n behoorlike kans. Hy en Burger se sterkpunte verskil en die afwisseling kan tot ons voordeel wees.”

Die Springbok-losskakel Handré Pollard is die nuwe kaptein in De Jager se plek, terwyl Human vir Duane Vermeulen as die onderkaptein aangewys het.

Pollard sê hy sien oudergewoonte uit om sy tweestryd met Elton Jantjies te hervat.

“Ons geniet dit om teen mekaar te speel. Hy is ’n goeie speler en een van die leiers in hul span.

“As ons hom onder druk kan plaas, is ons halfpad daar. Ons het ’n paar planne, maar ons sal moet wag en sien,” sê Pollard.

Warrick Gelant, Cornal Hendricks, Jesse Kriel, Dylan Sage, Rosko Specman, Handré Pollard (k), Embrose Papier, Duane Vermeulen, Hanro Liebenberg, Ruan Steenkamp, Eli Snyman, Jason Jenkins, Trevor Nyakane, Schalk Brits, Lizo Gqoboka. PLAASVERVANGERS: Corniel Els, Simphiwe Matanzima, Dayan van der Westhuizen, Jannes Kirsten, Tim Agaba, Ivan van Zyl, Manie Libbok, Divan Rossouw.
Back to Top
PaBz0r View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu


Joined: 30-Mar-2016
Location: Pretoria
Status: Offline
Points: 2720
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote PaBz0r Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 28-Feb-2019 at 8:47am
Net soos die Jaguares jou ook onder druk geplaas het? :)
Back to Top
 Post Reply Post Reply
  Share Topic   

Forum Jump Forum Permissions View Drop Down

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd.

This page was generated in 0.086 seconds.