Forum Home Forum Home > Rugby Competitions > Super Rugby
  New Posts New Posts RSS Feed - Nederlaag teen Stormers dalk bedekte seën
  FAQ FAQ  Forum Search   Events   Register Register  Login Login


The Lions next play Cardiff at Ellis Park in the URC on 11 May 2024, kickoff is at 18:15

Nederlaag teen Stormers dalk bedekte seën

 Post Reply Post Reply
Author
Message
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 39121
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Topic: Nederlaag teen Stormers dalk bedekte seën
    Posted: 27-Feb-2019 at 7:57pm
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/nederlaag-teen-stormers-dalk-bedekte-seen-20190227

Die doodsnik-nederlaag teen die Stormers was dalk net die regte doepa om die Leeus aan die gang te kry in vanjaar se Superrugby-reeks.

Harold Vorster, die Leeus se binnesenter, sê belangrike lesse is uit dié nederlaag met 17-19 in Kaapstad geleer.

“Dit is steeds die begin van die seisoen, so dit is dalk goed dat ons verloor het. Nou kan ons harder werk om ons foute reg te stel,” sê die 25-jarige Vorster.

Een van dié lesse, is dat strafskoppe jou grootste vyand is.

Ons dissipline het ons in die steek gelaat. Ons het drie strafskoppe in die eerste helfte afgestaan en 12 in die tweede helfte.

“Ons dissipline het ons in die steek gelaat, veral in die tweede helfte. Ons het drie strafskoppe in die eerste helfte afgestaan en 12 in die tweede helfte.

“Dit het ons baie duur te staan gekom,” sê hy.

Dissipline is een aspek waarin die Leeus Saterdag in hul eerste tuiswedstryd van die seisoen, teen die Bulle op Ellispark, wil verbeter.

Al het die Bulle Saterdag in Argentinië teen die Jaguares verloor, glo Vorster hulle gaan steeds ’n groot uitdaging bied.

“Dit sal ’n groot wedstryd wees, die Bulle is ’n goeie span. Hulle gaan wil terugslaan ná hul nederlaag, maar ons is trots op ons vertonings op Ellispark.

“Ná al die reis wat ons gedoen het, is hierdie ons eerste ‘normale week’. Ons het twee weke gelede op die Woensdag na Buenos Aires vir die stryd teen die Jaguares gevlieg en eers vroeg die Maandag teruggekom.

“Hierdie is ’n normale week, so ons is gewoond aan die voorbereidingsprosedures en ons speel voor ons tuisskare, wat ons baie sal help.”

Volgens Vorster wil die agterspelers graag meer met die bal hardloop in hul eerste tuiswedstryd.

“Die voorspelers gee vir ons goeie voorvoet-bal, so ons moet beter besluite neem. Ons kan die bal meer hou.”

Vorster en sy mede-agterspelers sal hoop die voorspelers kan hulle Saterdag weer op die voorvoet plaas.

Die voorspeler-afrigter, Philip Lemmer, sê vanjaar se pak verskil drasties van 2018 se agttal.

“Die dinamika van die pak het baie verander. Ouens soos Jacques van Rooyen, Franco Mostert, Andries Ferreira en Ruan Dreyer was voorspelers wat goed was met rolmaalbewegings en hard gewerk het,” sê Lemmer.

“Die nuwe, jonger ouens is meer beweeglik en rats.”

Die Leeus is wel sonder hul besielende agtsteman en kaptein, Warren Whiteley, wat tot agt weke met ’n borsspierbesering buite aksie kan wees.

“Ons sal altyd vir Wazza mis, ons kon dit die naweek sien. Hy bring kalmte en is ’n kaptein wat oplossings bied,” sê Lemmer.

Ons sal altyd vir Wazza mis, ons kon dit die naweek sien. Hy bring kalmte en is ’n kaptein wat oplossings bied.

Die kans is goed dat Elton Jantjies die leisels by hom sal oorneem. ’n Finale besluit sal Donderdag geneem word.

“Elton sal goed wees, hy bestuur sake soos ’n generaal. Malcolm (Marx) en Kwagga (Smith) sal ook na vore tree in leierskapposisies.

“Ons glo alles werk ten gunste van ons uit en nie teen ons nie. Dalk is daar ’n rede waarom Wazza nou moet uit wees, dalk is dit ’n kans vir iemand anders om na vore te tree.”

* Ondersteuners wat die wedstryd Saterdag gaan bywoon, moet ingedagte hou dat dele van die M2 van Donderdag 28 Februarie gesluit gaan wees en hul roetes daarvolgens beplan.
Back to Top
 Post Reply Post Reply
  Share Topic   

Forum Jump Forum Permissions View Drop Down

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd.

This page was generated in 0.105 seconds.