Forum Home Forum Home > Rugby Competitions > Super Rugby
  New Posts New Posts RSS Feed - Stormers wil dwangbuis in Durban afskud
  FAQ FAQ  Forum Search   Events   Register Register  Login Login


The Lions next play Cardiff at Ellis Park in the URC on 11 May 2024, kickoff is at 18:15

Stormers wil dwangbuis in Durban afskud

 Post Reply Post Reply
Author
Message
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 39121
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Topic: Stormers wil dwangbuis in Durban afskud
    Posted: 26-Feb-2019 at 1:52pm
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/Super-Rugby/stormers-wil-dwangbuis-in-durban-afskud-20190226

Die Stormers hoop om hul dwangbuis af te skud in Saterdag se Superrugby-wedstryd teen die Haaie op Kingspark in Durban.

In die Kapenaars se eerste twee wedstryde van vanjaar se veldtog – teen die Bulle en Leeus – het hulle net ’n enkele drie aangeteken. Dít was boonop in die doodsnikke teen die Leeus op Nuweland die afgelope naweek.

“Ons was onder geweldige druk verlede week en daar is laer getrek met die span wat met die rug teen die muur was. Hopelik kan ons dié naweek meer aanvallend wees in ons spel en benadering tot die wedstryd. Ons wil die wedstryd graag teen ’n vinniger tempo speel,” sê John Dobson, die Stormers se hulpafrigter wat spesialiseer in hul spel by die afbreekpunte.

Of dit moontlik gaan wees, is ’n ope vraag, want donderstorms word vir Saterdag in Durban voorspel. ’n Nat veld sal hulle dwing om meer konserwatief in hul benadering te wees.

“Ons wil graag vinnig speel, maar dit pla ons nie as dit reën nie. Daar is etlike Springbokke in ons agttal en ons kan ongeag die toestande aanpas,” sê Dobson.

Die Stormers behoort voorlangs sterker te wees as die afgelope naweek teen die Leeus, want die vaskopstut Wilco Louw is weer fiks nadat ’n seer rug hom langs die kantlyn gehou het vir die wedstryd teen die Leeus. Met Frans Malherbe ook daar, het die Stormers twee Springbok-vaskoppe tot hul beskikking.

Eben Etzebeth, wat ’n reuseverskil gemaak het toe hy in die tweede helfte opgestuur is, sal waarskynlik dié naweek in die beginspan wees.

Dillyn Leyds (heelagter) en Juarno Augustus (agtsteman) is ook beskikbaar.

Terwyl die Stormers baie foute gemaak het teen die Leeus, sê Dobson hulle het ná ’n ontleding van die beeldmateriaal beter oor die vertoning gevoel.

“Teen die einde het ons die tempo goed versnel en die lynstane in ’n bietjie meer as 20 sekondes begin afhandel, nadat dit vroeër in die wedstryd by die 35 sekondes was,” sê hy.

“Ons was op die verdediging skerp by die afbreekpunte, lekker fisiek nadat Eben en Jaco Coetzee opgestuur is, en Herschel Jantjies het ook vir ons goeie ritme gegee. Dit was beslis nie net ’n geval van die spelers wat karakter getoon het, maar niks meer nie.”

Dobson erken daar was ook ’n tikkie geluk aan hul kant.

“Die bal het by die laaste skrum uitgespat nadat Scarra Ntubeni dit hard gehaak het. As dit nie gebeur het nie sou die Leeus ons dalk van hul doellyn weggehou en die storie sou ‘Stormers verloor wéér’ gewees het. Herschel het egter ’n wonderlike kans benut en nou is dit ‘die span het baie karakter getoon’.

“Wie ook al dié wedstryd verloor het, sou gegrief kon voel. Daar was teen die einde baie druk op die skeidsregter (Egon Seconds). Ons was deur die loop van die wedstryd ook ontevrede oor van die beslissings.”

Dobson verwag dié naweek ’n ander soort uitdaging as teen die Leeus.

“Die Haaie val die voordeellyn meer aggressief aan, terwyl die Leeus weer puik baljagters het en balbesit probeer steel. As die Haaie op die voorvoet kom en die bal in kontak begin aangee, plaas hulle jou onder groot druk,” sê hy.

“Hulle skop takties ook baie goed. Robert du Preez, Louis Schreuder en Curwin Bosch is baie akkuraat in hul uitvoering.”
Back to Top
 Post Reply Post Reply
  Share Topic   

Forum Jump Forum Permissions View Drop Down

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd.

This page was generated in 0.102 seconds.