Forum Home Forum Home > Rugby Competitions > Super Rugby
  New Posts New Posts RSS Feed - Leeus op hete kole oor Whiteley
  FAQ FAQ  Forum Search   Events   Register Register  Login Login


The Lions next play Cardiff at Ellis Park in the URC on 11 May 2024, kickoff is at 18:15

Leeus op hete kole oor Whiteley

 Post Reply Post Reply
Author
Message
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 39121
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Topic: Leeus op hete kole oor Whiteley
    Posted: 24-Feb-2019 at 7:53am
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/Super-Rugby/leeus-op-hete-kole-oor-whiteley-20190223

Die Leeus sal dalk ’n ruk lank sonder hul besielende kaptein, Warren Whiteley, moet regkom in hul Superrugby-veldtog.

Whiteley het die veld laat in die eerste helfte van die Leeus se nederlaag van 19-17 Saterdag teen die Stormers op Nuweland verlaat.

Swys de Bruin, die Leeus se afrigter, kon onmiddellik ná die wedstryd nog nie sê hoe ernstig Whiteley se borsspierbesering is nie.

“Dit lyk nie te positief nie. Ons hoop en bid hy sal reg wees. Ons sal kyk,” het De Bruin gesê.

Die verlies van Whiteley kort voor rustyd was vir die Leeus ’n groot slag. Hulle was met die omdraaislag 14-6 voor, maar het in die tweede helfte beheer oor die wedstryd verloor.

“Wazza is ’n ongelooflike leier en mens. Dis vir hom sleg dat hy moes afgaan. Jy kon sy emosie aan die einde sien. Dan is ek net só trots op die leierskap wat Elton Jantjies en Kwagga Smith daarna gewys het,” het De Bruin gesê.

De Bruin was beïndruk deur sy voorspelers se spel in die eerste helfte, maar teleurgesteld in hoe sy span hul greep op die wedstryd verloor het.

“Ons voorspelers was tot in ’n stadium uitstekend. En toe raak ons die pad byster met ons dissipline. Ons moes ons kanse benut het,” het hy gesê.

“Ons het geweet die Stormers gaan kom met alles wat hulle het. Veels geluk aan Fleckie (die Stormers se afrigter, Robbie Fleck) en sy span dat hulle tot in die 84ste minuut baklei het. Ek’s bly vir Fleckie. Ek het vooraf met hom gesels. Hy was onder geweldige druk.”
Back to Top
Rooibonte8 View Drop Down
Jong Leeu
Jong Leeu


Joined: 02-Apr-2016
Location: Rayton
Status: Offline
Points: 414
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Rooibonte8 Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 24-Feb-2019 at 6:26pm
Elton is nie n goeie kaptein nie hy gaan soos Bismark aan met die refs 
Back to Top
 Post Reply Post Reply
  Share Topic   

Forum Jump Forum Permissions View Drop Down

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd.

This page was generated in 0.105 seconds.