Forum Home Forum Home > Rugby Competitions > Super Rugby
  New Posts New Posts RSS Feed - Stormers: G’n verskonings, maar ...
  FAQ FAQ  Forum Search   Events   Register Register  Login Login


The Lions next play Cardiff at Ellis Park in the URC on 11 May 2024, kickoff is at 18:15

Stormers: G’n verskonings, maar ...

 Post Reply Post Reply
Author
Message
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 39121
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Topic: Stormers: G’n verskonings, maar ...
    Posted: 19-Feb-2019 at 5:36am
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/Super-Rugby/stormers-gn-verskonings-maar-20190218

Die Stormers het dit nie as ’n verskoning voorgehou vir hul loesing teen die Bulle nie, maar op ’n Blou Maandag wel by monde van Dillyn Leyds erken dat die laat aankoms by Loftus Versfeld Saterdag ’n groot ontwrigting was.

’n Verkeersknoop – glo deur ’n ongeluk veroorsaak – was die oorsaak van dié gemors en die Kapenaars het gevolglik min tyd gehad om soos gebruiklik voor die afskop van wedstryde binne die stadion deur hul passies te gaan en ordentlik op te warm.

Hulle was, om die minste te sê, yskoud in die vernederende loesing van 40-3 wat ’n witwarm Bulle-span hulle toegedien het.

“Van die ouens het op die bus hul fone uitgehaal en met Google Maps probeer bereken hoe laat ons by die stadion gaan aankom. Dit het in ’n tydstip gelyk asof dit halfses gaan wees (die geskeduleerde afskoptyd was 17:15).

“Ons kon met die hulp van die polisie en verkeersbeamptes vinniger daar uitkom, maar dit was baie ontwrigtend. Ons tyd om op te warm is drasties beperk. Ek hou daarvan om ’n bietjie rond te stap en die toestande op te som – of daar ’n windjie is en hoe ons met ons skopwerk kan aanval. Daarvoor was daar glad nie tyd nie.

“Die groot ouens neem ook langer om hul verbande en kleeflint aan te bring en het een vir een aangesluit terwyl ander hanteeroefeninge gedoen het. Ons het ons bene gerek en ’n bietjie gedraf voor die afskop. Dit was seker hoe dit in die 1970’s gedoen is.”

Ons kon met die hulp van die polisie en verkeersbeamptes vinniger daar uitkom, maar dit was baie ontwrigtend.

Leyds erken ook dat die kleitrappery op Loftus nie ’n regstreekse gevolg van die verkeersontwrigting was nie.

“Ons vertoning het niks daarmee te make gehad nie. Ons was steeds ontspanne op pad stadion toe en het ’n plan gehad. Daar was onvoorsiene omstandighede, maar dis buite ons beheer. Wat op die veld gebeur het, was binne ons beheer en ons het dáár die pad byster geraak.”

Leyds hoop die nederlaag teen die Bulle het nie hul ondersteuners se entoesiasme gedemp nie, want die Stormers het hulle nodig vir Saterdag se kragmeting met die Leeus op Nuweland.

“Die Leeus is steeds Suid-Afrika se beste span. Hulle het ’n paar groot name verloor, maar het steeds kwaliteitspelers. Hulle het ’n puik agterlyn met ’n speler van Ruan Combrinck se kaliber op die plaasvervangersbank en dan is daar daai groot voorspelers wat op jou afpyl,” sê Leyds.

“Hopelik loop Boundaryweg oor van die mense wanneer ons bus voor die stadion stilhou. ’n Wedstryd op Nuweland teen ’n goeie Leeus-span is die perfekte geleentheid om te wys wat in ons steek.”
Back to Top
WitBoer View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 31-Mar-2016
Location: Bronkhorstsprui
Status: Offline
Points: 2162
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote WitBoer Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 19-Feb-2019 at 6:47am
As hulle met 7 of minder verloor het, kon ditt miskien gewig gedra het, maar 37?
"Believe nothing, No matter where you read it, Or who has said it, Not even if I have said it, Unless it agrees with your own reason And your own common sense" - Buddha
Back to Top
 Post Reply Post Reply
  Share Topic   

Forum Jump Forum Permissions View Drop Down

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd.

This page was generated in 0.109 seconds.