Forum Home Forum Home > Rugby Competitions > Super Rugby
  New Posts New Posts RSS Feed - Fleck het dít nie sien kom nie
  FAQ FAQ  Forum Search   Events   Register Register  Login Login


The Lions next play Cardiff at Ellis Park in the URC on 11 May 2024, kickoff is at 18:15

Fleck het dít nie sien kom nie

 Post Reply Post Reply
Author
Message
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 39168
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Topic: Fleck het dít nie sien kom nie
    Posted: 17-Feb-2019 at 2:15pm
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/fleck-het-dit-nie-sien-kom-nie-20190217

Daar was Saterdag twee weergawes op Loftus Versfeld:

1. Die Stormers se spanbus het laat by die hotel opgedaag. 2. Daar was ’n verkeersknoop op die snelweg onderweg Loftus toe.

Hoe dit ook al sy, die Stormers het laat opgedaag vir hul Superrugby-ontmoeting met die Bulle en dit het nooit regtig gelyk of die besoekers in ’n bui was om op te ruk Loftus toe nie.

En agterna – nadat die Bulle onverwags ’n puik sege van 40-3 beklink het – het Robbie Fleck, die Stormers se breier, moedig probeer voorgee hy is nie op moedverloor se vlakte nie.

“Ja, dit is taai om so te begin. Ek het dít nie verwag nie en ons sal nou die stukke moet optel,” sê hy.

“Dit was ’n frustrerende vertoning, veral in die lynstane. Jy kan nie op die vlak sonder besit speel nie en ons het in die eerste helfte niks gehad nie. Dit was min of meer al teen rustyd gedane sake,” sê Fleck.

Daar is ná die loesing groot druk op die Stormers, wat die komende week vir die Leeus se aanslag moet voorberei.

“Dit gaan ons nie onderkry nie. Ons was goed in die voorseisoen en het die wedstryd met baie selfvertroue benader. Ons was oortuig ons kon hier kom wen, maar ons besef nou daar is werk wat wag. Dit was ’n afdag.”

Fleck meen dit is te vroeg om die spelers die leviete voor te lees.

“Dit was die eerste wedstryd. Ja, ons het dit nie verwag om so te verloor nie en ons sal waarskynlik die week ’n bietjie skadebeheer moet doen.”

Daar is aanvanklik gedink die Stormers-kaptein, Siya Kolisi, het die veld in die eerste helfte vir ’n harsingskuddingtoets verlaat, maar Fleck sê hy het ’n vinger in die oog gekry en kon nie verder speel nie.

“As jy jou inspirerende leier verloor, is dit ’n slag. Hy het goed begin en het toe die vinger in die oog gekry.”

Die aanduiding is dat Kolisi reg sal wees vir Saterdag se ontmoeting met die Leeus op Nuweland.

“Ons sal ons vinnig moet regruk. Ons begin met drie Suid-Afrikaanse derbies, waarvan twee weg is.

“Wanneer laas het enige Suid-Afrikaanse span die Leeus in die kompetisie geklop? Dit is nou ons uitdaging.”

* Puntemakers

Bulle 40 (21): Drieë: Rosko Specman (2), Johnny Kotze en Jesse Kriel. Strafdoele: Handré Pollard (4). Doelskoppe: Pollard (4).

Stormers 3 (3): Strafdoel: SP Marais.
Back to Top
 Post Reply Post Reply
  Share Topic   

Forum Jump Forum Permissions View Drop Down

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd.

This page was generated in 0.078 seconds.