Forum Home Forum Home > Rugby Competitions > Super Rugby
  New Posts New Posts RSS Feed - Leeu-geveg kan kom oor Groom
  FAQ FAQ  Forum Search   Events   Register Register  Login Login


The Lions next play Cardiff at Ellis Park in the URC on 11 May 2024, kickoff is at 18:15

Leeu-geveg kan kom oor Groom

 Post Reply Post Reply
Author
Message
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 39121
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Topic: Leeu-geveg kan kom oor Groom
    Posted: 17-Feb-2019 at 2:13pm
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/leeu-geveg-kan-kom-oor-groom-20190217

Die waarde wat Suid-Afrikaanse spelers soos Pierre Schoeman en Jaco van der Walt tot die Skotse klub Edinburgh toevoeg, beïndruk hul afrigter Richard Cockerill duidelik.

Hy wil nou ook vir Nic Groom, die skrumskakel van die Leeus, kontrakteer.

Groom is in die beseerde Ross Cronjé se afwesigheid die Leeus se eerstekeuse-skrumskakel in Superrugby. Hy het gisteraand die negetrui teen die Jaguares gedra, met Dillon Smit op die bank as die plaasvervanger-skrumskakel.

Met Marco Jansen van Vuuren wat hom vanjaar by die Bulle aangesluit het, word die Leeus se diepte tans op skrumskakel in Cronjé se afwesigheid getoets.

Edinburgh se belangstelling in Groom verbaas egter nie aangesien hy van 2016 tot 2018 by Northampton Saints gewys het dat sy spel vir Europese toestande toegerus is.

Die 28-jarige oud-Ikey en -Stormer weet veral hoe om sy linkervoet as ’n aanvalswapen te gebruik, wat vir Edinburgh in nat toestande goed te pas sal kom.

Voordat Groom ’n spanmaat van ander Suid-Afrikaners soos WP Nel, Allan Dell en Duhan van der Merwe kan word, sal hy en Edinburgh eers al die prosesse by die Leeus vir die nodige goedkeuring moet volg.

Nadat die Leeus die laaste jaar spelers soos Jacques van Rooyen (Bath), Ruan Dreyer, Franco Mostert, Jaco Kriel (almal Gloucester) en Rohan Janse van Rensburg (Sale Sharks) verloor het, veg hulle vir al wat hulle werd is om hul sterre te behou. Dít behoort ook die geval met Groom te wees.

Die Stormer-senter EW Viljoen se kop staan Engeland toe.
Hy geniet groot belangstelling van die Engelse klubspan Leicester Tigers, waar hy ’n eerstekeuse-speler sal wees.

Die 23-jarige voormalige lid van die Suid-Afrikaanse skolespan en Junior Bokke speel al sedert 2014 sy rugby in die Kaap. Vanweë sy veelsydigheid is hy al as heelagter en vleuel aangewend.

Leicester Tigers se belangstelling in hom volg nadat dit bekend geword het dat hul Engelse ster Manu Tuilagi dit oorweeg om ’n ooreenkoms met die Franse reus Racing92 te sluit.

Viljoen herstel tans van ’n enkeloperasie en behoort eers weer in Maart vir Superrugby oorweeg te word.

Dillyn Leyds word volgens Die Burger deur die Engelse klubspan Wasps as ’n plaasvervanger vir Willie le Roux beskou. Le Roux sluit hom ná die huidige Engelse Premierliga by Jake White se Japanse klubspan aan.
Back to Top
valie View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 02-Apr-2016
Location: ver van hier
Status: Offline
Points: 2677
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote valie Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 17-Feb-2019 at 4:53pm
Die Leeus moet dalk weer kyk na iemand soos Christiaan Meyer. Hy is n vinnige skrummie, baie soos Faf.
Back to Top
Rooibonte8 View Drop Down
Jong Leeu
Jong Leeu


Joined: 02-Apr-2016
Location: Rayton
Status: Offline
Points: 414
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Rooibonte8 Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 17-Feb-2019 at 5:12pm
Dink elkgeval Ross en Dillon is ons bestes
Back to Top
WitBoer View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 31-Mar-2016
Location: Bronkhorstsprui
Status: Offline
Points: 2162
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote WitBoer Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 17-Feb-2019 at 7:10pm
Originally posted by Rooibonte8 Rooibonte8 wrote:

Dink elkgeval Ross en Dillon is ons bestes
Ons almal dink so... Behalwe die wat die span kies natuurlikLOLLOL
"Believe nothing, No matter where you read it, Or who has said it, Not even if I have said it, Unless it agrees with your own reason And your own common sense" - Buddha
Back to Top
Attie Karate View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 31-Mar-2016
Status: Offline
Points: 1506
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Attie Karate Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 17-Feb-2019 at 7:26pm
Soos Jano Vermaak, hardloop hy eers ñ paar trieë voor hy pass. In plaas daarvan om net van die drond af te pass. Sekonde te laat by baie afbreekpunte, vat sekonde te lank om te pass.
Up the Vaal!
Back to Top
 Post Reply Post Reply
  Share Topic   

Forum Jump Forum Permissions View Drop Down

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd.

This page was generated in 0.078 seconds.