Forum Home Forum Home > Rugby Competitions > Super Rugby
  New Posts New Posts RSS Feed - Koppestamp oor transformasie kom
  FAQ FAQ  Forum Search   Events   Register Register  Login Login


The Lions next play Glasgow Warriors at Ellis Park in the URC on 18 May 2024, kickoff is at 16:05

Koppestamp oor transformasie kom

 Post Reply Post Reply
Author
Message
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 39185
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Topic: Koppestamp oor transformasie kom
    Posted: 16-Feb-2019 at 7:43am
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/Super-Rugby/koppestamp-oor-transformasie-kom-20190215

Die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) stuur af op ’n transformasie-koppestamp met die regering nadat geeneen van die plaaslike Superrugby-spanne vandeesweek aan rasteikens voldoen het nie.

Saru het dit in sy strategiese transformasieplan ten doel gestel vir Suid-Afrikaanse spanne om vanjaar in alle Superrugby-wedstryde verteenwoordiging van 50% te hê. Om dít te bereik, moet daar 12 gekleurde spelers in elke 23-tal wees.

Die Stormers vaar vandeesweek die beste in terme van transformasie. Soos by die Bulle en Haaie is daar nege gekleurde spelers in hul 23-tal, maar daar is sewe in die beginspan.

By die Leeus is daar net sewe in die 23-tal vir Saterdag se wedstryd teen die Jaguares in Buenos Aires.

Al die spanne bied egter aan gekleurde spelers betekenisvolle speelkans en daar is geen teken van doelbewuste verset deur afrigters nie.

Hul spelerspoele lyk vir eers net te klein om aan ’n teiken van 50% te voldoen.

Daar is vyf gekleurdes in die Bulle se beginspan vir die wedstryd teen die Stormers op Loftus en ses elk by die Haaie en Leeus. Die Haaie speel Saterdag in Singapoer teen die Sunwolves.

Die syfers is tog ’n mislukking gemeet aan die transformasieplan wat Saru in 2015 bekendgestel het.

Inteendeel, daar is vir 2015 al ten doel gestel om sewe gekleurde spelers, waarvan twee etnies swart moet wees, in elke 23-tal te hê.

In sy transformasieplan het Saru ook ’n teiken van 50% vir die Springbokspan gestel. Die Bok-afrigter, Rassie Erasmus, sal gevolglik onder druk wees om vanjaar daardie teiken te behaal met ’n aansienlik kleiner groep gekleurde as wit spelers.

Saru kan ook min genade verwag van Beauty Dlulane, voorsitter van die parlementêre portefeuljekomitee vir sport, wat haar vererg het ná die Bok-kaptein, Siya Kolisi, se uitlatings dat oudpres. Nelson Mandela teen die kwotastelsel gekant sou wees.

Dlulane het rugby en krieket as sportkodes toe daarvan beskuldig dat hulle nie op nasionale vlak aan teikens gestalte wil gee nie.

“As sekere sektore hulle daarteen verset om deel van die nuwe Suid-Afrika te wees, soos rugby en krieket op nasionale vlak, ondersteun die komitee die gebruik van die kwotastelsel,” het sy toe gesê.

Die krisis wat Kolisi deur sy woorde ontketen het, het straks ook vir Saru van een van sy transformasie-troefkaarte beroof.

Kolisi is verlede jaar aangestel as die eerste swart Springbok-kaptein, wat ’n uiters betekenisvolle skuif deur Erasmus was. Kolisi is egter deur Dlulane op die vingers getik ná sy uitlatings.

Erasmus het ook verlede jaar betekenisvolle geleenthede geskep vir etnies swart spelers soos die vleuels Aphiwe Dyantyi en Sbu Nkosi, asook die agtsteman Sikhumbuzo Notshe. Dyantyi en Nkosi is straks nou seker keuses vir die Bok-span.

Saru sê egter in die aanhef van sy transformasieplan dat die regering se departement van sport en ontspanning slegs ’n span as getransformeer sal beskou as hy 50% gekleurde spelers insluit.

Mark Alexander, Saru se president, wou nie Vrydag oor die foon in diepte kommentaar lewer nie. Hy het wel daarop gewys dat daar etlike dimensies aan die transformasieplan is.

“Ons voer individuele gesprekke met die unies. Ons sal ons teiken vir die Wêreldbeker-toernooi bereik,” het hy gesê.

* Gekleurde spelers in vandeesweek se 23-talle:

Bulle (9): Beginspan: Warrick Gelant, Rosko Specman, Embrose Papier, Trevor Nyakane, Lizo Gqoboka. Plaasvervangers: Simphiwe Matanzima, Dayan van der Westhuizen, Thembelani Bholi, Manie Libbok.

Haaie (9): Beginspan: Aphelele Fassi, Sbu Nkosi, Lukhanyo Am, Makazole Mapimpi, Hyron Andrews, Tendai Mtawarira. Plaasvervangers: Khuta Mchunu, Phepsi Buhelezi, Rhyno Smith.

Leeus (7): Beginspan: Courtnall Skosan, Lionel Mapoe, Aphiwe Dyantyi, Elton Jantjies, Hacjivah Dayimani, Marvin Orie. Plaasvervanger: Wandisile Simelane.

Stormers (9): Beginspan: Dillyn Leyds, Damian Willemse, Sikhumbuzo Notshe, Siya Kolisi, Salmaan Moerat, Bongi Mbonambi, Ali Vermaak. Plaasvervangers: Scarra Ntubeni, Herschel Jantjies.
Back to Top
LeeuBrul View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu


Joined: 30-Mar-2016
Location: Boksburg
Status: Offline
Points: 2260
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote LeeuBrul Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 16-Feb-2019 at 9:50am
Ag Al weer die stories........
Once a Lion always a lion
Back to Top
 Post Reply Post Reply
  Share Topic   

Forum Jump Forum Permissions View Drop Down

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd.

This page was generated in 0.094 seconds.