Forum Home Forum Home > Rugby Competitions > Super Rugby
  New Posts New Posts RSS Feed - Willie in wildernis, maar wil steeds in WB speel
  FAQ FAQ  Forum Search   Events   Register Register  Login Login


The Lions next play Glasgow Warriors at Ellis Park in the URC on 18 May 2024, kickoff is at 16:05

Willie in wildernis, maar wil steeds in WB speel

 Post Reply Post Reply
Author
Message
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 39185
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Topic: Willie in wildernis, maar wil steeds in WB speel
    Posted: 14-Feb-2019 at 7:15pm
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/willie-in-wildernis-maar-wil-steeds-in-wb-speel-20190214

Die vuurvreter-losvoorspeler Willie Britz, wat die afgelope drie jaar klubrugby in Japan speel, sal nie vanjaar in die Superrugby-reeks in aksie gesien word nie.

Britz (30) het nie weer ’n kontrak by die Sunwolves gekry nie, maar het nog nie die hoop laat vaar dat hy wel nog vanjaar vir Japan in die Wêreldbeker-toernooi daar kan uitdraf nie.

Hy span tans by sy ouers in Suid-Afrika uit en dan wil hy die land platreis om vriende te besoek.

Britz kwalifiseer in Julie om vir Japan te speel en hy sê hy sal gereed wees as hy betrek word.

Met dié dat hy nie ’n Superrugby-kontrak het nie, kan daar seker gewonder word of Britz hom nie dalk in die rugby-wildernis bevind, met die WB-toernooi net bietjie meer as sewe maande weg nie.

Ander Suid-Afrikaners wat onlangs in die Japanse Wêreldbeker-oefengroep ingesluit is, is die losvoorspeler Wimpie van der Walt (DoCoMo Red Hurricanes), die flank Lappies Labuschagne (Kubota Spears) en nog ’n veelsydige voorspeler, Grant Hattingh (Kobelco Steelers).

Jurgen Visser (Kamaishi Seawaves), ’n voormalige heelagter van die Bulle, staan ook nog in die ry vir ’n plek in die nasionale span.

Nog ’n Suid-Afrikaner van geboorte wat ook vroeër sy buiging vir Japan gemaak het, is die veelsydige agterspeler Kotaro Matsushima van die Suntory Sungoliath.

“Ek het mos nie weer ’n kontrak by die Sunwolves gekry nie, so ek speel nie vanjaar Superrugby nie. Ek hou nou ’n bietjie vakansie,” het Britz vanaf die Vaaldam laat weet.

Oor die moontlikheid om vir Japan te speel in sekerlik die belangrikste jaar van sy rugbyloopbaan, bly Britz positief.

“Ek het nog niks gehoor (van die Japanse Rugbyunie) nie. Sover is net Lappies, Wimpie en Grant in, maar die groep kan nog baie verander so ek byt maar vas,” sê Britz.

Hy speel sy klubrugby vir die Shining Arcs in Japan en die Japanse Topliga-seisoen het onlangs klaargemaak. Spelers kry tans ’n blaaskans voordat hulle in April weer inval.

“Ek bly positief oor my kanse om vir Japan te speel. Dit hang uiteraard ook van beserings aan ander spelers af of ek ’n kans sal kry. Dit hang ook af van hoe ek in die Topliga vertoon. Ek sal maar kyk wat volgende gebeur,” sê Britz.
Back to Top
valie View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 02-Apr-2016
Location: ver van hier
Status: Offline
Points: 2677
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote valie Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 14-Feb-2019 at 7:26pm
Ek hou nogal van hom.
Back to Top
WitBoer View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 31-Mar-2016
Location: Bronkhorstsprui
Status: Offline
Points: 2162
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote WitBoer Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 15-Feb-2019 at 7:05am
Ek ook, ek dink hy het net nie sy loopbaan goed gedoen om van ons af Cheetahs toe te skuif nie. Dit is vir my nogal vreemd dat hy nie 'n kontrak by die wolwe gekry het nie? Hy was immers een van hulle uitblinkers verlede seisoen?
"Believe nothing, No matter where you read it, Or who has said it, Not even if I have said it, Unless it agrees with your own reason And your own common sense" - Buddha
Back to Top
PaBz0r View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu


Joined: 30-Mar-2016
Location: Pretoria
Status: Offline
Points: 2720
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote PaBz0r Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 15-Feb-2019 at 8:23am
Originally posted by WitBoer WitBoer wrote:

Ek ook, ek dink hy het net nie sy loopbaan goed gedoen om van ons af Cheetahs toe te skuif nie. Dit is vir my nogal vreemd dat hy nie 'n kontrak by die wolwe gekry het nie? Hy was immers een van hulle uitblinkers verlede seisoen?

Ja dit is vir my ook vreemd. Maar mens het nooit geweet wanneer hy speel en nie speel nie. Dink hulle het hom ook rondgeneuk.

Die Leeus moes hom maar eerder n kontrak gegee het ipv Lewies.. 
Back to Top
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 39185
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 15-Feb-2019 at 8:41am
Ek dink Willie wou loop omdat hy gesien het Warren is die 1ste keuse op nommer 8 en hy wou meer speelkans kry en nie op die bank sit nie
Back to Top
PaBz0r View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu


Joined: 30-Mar-2016
Location: Pretoria
Status: Offline
Points: 2720
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote PaBz0r Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 15-Feb-2019 at 9:28am
Originally posted by Transvaal Transvaal wrote:

Ek dink Willie wou loop omdat hy gesien het Warren is die 1ste keuse op nommer 8 en hy wou meer speelkans kry en nie op die bank sit nie

Het dit ook so, maar hy het baie gebench in Japan ook. Die ander ding is Warren gaan gerus moet word die jaar, miskien sou dit n goeie geleentheid gewees het vir hom, plus ek dink hy is n goeie leier. 


Edited by PaBz0r - 15-Feb-2019 at 9:29am
Back to Top
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 39185
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 15-Feb-2019 at 9:33am
En hy is 'n gewilde speler onder toeskouers, maar klink my hy hoop om vir Japan in die Wereldbeker te speel. Weet nie of sy kanse so groot is daarvoor nie
Back to Top
knersus View Drop Down
Jong Leeu
Jong Leeu
Avatar

Joined: 30-Mar-2016
Location: Vanderbijlpark
Status: Offline
Points: 313
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote knersus Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 15-Feb-2019 at 12:40pm
In Japan bench hy seker vir 4 keer die pay.....
Back to Top
LeeuBrul View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu


Joined: 30-Mar-2016
Location: Boksburg
Status: Offline
Points: 2260
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote LeeuBrul Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 15-Feb-2019 at 1:34pm
Ek het hom nou net in carnival city gesien by MTN
Once a Lion always a lion
Back to Top
 Post Reply Post Reply
  Share Topic   

Forum Jump Forum Permissions View Drop Down

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd.

This page was generated in 0.156 seconds.