Forum Home Forum Home > Rugby Competitions > Super Rugby
  New Posts New Posts RSS Feed - Rob kies sterkste span vir losmaker
  FAQ FAQ  Forum Search   Events   Register Register  Login Login


The Lions next play Munster at Ellis Park in the URC on 27 April 2024, kickoff is at 17:00

Rob kies sterkste span vir losmaker

 Post Reply Post Reply
Author
Message
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 39116
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Topic: Rob kies sterkste span vir losmaker
    Posted: 07-Feb-2019 at 8:19am
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/Super-Rugby/rob-gaan-sterkste-span-vir-losmaker-kies-20190206

 
Vir die Haaie is hul laaste opwarmwedstryd Saterdag teen die Bulle by die Ashton-kollege in Ballito ’n kleedrepetisie vir hul eerste Superrugby-wedstryd aanstaande Saterdag teen die Sunwolves in Tokio.

Robert du Preez, die span se breier, gaan sy sterkste beskikbare span vir dié litte-losmaker kies.

“Saterdag is ’n kleedrepetisie, want ons wil graag die beginspan inspan wat ons vir die eerste wedstryd teen die Sunwolves wil kies,” sê Du Preez.

Die Haaie het Sondag in Kaapstad hul opwarmwedstryd teen die Leeus met 19-14 verloor, maar volgens die breier is dit belangrik dat hulle losmakers teen sterk spanne speel.

“Die Bulle gaan ook ’n goeie span kies. Dit gaan taai wees, maar dit is wat ons nodig het in die voorseisoen,” sê hy.

“Ons is baie tevrede met ons fiksheid en hoe ons deur die voorseisoen gevorder het. Die ouens is baie fiks en hierdie opwarmwedstryde skerp ons wedstrydfiksheid op, veral wat kontaksituasies betref.”

Du Preez sê sy span sou beter gevaar het teen die Leeus as hulle al hul geleenthede benut het.

“Ek was tevrede met hoe die jong spelers die naweek vertoon het. Ons het gesien dat ons dít kon uitvoer waaraan ons in die voorseisoen gewerk het.

“Ons het baie geleenthede geskep wat ons nie benut het nie, maar dit was maar net die eerste wedstryd van die seisoen.”

Volgens hom het die werk wat die nuwe aanvalsafrigter, David Williams, met die span doen, Sondag duidelik geblyk.

“Ons het minstens vier of vyf meer geleenthede geskep om drieë te druk. Elke speler het nou meer klarigheid oor wat van hom verwag word. Dit is nog vroeg, maar ek glo ons gaan geleenthede skep om drieë te druk.

“Dít is wat jy moet doen in die Superrugby-reeks – jy moet drieë druk.”

Philip van der Walt, wat met ’n besering van Japan teruggekeer het, en Jean-Luc du Preez is die enigste Haaie op die krukkelys. Van der Walt behoort oor vier weke terug te wees, terwyl Du Preez nog sowat twee maande buite aksie gaan wees.

Verder behoort almal gereeld te wees om die Sunwolves te pak – ’n wedstryd wat die Haaie geensins ligtelik opneem nie.

“Die Sunwolves is ’n baie goeie span, veral wanneer hulle in Singapoer of Tokio speel. Ons kan die wedstryd nie ligtelik opneem nie. Ons wil die seisoen met ’n sege afskop.”
Back to Top
 Post Reply Post Reply
  Share Topic   

Forum Jump Forum Permissions View Drop Down

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd.

This page was generated in 0.078 seconds.