Forum Home Forum Home > Rugby Competitions > Super Rugby
  New Posts New Posts RSS Feed - Haaie kan hul nie uit Leeus se web loswikkel
  FAQ FAQ  Forum Search   Events   Register Register  Login Login


The Lions next play Munster at Ellis Park in the URC on 27 April 2024, kickoff is at 17:00

Haaie kan hul nie uit Leeus se web loswikkel

 Post Reply Post Reply
Author
Message
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 39116
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Topic: Haaie kan hul nie uit Leeus se web loswikkel
    Posted: 03-Feb-2019 at 6:12pm
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/haaie-kan-hul-nie-uit-leeus-se-web-loswikkel-20190203

Dit was duidelik albei spanne het nog voorseisoense roes om af te skud voor die Superreeks later vandeesmaand begin, maar daar was nietemin steeds rede om optimisties te wees oor die Leeus en die Haaie se aanslae in dié kompetisie vanjaar.

’n Skouspel was dit beslis nie en dat die Leeus met 19-14 geseëvier het in hierdie Superheld-Sondag-stryd, is grotendeels irrelevant.

Nie een van die vier drieë wat die opwarmstryd opgelewer het, sou kandidate vir Drie van die Jaar gewees het nie.

Soos dit gewoonlik met losmakers die geval is, is die wedstryd gekenmerk deur hanteerfoute, verlore besit en swak afronding.

Albei spanne het meer as een keer sonder welslae tot in die teenstander se halfgebied gevorder.

Die Haaie-blits Makazole Mapimpi het die eerste punte aangeteken toe hy ’n pasella-aangee van Shaun Reynolds onderskep het en vir sy direkte teenstander, Courtnall Skosan, hakskene gewys het op pad doellyn toe.

Dit was uiteindelik nog ’n onderskepdrie – deur die Leeus se plaasvervanger Sylvain Mahuza – wat die verskil tussen die spanne was.

Die Leeus se kaptein, Warren Whiteley, wat vir 60 minute op die veld was, lyk fiks en skerp en die ander senior manne in die Johannesburgers se pak soos Malcolm Marx en Kwagga Smith sou ook tevrede wees met hulle vertonings.

Dit was ook ooglopend dat die Leeus meer kontinuïteit in die agterlyn het.

Robert du Preez, die Haaie se afrigter, sou midde-in die getjommel nie veel wys geword het met Curwin Bosch se poging op losskakel nie.

* Puntemakers:

Leeus 19 (7). Drieë: Malcolm Marx, Courtnall Skosan, Sylvain Mahuza. Doelskoppe: Elton Jantjies (2).

Haaie 14 (7) Drieë: Makazole Mapimpi, Akker van der Merwe. Doelskoppe: Curwin Bosch (2).
Back to Top
 Post Reply Post Reply
  Share Topic   

Forum Jump Forum Permissions View Drop Down

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd.

This page was generated in 0.125 seconds.