Forum Home Forum Home > Rugby Competitions > Super Rugby
  New Posts New Posts RSS Feed - Toksiese omgewing kan Stormers se Bok-drome kelder
  FAQ FAQ  Forum Search   Events   Register Register  Login Login


The Lions next play Munster at Ellis Park in the URC on 27 April 2024, kickoff is at 17:00

Toksiese omgewing kan Stormers se Bok-drome kelder

 Post Reply Post Reply
Author
Message
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 39116
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Topic: Toksiese omgewing kan Stormers se Bok-drome kelder
    Posted: 03-Feb-2019 at 5:55am
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/toksiese-omgewing-kan-stormers-se-bok-drome-kelder-20190202

Die rooi ligte flikker reeds vroeg in die Stormers-kamp met onsekerheid wat heers oor die afrigters vir die span se Superrugby-veldtog vanjaar.

Met WP Rugby wat net weke voor die afskop van die Super-reeks nog nie die bestuurspan van die Stormers bevestig het nie, klink dit of die span op dieselfde roete afstuur as wat die geval verlede jaar was.

Dié einste onsekerheid oor afrigters en wat hul rolverdeling is, het verskeie spelers verlede jaar laat bieg dat dit gelei het tot een van hul swakste Superrugby-veldtogte in jare.

Die Kaapse span, wat lank die Suid-Afrikaanse konferensie oorheers het, moes verlede jaar met die tweede laaste plek onder die SA spanne tevrede wees.

Hulle het die Bulle maar op ’n punteverskil uitgestof om die houtlepel te vermy.

Die probleem tans in die Kaap is dat niemand verantwoordelikheid wil aanvaar vir die gebeure in die WP-kamp van die afgelope paar seisoene nie. Die magstryd tussen die professionele en amateur-arm woed steeds voort en is ’n kwaal wat nou al jare lank sy tol eis op die span en sy vertonings op die veld.

Sulke gevegte moet ten alle koste deur die leierskap beperk word tot die raadsale van Nuweland, maar dit het reeds oorgespoel tot binne die vier lyne van Nuweland, met veral die Stormers se vertonings wat dit duidelik weerspieël

Die gevegte in die binnekringe is die vernaamste rede waarom sake tans so in ’n warboel by die Stormers en WP is. Dinge is stadig maar seker besig om kookpunt te bereik, wat niks goed vir die Super-span en die res van die WP-spanne voorspel nie. En weer wil niemand verantwoordelikheid daarvoor aanvaar nie.

Robbie Fleck gaan vanjaar voort as hoofafrigter van die span, maar Paul Treu en Paul Feeney, sy twee adjudante wat aanval en verdediging betref, is uit die prentjie wat die bestuurspan betref.

Fleck het aan die media bevestig dat die WP se suksesvolle Curriebeker-afrigters vanjaar by hom aansluit, maar niks is nog amptelik aangekondig nie.

En as die spelers eers betrokke raak by dinge van die veld af, wat nie werklik binne hul beheer is nie, kan dinge op die veld al hoe moeiliker raak.

Wat die onverkwiklike stand van sake in die WP verder belig, is die feit dat die hoofafrigter sy bestuurspan aan die media bevestig het, waar dit gewoonlik deur die boontjietellers bo hom gedoen word.

Dis een van die baie voorbeelde van die WP se grootkoppe se onvermoë om die (moeilike) besluite te neem ter wille van die sukses van die span.

Die feit dat spelers nou ’n ultimatum gestel het om môre sekerheid te kry oor die pad vorentoe, wys ook dat die nagmerrie wat hulle beleef niks nuuts is nie en dat hulle nou keelvol is daarvoor.

’n Voorbeeld is verlede jaar se onafhanklike ondersoek deur die firma Bowmans wat in die week van ’n belangrike Curriebeker-wedstryd gedoen is.

Met ’n uiters belangrike tweestryd voor hulle, is sleutelspelers van die WP ondervra in die ondersoek oor beweerde rassisme en diskriminasie in die afrigterskamp van die Stormers.

Dít nadat Treu dié bewerings gemaak het in ’n griefskrif wat hy ingedien het oor hoe hy na bewering behandel is.

Kort voor dié ondersoek het Thelo Wakefield, toe president van die WP Rugbyunie, nog gesê die geskil tussen die afrigters kan opgelos word. Tot vandag toe nog het dit nie gebeur nie, met die verhouding tussen hulle wat steeds ysig is.

Wie het die ergste deurgeloop weens die ondersoek?

Die spelers.

Wie trek tans aan die kortste ent wat sekerheid betref?

Die spelers.

Al wat hulle soek, is duidelikheid oor waar die WP tans staan met betrekking tot sy afrigters. Maar weens die feit dat niemand verantwoordelikheid wil neem nie, is daar geen antwoorde nie.

En as die spelers eers betrokke raak by dinge van die veld af, wat nie werklik binne hul beheer is nie, kan dinge op die veld al hoe moeiliker raak.

Vir sekere spelers is dit boonop ’n belangrike jaar met die Wêreldbekertoernooi wat plaasvind en hulle ’n laaste kans gee om die Bok-afrigter, Rassie Erasmus, te beïndruk.

Maar sal hulle dit kan doen in ’n omgewing wat grens aan toksies? Dis straks die vraag wat in vanjaar se Super-reeks beantwoord sal word.
Back to Top
 Post Reply Post Reply
  Share Topic   

Forum Jump Forum Permissions View Drop Down

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd.

This page was generated in 0.094 seconds.