Forum Home Forum Home > Rugby Competitions > Super Rugby
  New Posts New Posts RSS Feed - Leier Lood gaan Bulle nie roede spaar
  FAQ FAQ  Forum Search   Events   Register Register  Login Login


The Lions next play Cardiff at Ellis Park in the URC on 11 May 2024, kickoff is at 18:15

Leier Lood gaan Bulle nie roede spaar

 Post Reply Post Reply
Author
Message
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 39130
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Topic: Leier Lood gaan Bulle nie roede spaar
    Posted: 31-Jan-2019 at 9:13am
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/Super-Rugby/leier-lood-gaan-bulle-nie-roede-spaar-20190130-2

Hy wil van voor lei en sal nie skroom om die manne te roskam as dit nodig is nie, sê Lood de Jager, die kaptein van die Bulle.

Dié 26-jarige Springbok-slot voer die Bulle Sondag vir die eerste keer aan teen die Stormers, nadat die breier, Pote Human, hom as die franchise se nuwe Superrugby-kaptein aangewys het.

“Die beste kapteins onder wie ek gespeel het en vir wie ek die meeste respek gehad het, het met voorbeeld gelei. Ek glo dit is die beste manier.

"Ek is glad nie ’n stil ou nie. Ek sal hard praat as dit nodig is.”

De Jager is aan die einde van verlede seisoen saam op die Bokke se jaareindtoer, ondanks ’n borsspierbesering wat hom ses maande lank uit die spel gehou het.

Hy sê die toer het baie beteken vir sy selfvertroue.

“Veral die Barbarians-wedstryd (teen Argentinië op Twickenham)," sê hy. "Dit was nodig dat ek deur so ’n wedstryd kon kom. Nou is dit lekker om te weet ek is 100% en reg vir die nuwe seisoen.”

Hoewel Sondag se ontmoeting net ’n kleedrepetisie is vir dié spanne se kragmeting in die eerste ronde van Superrugby op 16 Februarie én met ’n superheld-tema, sê De Jager daar is geen maklike wedstryde teen enige Suid-Afrikaanse span nie.

Ek glo ons het vanjaar ’n bietjie meer ervaring, maar ons sal nou op die veld moet gaan wys dat ons ’n ander span is.

Human het ’n span aangewys met ’n sterk Springbok-geur en die Bok-aanwinste, Duane Vermeulen en Schalk Brits, albei in die opdrafspan ingesluit.

“Ek glo ons het vanjaar ’n bietjie meer ervaring, maar ons sal nou op die veld moet gaan wys dat ons ’n ander span is,” sê De Jager.

Vermeulen is saam met Jannes Kirsten en die oud-Vrystater Paul Schoeman in die Bulle se lostrio gekies.

Schoeman het min kanse gekry sedert hy verlede seisoen uit Bloemfontein weg is.

Human benadruk hy weet hoe goed die man met die bynaam Tier kan wees en sê hy kry Sondag ’n groot kans om sy stempel af te druk.

Jason Jenkins woon die naweek ’n familietroue by en is nie oorweeg nie.

Die belowende Zimbabwiër Eli Snyman is De Jager se slotmaat in Jenkins en RG Snyman (enkelbesering) se afwesigheid.

Human sê sy span is rofweg 60% van waar hy moet wees wanneer die kompetisie aanstaande maand begin.

“Ons is dalk selfs nader aan gereed, maar dit sal ons eers Sondag sien.”

Warrick Gelant, Jade Stighling, Jesse Kriel, Burger Odendaal, Duncan Matthews, Handré Pollard, Ivan van Zyl, Duane Vermeulen, Jannes Kirsten, Paul Schoeman, Lood de Jager (k), Eli Snyman, Trevor Nyakane, Schalk Brits, Lizo Gqoboka. PLAASVERVANGERS: Corniel Els, Simphiwe Matanzima, Dayan van der Westhuizen, Ruan Nortjé, Ruan Steenkamp, Thembelani Bholi, Embrose Papier, Manie Libbok, Dylan Sage, Johnny Kotze, Divan Rossouw.
Back to Top
 Post Reply Post Reply
  Share Topic   

Forum Jump Forum Permissions View Drop Down

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd.

This page was generated in 0.094 seconds.