Forum Home Forum Home > Rugby Competitions > Super Rugby
  New Posts New Posts RSS Feed - Marco wil Bok-skrummies op hul tone hou
  FAQ FAQ  Forum Search   Events   Register Register  Login Login


The Lions next play Cardiff at Ellis Park in the URC on 11 May 2024, kickoff is at 18:15

Marco wil Bok-skrummies op hul tone hou

 Post Reply Post Reply
Author
Message
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Online
Points: 39159
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Topic: Marco wil Bok-skrummies op hul tone hou
    Posted: 30-Jan-2019 at 8:36am
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/Super-Rugby/marco-wil-bok-skrummies-op-hul-tone-hou-20190129

’n Mens sou dink dit is ’n oordeelsfout vir ’n skrumskakel om by ’n rugbyunie aan te sluit wat reeds twee Springbokke in dié posisie op sy boeke het.

Die verloopte Leeu Marco Jansen van Vuren beskou egter nie sy skuif na die Bulle as ’n waagstuk nie, maar eerder as ’n waardevolle geleentheid om weer op die radar in Suid-Afrikaanse rugby te verskyn.

Dié 22-jarige boorling van Vanderbijlpark het die afgelope Saterdag vir die Bulle in ’n opwarmwedstryd diens gedoen teen sy ou span – en ’n indrukwekkende vertoning gelewer vir iemand wat vyf maande laas gespeel het.

Daar is ’n seisoen of wat gelede groot dinge van die lenige skrumskakel, wat in 2015 en 2016 vir die Junior Springbokke gespeel het, by Ellispark voorspel.

Hy het sedertdien onverklaarbaar in onguns verval by die Leeus en is aan die einde van verlede seisoen Stellenbosch toe om hom by die Blitsbokke aan te sluit.

Dít was voordat Pote Human, die Bulle se hoofbreier, hom vroeër vandeesmaand na Pretoria ontbied het.

Die probleem vir Jansen van Vuren is dat die Bulle twee belowende Bok-skrumskakels, Embrose Papier en Ivan van Zyl, in hul groep het, terwyl André Warner ook uit Frankryk teruggekeer het.

“Ek is nederig om hier te wees en is dankbaar om speeltyd te kry.

“Ek het toevallig saam met Embrose (2016) en Ivan (2015) vir die Junior Bokke gespeel.

“Daar is ’n groep jong skrumskakels hier en ek verwelkom die kompetisie. Dit is goed om die kans te kry en ek sal alles gee om hulle op hul tone te hou.

“Dit is onseker watter rol die Wêreldbeker-toernooi gaan speel en tot watter mate spelers roteer gaan word. Dit is coach Pote se besluit.”

Terloops, wat het by die Leeus skeefgeloop?

“Ek vermoed Swys (de Bruin) hou meer van korter, nippy skrumskakels.

“My spelstyl pas waarskynlik beter by die Bulle. Ek moes Saterdag meer beheer neem en daar was ’n groter onus op my om die druk te verlig. Ek glo dit is een van my sterkpunte.”

Jansen van Vuren is lank (1,88 m) en fisiek vir ’n skrumskakel en herinner aan die voormalige Loftus Versfeld-legende wyle Joost van der Westhuizen.

“Hoe hy destyds gespeel het en die afgeronde skrumskakel wat hy was, was ongelooflik.

“Ek kyk ook op na ’n speler soos Fourie (du Preez).

“Dit gebeur dikwels dat mense vir my sê ek is te lank vir ’n skrumskakel.

“Hoekom kan ’n skrummie nie lank wees nie?”

Human wys Woensdag sy span aan vir Sondag se opwarmwedstryd teen die Stormers in Kaapstad.
Back to Top
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Online
Points: 39159
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 30-Jan-2019 at 8:39am
Ek het gehoor die Leeus se ook daar is tekortkominge in sy spel en daarom was hulle bereid om hom te laat gaan, hulle mening is dat hy te stadig is om die bal weg te kry. Vir my is hy en Groom omtrent ewe vinnig/stadig om die bal weg te kry, so ek weet nie....
Back to Top
LeeuBrul View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu


Joined: 30-Mar-2016
Location: Boksburg
Status: Offline
Points: 2260
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote LeeuBrul Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 30-Jan-2019 at 9:18am
Ek sal die verbaas wees as hy n bok gaan word by die Bulle nie.
Once a Lion always a lion
Back to Top
Zibbie View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu


Joined: 03-Apr-2016
Status: Offline
Points: 1166
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Zibbie Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 30-Jan-2019 at 10:36am
Dis nie n vreeslike prestasie om by die bule n bok te word nie ... ek meen as rudi page kan .... 
Back to Top
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Online
Points: 39159
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 30-Jan-2019 at 10:38am
of papier en ivan van zyl ook
Back to Top
emiel1 View Drop Down
Ervare Leeu
Ervare Leeu


Joined: 30-Jan-2019
Status: Offline
Points: 517
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote emiel1 Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 30-Jan-2019 at 11:14am
Dink die bestuur was op soek na 'n speler soos Fav wat die speltemoo kan lig. Nie dat die ander Suid Afrikaanse scrummies hand opgesteek in die opsig die afgelope twee seisoene nie. Van Vuuren is 'n heel ander tipe 9 met ander sterk en swak punte. l

Edited by emiel1 - 30-Jan-2019 at 11:29am
Back to Top
LeeuBrul View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu


Joined: 30-Mar-2016
Location: Boksburg
Status: Offline
Points: 2260
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote LeeuBrul Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 30-Jan-2019 at 11:34am
Ja almal by die bulle raak Bokke .......
Once a Lion always a lion
Back to Top
WitBoer View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 31-Mar-2016
Location: Bronkhorstsprui
Status: Offline
Points: 2162
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote WitBoer Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 30-Jan-2019 at 11:41am
Originally posted by emiel1 emiel1 wrote:

Dink die bestuur was op soek na 'n speler soos Fav wat die speltemoo kan lig. Nie dat die ander Suid Afrikaanse scrummies hand opgesteek in die opsig die afgelope twee seisoene nie. Van Vuuren is 'n heel ander tipe 9 met ander sterk en swak punte. l
Hoekom sou hulle dan vir Groom gekoop het?
"Believe nothing, No matter where you read it, Or who has said it, Not even if I have said it, Unless it agrees with your own reason And your own common sense" - Buddha
Back to Top
emiel1 View Drop Down
Ervare Leeu
Ervare Leeu


Joined: 30-Jan-2019
Status: Offline
Points: 517
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote emiel1 Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 30-Jan-2019 at 11:48am
Wie weet, dalk ervaring, sal ook graag wil weet. 
Back to Top
J J View Drop Down
Pasgebore Leeu
Pasgebore Leeu


Joined: 31-Mar-2016
Location: Krugersdorp
Status: Offline
Points: 95
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote J J Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 31-Jan-2019 at 8:40am
Originally posted by LeeuBrul LeeuBrul wrote:

Ja almal by die bulle raak Bokke .......


Hulle luister te veel na Steve Hofmeyer se lied waarin hy se "Maak die Bulle almal Bokke" LOL
Back to Top
 Post Reply Post Reply
  Share Topic   

Forum Jump Forum Permissions View Drop Down

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd.

This page was generated in 0.094 seconds.